Sten en Mignon se intieme sjiek canapé troue is nou definitief ʼn besonderse unieke troue wat ons lesers baie sal geniet. In dié artikel van Mooi Troues bring ons voort die definisie van volledige sjiek. Die pragtige bruidspaar stap al ʼn lang padjie saam. Hulle wou graag ʼn intieme troue gehad het en dus het hul toe besluit op ʼn canapé troue. Sten en Mignon is ʼn aantreklike jong paartjie wat hul Franse sjiek styl reg deur hul intieme canapé troue bring. Mignon spog in haar asemrowende Franse sjiek styl trourok en word so mooi gekomplimenteer met ʼn aantreklike bruidegom aan haar sy.
Dié intieme sjiek canapé troue van Sten en Mignon se trou dekor was iets besonders. Okasie het by gedra van die sjiek met hul meubels, die trou dekor en meubels het dié intieme sjiek canapé troue se hele atmosfeer geskep. Verder het Wilgenhof Estate vir Sten en Mignon se troue die besonderse stoele bygedra en wat kom met soveel meer sjiek. Ons is ook gaande oor die mooiste trou uitnodiging en trou skryfbehoeftes wat Invitation Café ontwerp het. Die sagte kleurpalet en mooi blom illustrasie op die skryfbehoeftes pas so mooi in by die hele troue se estetika.
Wat verder volg sal al Mooi Troues se leser se asem weg slaan. Die pragtige fotosessie van dié bruidspaar weerspieël presies hoe lief Sten en Mignon eintlik vir mekaar is.
Rol nou af word betower met dié intieme sjiek canapé troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het ontmoet in 2012 (graad 9) en het die jaar daarna begin keis. Beide van ons was vanaf 2013 in dieselfde skool, Leeuwenhof Akademie, en het daarna in Bloemfontein gaan studeer by Kovsies.
8.5 Jaar later het Sten my gevra om met hom te trou tydens ons vakansie by die Panaroma route (spesifiek tydens ons besoek na die Mac Mac Pools) en die Wildtuin (ons gunsteling plek om te besoek).
Die Verlowing Tydperk:
Ons was net vir 5 maande verloof. Ons het geweet ons wil nie ʼn té groot troue hê nie, veral nie met die onsekerheid van Kovid-19 nie, en ons wou ook nie aanhou uitstel. Dus het ons besluit om dieselfde jaar (2021) nog te trou.
Ons het self die troue beplan.
Spesiale Tradisies:
Nie regtig nie. Ons het net ʼn seremonie/kerk diens gehad en daarna die Canapé onthaal.
Eerste Dans:
Nee, ons het gevoel dat dit nie heeltemal gepas was vir ʼn dag troue nie.
Ook maar goed want die dag gaan só gou verby daar was geen tyd nog vir ʼn eerste dans ook nie.
Merkwaardigste Oomblikke:
Een ons gunsteling oomblikke van die dag was die inloop in die kerk in- toe ons mekaar sien met al die emosies, asook die kerkdiens. Dit was lekker om na 8.5 jaar uiteindelik getroud te wees!
Nog ʼn gunsteling oomblik was om almal se spot tekeninge te sien tydens die onthaal. Almal het lekker gelag en dit saam geniet.
Die laaste oomblik was ons sonsondergang fotosessie by Kogelbaai. Só lekker om as getroude paartjie alleen tyd te spandeer by die see na ʼn besige dag.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ja, natuurlik! Ek dink daar gaan altyd iets verkeerd gaan.
Daar het eintlik vrek baie verkeerd gegaan. Ek sal heelaand moet tik om alles te verduidelik. Belangrikste was dat dit my nie onder gekry het nie. Ek het lank voor die troue besluit dat ek alles gaan vat soos dit kom (wat baie moeilik is vir ʼn perfeksionis met OCD, haha). Net ek het geweet hoe alles moes lyk (en Sten), maar punt is, die gaste was glad nie eens bewus van alles wat verkeerd verloop het nie. Nie die moeite werd om jou hele dag ontsteld te wees nie.
Een ding wat ons wel sou anders doen is die tyd wat jy saam jou gaste spandeer. Die dag gaan heeltemal te gou verby en mens is eintlik so besig dat jy bitter min tyd saam met jou gaste kan spandeer. Ek dink dit is belangrik om ʼn uur oop te hou net vir bietjie lekker kuier. Dit is natuurlik baie makliker as jy n aand troue hê, omdat mens dan kuier wanneer die fotograaf en videograaf weg is. Dis bietjie anders met ʼn dag troue.
Gunsteling Diensverskaffers:
- Blomme: Tiltedtulip
- Caricaturist: Peter Mascher (dit is groot pret, veral vir ʼn middag onthaal)
- Fotograaf – Danelle Stofberg
- Videograaf – Zandre Ross van Cinastage
- Hare – Mischa Koen van Show Hair & Beauty
- Grimering: Alida Aletta Skoonheid Rok – Chanelle Cindy Bridal
Venue & Dekor:
Ek het nog altyd geweet ek wil by Lanzerac trou – selfs nog voor ek daar was. Ek het dit vreeslik geniet om nog lank voor ons verloof was te droom oor dié groot dag, en het eendag op Lanzerac se Instagram blad afgekom en net geweet.
