Henkie en Yoné se pragtige selfdoen troue in Noordwes gee vir jou die plaastroue gevoel met ‘n ietsie ekstra. Hul kleurskema van hul troue pas perfek in by die omliggende landskappe. Die bruidsmeisies se groen rokke, saam met Henkie se donkerblou troupak en Yoné se spierwit trourok pas só mooi bymekaar.
Wanneer dit kom by die pragtige troue se dekor is elemente van donker groen, blou en goud gebruik. Die kleure staan so mooi uit op die rou hout tafels van in die onthaal lokaal. Hul blom ontwerpe was meer simplisties met groen en tikseltjies wit tussen in.
Henkie het Yoné verras met ‘n wittebrood na Knysna in die Tuinroete. Knysna is ‘n populêre wittebrood bestemming vir Suid-Afrikaanse paartjies. Dit is as gevolg van die gebied se wêreldklas verblyf, oulike restaurante en pragtige natuurskoon.
Is jy opsoek na diensverskaffers wat jou droom troue ‘n realiteit kan maak? Dan moet jy Mooi Troues se Trougids besoek. Hier sal jy alles vind vir jou troue. Lees ook meer oor ons wittebrood resensies as jy opsoek is na die perfekte wittebrood bestemming.
Rol af om meer te lees oor die paartjie se pragtige selfdoen troue. Hulle het ook baie goeie advies vir paartjies wat besig is om hul troue te beplan, so moet dit nie mis nie.
Paartjie se Liefdesreis:
Die bruid en bruidegom het mekaar by ʼn 21st ontmoet. Die verhouding het na 3 maande se gesels begin. Yoné het in Potchefstroom gebly en Henkie in Springs. Vir ongeveer 6 maande was dit ʼn langafstand verhouding en einde 2018 het Yoné besluit om na Henkie toe te trek. Op 27 Julie 2020 het Henkie vir Yoné gevra om te trou, Yoné het absoluut niks vermoed nie en was uit die veld geslaan.
Die Verlowing Tydperk:
Ons het 27 Julie 2020 verloof geraak en op 11 September 2021 is ons getroud. Ons het elke aspek van ons troue self beplan.
Trou Begroting:
Ons het ongeveer begroot vir R100 000, maar het toe gedraai by ongeveer R150 000. Daar was 87 gaste by ons troue.
Raad aan paartjies:
Hou ALTYD ʼn geldjie een kant vir onvoorsiene omstandighede en indien jy oor jou begroting gaan onthou net, dis jou EEN spesiale dag en geniet net elke oomblik.
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir die bruid:
Die oomblik toe ek en my pa in die kerk afgestap kom en my man wag vir my met trane in sy oë.
Vir die bruidegom:
Die oomblik toe die deur oopgaan en ek sien my vrou in haar wit trourok.
Besluitnemingsproses:
Die bruid het die meerderheid van die besluite geneem, haha die bruidegom wou net die bruid gelukkig sien.
Paartjie se styl:
Ons styl was modern en tog redelik eenvoudig, minder-is-meer …
Yoné het ʼn wit trourok gedra van Bride en Co. Die styl was ʼn A-lyn.
Henkie se troupak was vlootblou en is gekoop en verstel by Eurosuit.
Die bruid se trouring is gemaak en ontwerp deur Marius by Diamonds en Pearls, die bruidegom het presies geweet waarvan die bruid sal hou. Die bruidegom se trouring is gemaak uit silwer juwele van die bruid en die goud in sy ring is gebruik van die bruid se ouma se ring.
Spesiale Tradisies:
Ons sou ons troue toeskryf as ʼn tradisionele troue. Bruid se pa het haar in die kerk in gebring. Die kousband en ruiker is gegooi en daar was ʼn pa en dogter en ma en seun dans gewees.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
As ons eerlik moet wees, elke liewe aspek van ons dag was perfek en presies soos ons dit wou hê.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Geniet elke liewe oomblik, elke liewe detail. Neem dit alles in … En geniet jou mooiste dag.
Dames:
Daar gaan veeleisende versoeke wees dalk van familie lede of vriende, jy gaan op ʼn stadium dalk voel jy weet nie meer watse kant toe nie. Onthou net, dis jou en jou aanstaande se spesiale dag, julle twee moet elke oomblik van die hele reis geniet.
Manne:
My raad is kort en kragtig, “happy wife, happy life”
Venue & Dekor:
Ons het gaan kyk na die venue en oor dit ʼn “alles ingesluit” pakket is en die dekor en tafels en stoele van ons keuse beskikbaar was vir ons om te gebruik het ons op die venue besluit.
Die inspirasie agter die troudekor was ons wou tog iets eenvoudig gehad het, maar wou ʼn stelling maak.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dis baie moeilik om dit te kies maar as ons iemand moet uitsonder:
- Beslis Nicky en haar span van Fatherland.
- Ons fotograaf (Bernelee du Plessis) en videograaf (Vlakvark Produksies)
Wittebrood:
Die wittebrood was tot die aand van die troue vir die bruid ʼn verrassing. Die bruidegom het die hele wittebrood self beplan en uit sy pad uit gegaan om dit spesiaal te maak. Ons het wittebrood gehou in Knysna.
Eerste Dans:
Ons het met ons eerste dans die dansvloer geopen toe ons in die saal instap na al die fotos geneem is. Die liedjie waarmee ons die dansvloer geopen het was “Ain’t met us yet” die liedjie het ʼn dieper betekenis vir ons altwee. Ons het glad nie vooraf geoefen nie en die dans daardie aand was absoluut spontaan.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Bernelee du Plessis Fotografie
- Venue + Blomme + Dekor: Fatherland Wedding Venue Estate
- Bruidegom-pak: Eurosuit
- Fotohokkie: Magic Mirror Memories Photobooth
- Grimering: Mienke Beckley Make up
- Hare: Swartz Hair & Beauty
- Juweliersware: Lovisa
- Platejoggie + Musiek: Infinity times infinity
- Skoene: OBD & Co + Vellie Boutique
- Strooimeisie-rokke: The Maiden
- Trourok: Bride & Co
- Trouring: Diamonds and Pearls Manufacturing Jewelry
- Troukoek: Lizl Scheepers
- Videograaf: Vlakvark Produksies
- Wittebrood plek: Elephant Hide of Knysna