Die sprokiesverhaal van Cinderella is definitief ʼn spesiale verhaal. Die liefde is nes towerkuns, om ʼn gedagte te omskep in ʼn betowerende realiteit. In dié artikel van Mooi Troues deel ons Raymond en Ilke se klassieke sprokies bruilof.
Die liefde tussen Raymond en Ilke is so waar spesiaal, dié pragtige bruidspaar is sowel ook mekaar se beste vriende. Ilke dra by tot ʼn Cinderella sprokies tema met haar besonderse mooi wit rok wat gekomplimenteer is met die pragtigste fyn besonderhede. Terwyl Raymond soos ʼn prins rond pronk in sy klassieke troupak.
Raymond en Ilke se klassieke sprokies bruilof was self deur die bruidspaar gereël. As dit kom by troudekor en die venue, het die bruidspaar hul droom bruilof gehad. Die trouvenue skep die atmosfeer van ʼn kasteel wat hand-in-hand gaan met die wit en goue troudekor. Ella’s Cake and Sugar Art het ook definitief bygedra to by die tema met die betowerende trou koek wat gekomplimenteer word met ʼn kasteel koek topper. Aan die einde van die dag het die bruidspaar die gewenste koninklike atmosfeer behaal.
Rol nou af en geniet Raymond en Ilke se klassieke sprokies bruilof.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar in Desember 2011 ontmoet. Raymond het sy prakties in die Paarl gedoen en die res was geskiedenis! Ilke het soort van die oorspronklike verlowing geblaas, Raymond was van plan om vir Ilke se hand te vra terwyl hulle ’Zipline’ maar Ilke se senuwees het die beste van haar gekry en sy kon nie daarmee deurgaan nie. Op 16 Februarie 2020 het Raymond besluit om by ʼn pragtige afgesonderde strand in Kleinmond ‘n tweede keer te probeer, gelukkig het Ilke se senuwees nie die beste van haar die keer gekry nie haha!
Die Verlowing Tydperk:
Ons het ʼn jaar gewag voor ons getrou het. “On the day events “ was ongelooflik! Hulle het regtig die las op ons soveel makliker gemaak. Ons het ook ‘n fantastiese pakket van Ashanti Estate geneem wat amper alle verskaffers ingesluit het. Dit het ons beplanning baie makliker gemaak.
Trou Begroting:
Ons het wel ʼn begroting gehad maar het ongelukkig nie daarby gehou nie, maar ons het ons bes probeer. Ek sal paartjies aanraai om al die klein dingetjies in die begroting te bereken, al die klein dingetjies tel op die ou end baie bymekaar. Ons het persies geweet wat ons wou hê en was bevoorreg om dit te kan doen.
Merkwaardigste Oomblikke:
Raymond:
Toe ek my asemrowende bruid sien by die bruilofsfees af kom in die gang en toe sy haar pa se hand los en myne neem.
Ilke:
Uiteindelik trou ek met my beste vriend in die teenwoordigheid van ons geliefdes. Iets wat ek ook sou koester van ons spesiale dag was toe ons besig was om reg te maak in die bruidskamer en ek vir almal vertel hoe senuweeagtig ek is en my 4 jarige dogtertjie kom sit haar hande op my skouers en sê vir my ” mamma moenie senuweeagtig wees nie jy moet dapper wees” en net so het sy my dadelik beter laat voel.
Dit was ook baie spesiaal om tyd saam met vriende en familie deur te bring wat ons lanklaas gesien het. ʼn Dag vol liefde, genot en pret.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid:
1. Moenie vergeet om tyd vir jouself in te ruim nie net ʼn dag wanneer jy nie enige tyd aan die troue spandeer nie fokus op ʼn bietjie TLC.
2. Moenie die klein goedjies vir laaste los nie.
3. Doen wat JY wil doen dit is die een dag wat dit oor jou gaan! Moenie toelaat dat enigiemand jou glans verdoof nie.
Bruidegom:
Jy sal hierdie dag vir altyd herleef, wees selfsugtig en dit geniet. Bekommer jou later oor al die res.
Paartjie se styl:
Die tema was geïnspireer deur “Cinderella “ en haar Prins van my trourok tot die fynste besonderhede soos my skoen wat soos die glas-pantoffel van Cinderella lyk. Raymond het ʼn klassieke wit troupak aan gehad. Ons het albei redelik koninklik gevoel! Raymond het sy eie trouring ontwerp en ek het dit laat maak presies soos hy dit wou hê. My man het my wind uit my seile uit geslaan toe ek my verlowings ring vir die eerste keer sien vir die troue het ons my troupand ontwerp en dit laat maak. Ek het my droom stel!
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Alles het goed geloop volgens plan. Die een ding wat egter buite ons beheer was, was die weer dit het gereën vanaf die begin van die seremonie tot aan die einde van die onthaal maar dit het ook ʼn meer intieme gevoel geskep en ons kon die vuur erde aansit. Nie eers die reën kon ‘n demper plas op ons sprokie dag nie.
Venue & Dekor:
Ilke het reeds die hele troue beplan al waarvoor sy gewag het, was dat ek haar moes vra, haha.
Ashanti lyk persies soos ‘n kasteel en dit het met ons tema so perfek gepas. Ons kleurskema was wit en goud. Met ons dekor wou ons ‘n koninklike atmosfeer skep.
Vermaak:
Terwyl die bruid af kom in die gang het die wonderlike Tylo Fortuin die seremonie geseën met haar engelstem sy het die mooi gesang “Can’t help falling in love why you” gesing.
Die Besluitnemingsproses:
Die bruid het meer van die finale besluite geneem. Wat die besluitnemingsproses betref, het ons al ons besluite self geneem.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons kan regtig niemand uitsonder nie want al ons diensverskaffers was fantasties. Al ons diensverskaffers het bygedra om ons sprokies troue ‘n sukses te maak.
Wittebrood:
Ek en Ilke was nog altyd baie lief vir Knysna sonder om daaraan twee keer te dink het ons op die wittebrood planne besluit. Na al die beplanning en stres was dit ‘n lekker bederf.
Eerste Dans:
Ons eerste dans liedjie was Elton John ” Can you feel the love tonight“. Ons het ons dans roetine op YouTube gekry, maar oom eerlik te wees ons weet nie hoeveel van daardie passies ons gedoen het nie, maar dit was groot pret.
- Fotograaf + Videograaf: Boland Weddings
- Koördineerder: On The Day Events
- Troukoek: Ella’s Cake and Sugar Art
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Ashanti Estate
- Blomme: Flowers by B
- Bruidegom-pak: Mr Suit Hire Cape Gate
- Fotohokkie: Infinity Photobooth
- Grimering: BeNails
- Hare: Meraki hair salon
- Huweliksbevestiger: Russell Norman
- Juweliersware: Mystique Bridal Accessories
- Platejoggie + Musiek: Eugene crotz
- Strooimeisie-rokke + Skoene: YDE
- Skryfbehoeftes: Barlinka Drukkers
- Trourok: Fender Design
- Vermaak: Tylo Fortuin
- Vervoer: Classic Cars
- Wittebrood plek: Forest Valley