Marius & Velanie se romantiese woestynagtige verlowing fotosessie

In dié artikel van Mooi Troues deel ons die pragtige begin van Marius en Velanie se liefdes reis en hul romantiese woestynagtige verlowing fotosessie.

Marius het al begin beplan om die groot vraag te vra in 2019, en ongelukkig was sy planne toe deurmekaar gegooi toe Kovid-19 tref.  Hoe sê hulle “derde keer is ʼn bekoring”.  Dié paartjie is vir mekaar steunpilare en die veilige skuil plek wat almal na streef.  Hulle is ʼn vreeslike liefdevolle paartjie wat meer as genoeg liefde het om vir die mense na aan hul tonne te kan gee wat deur kom in dié romantiese fotosessie.  Velanie wou uit die boks uit dink en iets anders doen vir hul verlowing fotosessie.

As gevolg van Kovid-19, het dié pragtige paartjie ongelukkig die sleutel afdelings van verloof wees bietjie op uit gemis.  Dus is die romantiese woestynagtige verlowing fotosessie perfek.  Hulle het vir ‘n baie donker en buierige atmosfeer gegaan vir hul verlowing fotosessie. Met bypassende swart uitrustings lyk hul so pragtig saam. Die paartjie se verlowing fotosessie vat ʼn baie eenvoudige benadering wat die diepte van hul liefde vir mekaar uit beeld.  Met driehoekige boog wat versier is met pampas en groenigheid om by te dra tot by hul tema vir hul verlowing fotosessie.

Indien enige van Mooi Troues se lesers dalk meer trou inspirasie wil sien, gaan besoek gerus ons Trougids op ons webtuiste.

Rol nou af en geniet Marius en Velanie se romantiese woestynagtige verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


November 2014, ek was nog in matriek en besig met eindeksamen.  Ek (Velanie) het saam my vriendinne uitgegaan die aand en Marius het saam met sy vriende uitgegaan die aand.  Toevallig was my vriendin en sy vriend broer en suster.  So het ons twee groepies het saam gekuier, en dit was letterlik ʼn ‘liefde met die eerste oogopslag’ oomblik gewees.  Ons het die hele aand ogies gemaak vir mekaar en  kon nie ons oë van mekaar af hou nie.  Dit was die aand van die eerste soen ook.  Daarna het ons onophoudelik begin gesels elke liewe sekonde van die dag, sowel as oor en weer begin kuier en so het dit aangegaan. Februarie 2015 op Valentynsdag het hy my gevra om sy meisie te wees.

Ons is al van Februarie 2015 tot Junie 2020 gekeis.

Die groot vraag:


Die Wag Periode:

Ons het natuurlik bietjie langer gewag om verloof te raak.  Dit was ʼn gesamentlike besluit ons wou beide net al ons goedjies in plek hê voor ons die volgende stappie vat.  Tot op ʼn punt toe wou ek (Velanie) natuurlik verloof raak en trou.  Hy het op ʼn stadium my bietjie om die bos begin lui, want hy het besluit hy wil dit ʼn groot geheim hou.

In 2019 het hy en my sussie begin konkel en beplan.  Elke deel van die verloofring, tot die groot oomblik en toe begin ‘LOCKDOWN’!  Toe word alles uitgestel.  So week voor hy beplan het om my te vra toe word alles ALWEER toegemaak.  Die Woensdag toe besluit hy nee hy gaan nie nog langer wag nie.  Hulle gaan aan ʼn ander plan moet dink en dit is toe hulle besluit om dit by my sussie se huis te doen.

Uiteindelik die groot vraag:

Die manier wat hy my daar gekry het was deur om vir my te sê ons gaan na my sussie se huis toe vir my verjaarsdag.  Dit was die Saterdag, ek het die Sondag verjaar.  Ons het die Saterdag oggend baie rustig klaargemaak.  Daar was geen indikasies van ʼn gebeurtenis was plaasvind nie, so ek was onbewus.  Toe ons daar aankom het die kinders en my ma my kamer toe gesleep om nou geskenke oop te maak.  Die mans het net verdwyn.  Na die geskenke, toe mag ons nou buite toe gaan om verder te kuier.  Hulle het my soontoe gelei, en nogsteeds was ek onbewus.

Toe ek buite kom toe begin ons liedjie speel van John Legend – All of me.  Toe sien ek roosgoud en pienk ballonne en nogsteeds het ek gedink dis vir my verjaarsdag.  (Ek het gedink dis ʼn verrassingspartytjie).  Toe ek by die trappe af kyk waar die ballonne was toe sien ek die lapa is baie mooi opgemaak.  Daar was wit roos blare en kersies, baie romanties.  In die middel van alles toe staan my groot liefde van my lewe daar. In die tyd wat ek geskenke oopgemaak het, het hy ʼn uitrusting verandering gehad.  Ek het in trane uitgebars, ‘super ugly cry’, en ek het dit net glad nie verwag nie.  Ek was in die wolke en ek sal niks oor die beste dag van my lewe verander nie.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Velanie:

Vir my het Marius my veilige plek en steunpilaar geword.  Hy het sonder ʼn tweede gedagte daaroor my opgetel en my help opstaan, en tot vandag veg hy nogsteeds al my ‘battles’ saam my.  Hy het ʼn hart van goud, hy sal beskerm wie beskerming nodig het en help wie hulp nodig het.  Sy onvoorwaardelike geluk, hy is net altyd gelukkig en sy vreugde is aansteeklik.  Onmeetbare liefde, as hy jou lief het is die ʼn verewig liefde. Dit tel nie net vir ons liefde nie, maar vir sy familie en vriende ook, sy hart koester sy naastes saam hom elke dag.  Hy is die vrede bewaarder en soek altyd die positief in elke situasie voor die negatief vashou kan hê.