Lanzerac se styl is presies my styl. Ek is mal oor antieke en Franse meubels en dekor. Ek hou ook daarvan om iets uniek en anders te doen, so dit was my inspirasie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
My advies aan ʼn toekomstige bruid is eenvoudig:
Onthou waaroor die dag gaan! Jy trou met jou beste vriend, jou ander helfte. Al die ander materialistiese dinge is mooi ja, maar dit is nie alles nie. Besluit wat vir jou belangrik is en fokus daarop. As dinge nie reg verloop nie, lag later daaroor, niemand weet hoe jou dekor moet lyk nie. Die dag gaan regtig só gou verby, neem soveel moontlik in. Geniet dit. Voor jy sien is dit verby!
Advies aan bruidegom:
Help waar jy kan, sê wat vir jou belangrik is en indien moontlik, moet nie te lank wag nie – daar is maar baie stres wat saam met troubeplanning gaan.
Vermaak:
Tydens die Canapé onthaal het ons Acoustic Element gehad vir die regstreekse musiek, asook ʼn caricaturist, Peter Mascher, wat groot pret was en almal lekker laat lag het.
Die tekeninge (caricatures) was ons geskenk aan ons gaste en verseker ons gunsteling verskaffer. Ons sal hom vir almal aanbeveel.
Trou Begroting:
Ons het nie van die begin af ʼn vaste begroting gehad nie. Ek het amper presies geweet wat ek wou hê, en met bietjie ondervinding in die industrie (ek het vir Zavion Kotze as ʼn intern gewerk in 2020) het ek ʼn goeie idee gehad wat ons onsself voor inlaat. Ons het dus probeer om soveel moontlik self te doen en reël om geld te spaar, en het ook meer as een kwotasie gekry vir elke item.
In totaal het ons 42 gaste gehad (saam met ons).
Van die begin af het ek geweet ek wil nie ʼn tipiese troue hê nie. Ek en Sten het besluit om net ʼn canapé onthaal te hê, wat beteken ons het ʼn middag troue gehad en net ons gesinne het die aand saam geëet. Dit het natuurlik ook baie gehelp met die finale uitgawes aangesien daar geen tafel dekor of ‘n formele ete was nie.
My raad aan ander paartjies is eenvoudig:
Besluit wat vir jou belangrik is en waarop jy geld wil spandeer. Moet ook nie net ʼn groot troue hou omdat dit standaard is nie, doen bietjie iets anders, wees uniek – daar is soveel oulike idees en Kovid-19 het ons almal bewys dat 500+ gaste glad nie nodig is nie. Nooi die mense wat regtig moeite doen met jou ook.
Die Besluitnemingsproses:
Ek het maar meeste van die besluite geneem, maar Sten het elke aand ʼn volle ‘update’ gekry en moes sy opinie lewer voordat ek die finale besluite geneem het.
Ons het hier en daar familie se opinie gevra, maar het op die ou end self die besluite geneem.
Paartjie se styl:
Ek het al vir meer as 2 jaar die idee en prentjie van my trourok gehad. Dit is ʼn trourok wat ek self van ʼn hele paar foto’s ontwerp het. Stukkie hier en stukkie daar bymekaar gesit en Chanelle van Chanelle Cindy Bridal het my idee omskep in werklikheid. Ek sal die trourok beskryf as ‘Franse sjiek’.
Ek is mal oor die ‘frans, vintage, sjiek’ gevoel en het ook self my trouring ontwerp.
Sten het sy troupak se materiaal en styl self gekies en sy inspirasie was Peaky Blinders (weereens meer vintage) se styl, maar net bietjie meer modern.
Wittebrood:
As gevolg van die onsekerheid met Kovid-19 het ons nie ʼn regte wittebrood gereël nie. Het besluit dat ons eerder bietjie sal wag en ʼn lekker oorsee vakansie sal reël na ʼn jaar of so.
Ons het wel vir die naweek na die troue Tulbagh toe gegaan. Ons het by Alto Organic Farm gebly en het heerlik gerus en kosbare tyd saam spandeer. Daar is geen selfoon opvangs nie, en dit is presies wat mens nodig het na ʼn besig paar maande!
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Nie regtig nie. Ons het besluit om onder 50 gaste te nooi om seker te maak dat ons ʼn groter kans het om wel aan te gaan met die troue indien daar weer strenger reëls sou wees. Maar alles was eintlik toe oop vir groot troues en ons was glad nie op die dag geaffekteer nie.
- Venue + Koördineerder + Paartjie se verblyf: Lanzerac
- Huurdienste van stoele: Wilgenhof Estate
- Skryfbehoeftes: Invitation Café
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Danelle Stofberg Forografie
- Blomme + ruikers + boutonniere: Tilted Tulip
- Bruidegom-pak: Tailor Me
Bruidegom das: Coffee Ties & Co - Bruidegom dasspeld: Liwo Design Jewellery
- Bruid regmaak pakkie (broek en hemp): Cara Luxury Sleepwear
- Bruidsmeisies japonne: Day Dream Collective
- Grimering: Alida Aletta Skoonheid
- Hare: Mischa Koen – Show Hair and Beauty
- Huurdienste van meubels: Okasie
- Huwelik kontrak: Werkmans Attorneys
- Huweliksbevestiger: Mattheus Maree (my Oom)
- Musiek: Acoustic Element
- Bruidegom se skoene: Tread & Miller
- Strooimeisie-rokke + Bruid se skoene: Forever New
- Trourok: Chanelle Cindy Designs & Make up artistry
- Trouring + Juweliersware: Petite Jewellers
- Troukoek: Telana Robberts (my Niggie)
- Vermaak + Gaste Geskenke:: Peter Mascher Caricaturist
- Videograaf: Cinastage Studios – Zandre Ross & Verve Films (sonsonderdang video by see)
- Wittebrood plek: Alto Organic Retreat Forest