In die onderhoud-styl artikel gesels ons met I Do – Creative Concepts. Maak jouself gereed om pragtige trouskryfbehoeftes ontwerpe in dié artikel te sien. Elaine Botha is die stigter van I Do – Creative Concepts, ʼn trou skryfbehoefte ontwerp besigheid. Sy het haar eerste voldag in die besigheid gehad op 1 Mei 2012. Nou tien jaar later doen I Do – Creative Concepts trouskryfbehoeftes ontwerpe vir paartjies van regoor Suid-Afrika.
Skryfbehoeftes vir jou troue is een van die mees belangrikste elemente. Die rede hiervoor is as volg, dit is die heel eerste indruk wat jou gaste van jou troue kry. As jou gaste daardie onthou-die-datum kaartjie, of selfs die trou uitnodiging oopmaak en die ontwerp sien en tekstuur voel, gee dit hulle ʼn indruk wat om te verwag van die troue. Jul gaste sal min of meer ʼn idee kry van die troue se tema en, of dit formeel of informeel is.
Lees meer oor ons onderhoud met I Do – Creative Concepts. Hulle gee ook oulike advies vir paartjies wat opsoek na idees oor hoe om jul trouskryfbehoeftes ontwerper te kies vir julle troue.
Wanneer was I DO Creative Concepts gestig?
Elaine Botha het haar eerste amptelike voldag by I Do – Creative Concepts gehad op 1 Mei 2012.
Van waar kom die naam, I DO Creative Concepts?
Die studio spesialiseer in trouskryfbehoeftes, en só is die naam ʼn speling op die bekende “I do” en dan natuurlik dat ons kreatiewe konsepte tot lewe bring. Dit is ook ʼn speling op die konsep van “ek doen kreatiewe konsepte”, wat dan weer lei tot iets buite die trou-wêreld, of die skryfbehoefte-wêreld.
I Do – Creative Concepts se padjie tot waar hul nou is:
Elaine is ʼn kreatiewe denker wat daarvan hou om met haar hande te skep, met ʼn klem op fyn details. Trouskryfbehoeftes bied die geleentheid om buite die boks te dink, elke kaartjie self te maak en af te rond, en om elke keer ʼn nuwe, mooi konsep te kan begin. Die perfekte kombinasie! Uit professionaliteit en passie vir die bedryf, vier I Do – Creative Concepts hul 10de jaar hierdie jaar, met ʼn studio vol geïnspireerde en eendersdenkende individue, waar hul werklik hul “werktyd” geniet, en uitsien na die suksesse wat hulle saam gaan bereik.
As jy nie ʼn skryfbehoefte ontwerper was nie, wat anders sou jy wou wees?
“ ʼn Meubelmaker of mode ontwerper of binne ontwerper, iets kreatiefs en uitlatend.” ~ Elaine
“Sonder twyfel, ʼn veearts.” ~ Dee
“ʼn Yoga instrukteur in Bali, asseblief.” ~ Renay
“Mag ek sê ʼn atleet? Ek speel, ek sal graag ʼn babaklere ontwerper wil wees.” ~ Liesel
Watter diens of dienste en produkte bied julle aan paartjies wat hul troue beplan?
I Do – Creative Concepts bied natuurlik enige skryfbehoeftes (uitnodigings, webtuistes, spyskaarte, ens.) en borde (welkom borde, tafelplasings, ens.) vir troues en ander spesiale geleenthede. Hulle bied ook saamgestelde geskenke vir spesiale geleenthede, en dan ook grafiese ontwerpe vir korporatiewe maatskappye.
Inspirasie agter die ontwerpe:
Alhoewel die eindproduk ʼn trotse bestemming is, is die proses hul eintlike inspirasie. Om deel te wees van ʼn troue is ʼn persoonlike reis – mens word deel van ʼn intieme, eens-in-ʼn-leeftyd dag waar hul iemand se wildste drome kan waar maak. En hierdie persoonlike konneksie is waar hulle graag hul talente en produkte wil instoot.
I Do – Creative Concepts vra altyd vir ʼn persoonlike ontwerp element wat mense wil inkorporeer, en hier is waar hulle die eindproduk kan omskep in iets verpersoonlik. Dit is altyd lekker om te hoor wat hierdie element is – dis werklik ʼn persoonlike gesprek tussen hul kliënte.
Wat is die nuutste tendens wanneer dit kom by trou skryfbehoeftes?
I Do – Creative Concepts vind dat hul paartjies in twee groepe val: een wat buitensporig, buite die boks wil hê, en dan weer aan die ander kant, wil hulle graag meer minimalisties, klassiek en tradisioneel hê. Skryfbehoeftes het ook meer geword as net informasie, en word nou deel van die hele pakket. ʼn Voorskou van wat verwag kan word, en hulle is hier vir dit!
Watter advies kan jy vir paartjies gee wat opsoek is na ʼn skryfbehoeftes ontwerpe vir hul troue?
Elke studio het hulle eie styl, kyk na hierdie style en gaan na ʼn studio wat jou styl pas. Kyk of daar enige verpersoonlikheid is, of word daar net patrone uitgestoot? Maak ʼn afspraak en gaan kyk na die kwaliteit, voel die papier en kyk na die afrondings werk. Die druk kwaliteit is belangrik en kan enige ontwerp in die steek laat. Vra vir voorbeelde. Werk saam met jou ontwerper – hulle is daar om jou konsep te verwesenlik. Praat met hulle en sê vir hulle wat jy graag wil bereik.
Artikel Krediet:
- Ontwerpe: I Do – Creative Concepts
- Foto’s: I Do – Creative Concepts