Marius:

Sy is liefdevol, met ʼn sagte hart en haar omgee vir ander mense.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons is al van Julie 2020 af verloof en ons trou nou die 26ste Maart 2022 (net minder as 2 jaar).

Die verloofring:


Toe ons begin praat het oor verloofringe was ek verlief oor die roosgoud ovaalvormige diamant.  Op ʼn stadium het sy ouers gevra dat ons asseblief die familie stene gebruik – so hulle het vir ons opsies gegee om van te kies.

So toe gaan ons om ringe aan te pas – ek het baie van die verskillende style gehou, maar ek was nie verlief op die nie.  Toe sit sy vir my ʼn geelgoud pant met ʼn rond geslypte diamant op en ek was verlief!  Dit was die laaste sê wat ek daaroor gehad het.

Verder het Marius en my sussie rond gesluip en my uitgevra oor en weer oor die styl en grootte.  Hy het die verloofring toe self laat maak en tot vandag is ek smoorverlief.  Die hoeveelheid liefde en gedagte wat daarin gegaan het – dit is perfek.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het gevoel dat veral omdat ons in grendeltydperk verloof geraak het – die wow faktor van die verlowing was bietjie weggevat – dit is natuurlik die tyd wanneer mens nou na ekspo’s en al daai tipe uitstallings toe gaan en ons kon nie ons het uit gemis op die verlowings deel daarvan.

Ek wou my verloofring op fotos hê, ek wou daai liefde tussen ons vasgevang hê en ek lief foto’s.

Ek wil graag eendag die storie van ons wil vertel en deel met ons kinders – uitgaan – verlowing – troue – familie.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die inspirasie agter die fotos was donker en buierig.  Ek is ʼn baie groot aanhanger van swart, as ek alles in swart kon doen het ek. Ek het verlief geraak op pampas en ek hou van eenvoudigheid – ek wou iets anders gehad het, nie die tipies verlowings sessie in ʼn veld of koffie winkel nie.

Die inspirasie agter die plek was van ons wonderlike fotograaf af – sy het die plek as ʼn voorstel vir ons gegee – ek het gehou van die eenvoudige uitleg en die woestyn voorkoms – ek het ʼn inspirasie foto gehad van ʼn swart rok en dieselfde agtergrond, en sy het uitgelewer.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Ons is reeds al ʼn rukkie verloof so ek sal bietjie moet terug dink aan die vrese wat ons gehad het.

Die trou beplanning was vir my ʼn groot vrees – ek is nie ʼn groot beplanner nie, maar dit het goed uitgedraai dit bring die beste en die slegste uit mekaar uit – waar jy saam ooreenstem i.v.m. ʼn trouvenue en waar jy nie ooreenstem oor die kleur of die styl nie, maar ook hoe jy dan leer om te skik en hoe julle dan op die beste besluit saam uitkom.

Die voorbereiding vir die huwelik was ook ʼn groot ding – ons het geestelik baie tyd saam begin spandeer, om saam geestelik te groei en op die regte manier ons huwelik saam te begin, dit het ʼn groot ding vir ons geraak om te weet die dag wat ons voor die kansel staan en trou aan mekaar beloof dat ons dit doen in die Wil en lyn van God.

Ons grootste vrees was hierdie hele Kovid pandemie – ons was so bang dat alles wat ons gereël het – nie gaan uitwerk soos ons dit beplan het nie en ons het ʼn bestemming troue (Lambertsbaai) so ons was bekommerd dat as ons nie oor grense kan gaan nie ons troue nie gaan gebeur nie.

Visie vir droomtroue:


Ons droom troues het baie verskil maar dit was interessant hoe ons dit bymekaar uitgebring het.

So my droom troue sou boheems gewees het – nes ek is.  Ek lief die styl en die gebrande oranje bruin, swart.  Ek wou lae tafels gehad het met kussing i.p.v. tradisionele stoele en tafels. Baie rustig, ontspanne en anders.  Ek hou nie daarvan om die narratief te volg nie, maar eerder my eie ding te doen.

Marius wou nog altyd op die strand trou – hy kon agterkom ek het meer ʼn swart das smaak gehad, hy hou van formeel wees, jou beste lyk – Skoene en das op die strand.

Ons het besluit dat hy die trouvenue kan kies – en dan wil ek die vryheid hê om die tema by dit in te pas.  Ons het dit so begin mengelmoes – hoe gaan ons hierdie boheemse tema en swart das meng.  Gelukkig is ons altwee mal oor swart, dit is die hoofkleur van ons troue, en dan wit en groenigheid.  Die gebrande oranje sou nie lekker saam gewerk het nie, so toe besluit ons om tegnies nie ʼn kleur te hê nie.

Die styl van my trourok en hare is baie meer boheems, en sy troupak is meer swart das.

So ons amptelik tema is ʼn formele-boheemse-strand troue. ʼn baie klein intieme troue met 35 gaste, ʼn bestemming troue, my oom gaan die troue behartig – baie rustig en ontspanne net soos ons.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]