Jaco & Mikayla se stylvolle plaasskuur troue

Die liefde is geduldig en vriendelik en kan self stylvol en mooi wees.  In dié inskrywing van Mooi Troues deel ons die stylvolle plaasskuur troue van Jaco en Mikayla wat gevier was op hul plaas Swellendam.

Dié pragtige bruidspaar het in 2017 ontmoet en van daar af het hul liefde vir mekaar net gegroei. Ons by Mooi Troues het al voorheen dié paartjie se verlowing fotosessie met julle gedeel en jul kan hier klik om weer na hul verlowing fotosessie te gaan kyk.   Hulle is ʼn stylvolle paar wat gemik het op ʼn tradisionele troue waarby hulle hul styl kom implementeer.  Hul stylvolle plaasskuur troue se trou dekor speel met kleure van swart, Roosgoud en Boergondië.  Albei Jaco en Mikayla het dieselfde visie gehad vir hul groot dag.  Al die elemente van dié stylvolle plaasskuur troue pas so pragtige bymekaar, die bruidspaar het vir al hul gaste gevra om swart aan te trek.

Die stylvolle plaasskuur troue was vasgevang deur die talentvolle troufotograaf van die Boland, Helene Viljoen, sy het hul gemaklik laat voel en al die perfekte oomblikke vas gevang.

Die beeldskone bruid se trou grimering en hare was stylvol gedoen deur die professionele haarstilis en grimeerkunstenaar, Mia’s Make-up.  Sy het vreeslik baie ondervinding met ʼn groot portefeulje van bruids hare en -grimering en het selfs op ʼn paar televisie produksies gewerk.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Dié paartjie het die dansbaan geopen met ʼn groot verrassing aan hul gaste.  Ons lesers kan afrol en meer oor hierdie verrassing lees.

Rol nou af en geniet Jaco en Mikayla se stylvolle plaasskuur troue en geniet die foto’s en hul mooi storie hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


3de Februarie 2017 het ek en Jaco mekaar deur vriende ontmoet in Swellendam, nadat Jaco ʼn foto van my op Facebook gesien het en gevra het om my te ontmoet.

25ste Julie 2020 het Jaco my voete onder my uitgeslaan toe hy ʼn sprokies verlowing gereël het.

Oppad huis toe na werk die oggend het Jaco my gebel en vir my gevra om die motor in die Stoor te trek (hy wil die bande kyk voor ons Hermanus toe ry vir die middag).

Ek trek toe die kar in die stoor en toe ek die kar se deur agter my toe maak begin die liedjie van Lady Gaga ‘Always remember us this way’ te speel.  Baie verward en uit die veld geslaan sien ek ʼn paadjie uitgegooi binne die stoor tussen die trekkers met rooi rose en rooi helium ballonne.  Aan die begin van die paadjie het ʼn mes gelê met instruksies dat ek elke ballon moes stukkend steek. Elke ballon het ʼn briefie ingehad hoekom hy so lief is vir my.  Voor ek die laaste wit ballon stukkend steek begin Lady Gaga se ‘Shallow’ liedjie speel.  In die ballon was klomp konfetti en ‘n briefie wat vra of ek met hom sal trou, en op daardie oomblik het hy op sy knie gegaan en my gevra.  Dit was dié mooiste verlowing ooit en ons het alles op video!

Die Verlowing Tydperk:


Ons het 25 Julie 2020 verloof geraak en 4 September 2021 getrou.  Ons het met Antoinette Events gewerk om die troue te beplan.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet en neem elke oomblik in!  Dit is die lekkerste en spesiaalste tyd van mens se lewe!  Ek was baie gespanne, gestres en na die tyd besef mens dit was so onnodig!

Trou Begroting:


Ons het verby ons oorspronklike begroting gegaan, omdat ons nie regtig geweet het hoeveel die troue altesaam gaan wees nie. Ons hoeveelheid trougaste wat ons genooi het was 200, maar weens Kovid omstandighede het slegs 140 opgedaag.

