Ryan & Nicole se fotosessie by Nelson Mandela Square

Ryan Nicole se fotosessie by Nelson Mandela Square in Sandton gedurende sonsak is só mooi.  Omring deur die gewoel van die stadslewe en skitterende stadsliggies in Sandton, het die paartjie ʼn baie oulike paartjie fotosessie gehad.  Hulle het in 2017 ontmoet in Hartenbos op vakansie, en in 2018 in Bloemfontein begin uitgaan.

ʼn Paartjie fotosessie is altyd ʼn pret en ʼn baie oulike aktiwiteit om as ʼn paartjie te doen.  Die eerste deel van die paartjie se fotosessie was meer ʼn informele fotosessie omring deur die verskillende elemente van die stadslewe.  Daar is net iets van die stedelike lewenstyl wat só vol energie is.

Die tweede deel van Nicole en Ryan se fotosessie was tydens sonsak op ʼn lee parkeerterrein wat jou amper die gevoel gee dat jy bo op die dak van ʼn gebou is.  Omring deur die geboue in Nelson Mandela Square in Sandton en die sagte pienk lig van die son wat sak in kontras met die grys en glas geboue in die agtergrond is prentjie mooi.

Rol af om meer te lees oor die oulike paartjie en om meer te sien van hul fotosessie.

 

Die eerste ontmoeting:


Op ons matriek vakansie het ons ontmoet in 2017.  Ons albei was in Hartenbos by ʼn braai saam gemeenskaplike vriende.  Ons het die eerste aand skaars met mekaar gesels, maar die dag daarna het ons onsself weer in dieselfde geselskap gevind.  Van daai dag af het ons onophoudelik gesels en ons avontuur het daar begin.  5 Julie 2018 in Bloemfontein op Naval Hill het Ryan my gevra om sy meisie te wees.  Beste besluit ooit!

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Ryan het ʼn avontuurlustig en liefdevolle persoonlikheid.  Ek is mal daaroor dat hy my kan laat lag in elke situasie.  Dat elke dag saam met hom ʼn avontuur is.  Hy motiveer my om die beste weergawe van myself te wees en om baie hoogtes in die lewe te bereik.

Nicole het altyd ʼn goeie hart en al gaan dinge nie fantasties in haar lewe nie, sal sy altyd probeer om ander se lewens beter te maak.  Sy is gelukkig met die kleinste dinge en vreugde vul haar lewe.

Drome as paartjie:


Om saam te floreer en groei in die lewe.  Om mekaar te sien mylpale bereik en saam deur die lewe se struikelblokke te val en mekaar ophelp.  Ons wil graag mekaar gelukkig maak en mekaar laat lag tot ons oud is.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons geniet elke klein dingetjie wat ons saam kan doen, maar ons geniet ʼn vrolike stappie saam ons honde in die parkie, ʼn Sondag middag slapie en visvang sonder enige byt.  Ons geniet ʼn weeklikse braai saam met ons vriende en te ontspan saam met mekaar na ʼn besige week.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons is mal oor die stad, die besige lewe en die hoë geboue.  Die idee was om ʼn paar straat fotos te kry met die robotte, die strepe by die voetoorgang en die verkeer in die agtergrond.  Ek het toe gevra vir ʼn “golden hour rooftop” sessie, wat die hoë geboue gevang het, asook ʼn paar verstommend sonsak fotos.  Die fotos was ongelooflik mooi en ons fotograaf, Lynette, het werklik die beste instink!  Daar het verstommend idees opgekom, soos voor die Gautrein bus dans, ʼn paar donuts eet en natuurlik behoorlike romantiese oomblikke!

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Dit is vir ons baie lekker om mooi netjies aan te trek en vir ʼn smaaklike ete uit te gaan.  Ons geniet ook baie ʼn piekniek in die parkie, waar die honde ook deel kan wees.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]