Pierre en Nelmarie se mooi winter troue sal jou opgewonde maak om in die Winter te trou. Die onthaal was in die opelug gewees met die mooiste uitsigte oor die sneeu bedekte berge. Wat is dan nou mooier as berge bedek met ล spierwit lagie sneeu, terwyl die sagte winter sonnetjie die trou gaste warm hou.
Die gebruik van ล warmer kleurpalet pas perfek in by ล winter troue. Dit skep die illusie van warme en laat jou sommer meer snoesig en gesellig voel. Nelmarie en Pierre se fotosessie is regtig prentjie mooi gewees. Met die lagie sneeu op die berge as hul agtergrond en die mooiste bloeiseltjies wat hul omring is die fotosessie iets vanuit ล sprokies verhaal.
Jy kan sien die gaste het hulself geniet by die onthaal. ล Lieflike kaggelvuur het die onthaal lokaal warm gehou en ล gesellige atmosfeer geskep. Die gebruik van maroen en roosgoud elemente in hul trou dekor het weereens daardie warm gevoel in paartjie se troudag gebring.
Paartjies wat besig is om hul troue te beplan kan betroubare diensverskaffers in ons trougids vind. So kan jy ook dan ล pragtige troue hรช soos die van Pierre & Nelmarie.
Die paartjie het besluit op ล plaaslike wittebrood in die Tuinroete. Lees meer oor die prentjie mooi Winter Troue hieronder en die paartjie se liefdes storie en trou beplanning proses.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons al twรฉรฉ was onderwysers by dieselfde skool. Die skool het ingeskryf vir die Kyknet program โKom ons Braaiโ. Die noodlot het so uitgespeel dat ons 2 as โn span moes deelneem aan die program. Daardie naweek wat hul kom skiet het, het ons verlief geraak!
Ons was vir โn kort wegbreek Mosselbaai toe in Desember. Ons het die oggend ons gunsteling staproete St Blaize gaan stap. In die middel van die staproete by โn paar rotse het hy die jawoord gevra!
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 8 maande verloof. Ek is โn โbeheervraatโ so ek het my troue alles self beplan.
Trou Begroting:
Die begroting was R60 000 vir 65 gaste.
Ons het spesiaal in die winter getrou omdat die venue koste dan minder is. Nie al ons familie en vriende was genooi nie, net die wat die naaste aan ons is.
Ek het besluit om ook nie baie geld op dekor en blomme te spandeer nie, so ek en my strooimeisies het alles self gedoen.
Merkwaardigste Oomblikke:
Myne was toe my hare en grimering klaar is en ek trek my trourok aan. Om alles bymekaar te sien kom na maande se soek en sukkel was vir my spesiaal.
Syne was natuurlik toe ek instap by die seremonie. Hy was omtrent in trane!
Paartjie se styl:
Die vlootblou troupak was nog altyd vir hom mooi. Ons hou van die tradisionele onderbaadjie.
Ek hou van โn balans tussen fyn en eenvoudig en detail. My trourok het kralewerk bo gehad met klein pรชrels as stappies en โn mooi lae rug.
Die Besluitnemingsproses:
Ek het meeste van die besluite geneem. Ons het nie regtig laat ander mense van die besluite neem nie, dis ons dag!
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons wil definitief ons fotograwe uitsonder! Baie professioneel, bekostigbaar en mense-mense! Hul het my so gerus gestel op die dag met die reรซn en hael wat nog 30 min voor die troue geval het! My fotos het ek presies 2 weke na die troue gekry!
Die ลie-so-perfekโ oomblikke:
Pierre het die oggend van die troue toe hy wou begin aantrek besef sy wit kraaghemp lรช nog by die huis in sy Woolies sak. My ma moes toe inderhaas Worcester toe ry, dit stryk en vir hom bring!
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Moenie te veel na ander se opinies luister nie. As jy daarvan hou kies/koop dit. Jy trou net een keer en dis jou dag!
Moenie skuld maak om โn lekker troue te hรช nie. Ja, dis โn spesiale dag, maar daar is klomp maniere om dit besonders te maak sonder om โn arm en โn been te betaal.
Venue & Dekor:
Terwyl ons uitgegaan het, het ons baie by Opstal gaan eet en wynproe. Ons was mal oor hulle uitsig en lekker atmosfeer! Ons het toe al vir mekaar gesรช ons wil daar eendag trou!
Maroen en roosgoud is my 2 gunsteling kleure. Die geometriese lantern met blomme in is nou โn groot tendens en dit kos nie baie nie!
Wittebrood:
Ons was na die Tuinroete toe. Ek self was nog nooit daar nie so wou graag gaan.
Ons het Mosselbaai, George, Knysna en Wilderness besoek. Ons het keramiekverf gedoen, kano gery , die Knoetzie kastele gaan besoek en die Knysna staproete gedoen.
Eerste Dans:
Ons het ons eerste gedans gehad op โReisigerโ van Refentse. Dis โn redelike stadige liedjie so in die helfte het ons oorgeskakel na Second Hand Heart van Ben Haenow. Ons het nie geld gehad vir danslesse nie, so ons het dit net โgewingโ!!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Franzoa Media
- Venue: Opstal Estate and Restaurant
- Blomme: Perfect Proteas
- Bruidegom-pak: Mr Suit Hire
- Dekor: Functions and Events
- Gaste Geskenke: Lu Vintage Decor
- Grimering + Hare: Uppercut
- Huwelik kontrak: AH Stander Attorneys
- Huurdienste: Best Events
- Juweliersware: Victoria Creative
- Paartjie se verblyf: Opstal Stay
- Skoene: Edgars
- Skryfbehoeftes: Litchi Designs
- Tente: Best Events
- Trourok: Anje Bridal Couture
- Trouring: Galaxy and Co