Advies:

Ek sou se stel ʼn begroting op en hou streng daarby, daar is soveel om te doen & in te pas in daardie begroting en die proses is baie oorweldigend, dit is belangrik om rond te vra vir pryse en kwotasies eers te kry, voor enige besprekings gemaak word.  Al was ons oor ons begroting het ons die mooiste fotos en herinneringe van die spesiale dag.

Merkwaardigste Oomblikke:


Jaco:

Wat vir my die beste gedeelte was is toe ek haar sien uitstap het by die deur oppad na my om met my te trou.

Mikayla:

Die seremonie gedeelte was vir my die spesiaalste toe ons vir die eerste keer aangekondig word Mnr & Mev Schoonwinkel.  Dit was die spesiaalste onwerklike gevoel.

Paartjie se styl:


Bruid:

My trourok was deur Didi Couture ontwerp.  Ek was vir omtrent 10+ rok pas afsprake by haar, die 2de laaste pas was 4.5 ure en my heel laaste pas was 4 ure.  Dit was omtrent ʼn groot storie om hierdie perfekte trourok van my van lap op te bou tot waar dit geëindig het.  Ek het aan die einde van die proses vir ekstra hand kralewerk gevra om meer detail op die trourok in te werk.

Bruidegom:

Die troupak was gemaak by Tux Tailor in Willowbridge, Jaco was seker by hom gewees 2 of 3 keer om die pak te pas, omdat Jaco groot is moes ons spesiaal vir hom ʼn troupak laat maak.  Dit was so mooi gewees en die kleinste details was bespreek om die pak uniek te maak.

Trouringe:

Viljoen Juweliers Worcester

Venue & Dekor:


Trouvenue:

Swartsdam Plaas, Swellendam.  Die troue was hier by ons op die plaas in die skuur gehou.  Dieselfde skuur as wat Jaco my gevra het om te trou.

Troudekor:

Ons tema was romanties en kleurskema was Swart, Roosgoud en Boergondië.  Die idee vir troudekor het ek op ʼn foto gesien en gesê dit is presies wat ek wil hê!  Ons het rondom die foto beplan en dit het mooier gelyk as wat ek ooit kon dink!  Ons het vir al die gaste gevra om Swart formeel aan te trek na die troue en die fotos vertoon so mooi.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Fotograaf – Helene Viljoen
  • Videograaf – Jacques Britz
  • Vermaak – Elandré & musiek deur Audiovibe gedoen
  • Koek – I Caked This

Wittebrood:


Ons was Mauritius toe vir ons wittebrood.  Ons wou albei na die see toe gaan en het besluit op Mauritius want dit is nie te ver van ons af.

Die Besluitnemingsproses:


Ons albei het die besluite saam geneem, ons smaak en styl is baie dieselfde en as ek ʼn idee vir Jaco gewys het was hy mal daaroor.  Die ouers het geweet ons idee vir troudekor, maar nie presies wat ons beplan.  Ons wou alles graag as ʼn verassing hou.

Eerste Dans:


Ons het die dansbaan geopen op Elandré se “Honderd Duisend Maal” liedjie terwyl hy ingeloop het en dit self gesing het, dit was ons gaste se groot verassing vir die aand, net ek en Jaco was bewus dat hy daar sou optree.  Almal het dit geniet!!

Ons het vooraf bietjie raad gevra en sommer self hier by die huis probeer oefen.

Vermaak:


Ons het Charles as platejoggie gehad en Elandré, sowel as Audiovibe wat sy musiek vir ons hanteer het.

Saggy stone het ons pre-drankies gedoen wat alles “on tap was” Craft Bier en Gin & Tonic.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Nie iets wat my daardie aand gepla het nie!  Alles het goed uitgedraai en die oomblik was so groot ek kon niks agter kom wat verkeerd was!!  Dit was ʼn heerlike troue.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]