In dié inskrywing deel ons Wihan en Elani se buitelug plaas verlowing fotosessie wat só mooi is. Omring deur die pragtige landskappe van ‘n wildsplaas en die oranje van die sagte skemer lig. Wihan en Elani het die fotosessie omtrent geniet. Die agtergrond vir die fotosessie was ook perfek. Jy sal ook hier en daar ‘n Zebra en Kameelperd in die agtergrond gewaar. Dit maak die fotosessie ekstra spesiaal.
Die rede hoekom die verlowing fotosessie belangrik is vir die paartjie was dit om hul verlowing in ewige prentjies vas te vang as ‘n herinnering.
Dan is daar ander redes waarom ‘n verlowing fotosessie eintlik baie belangrik is. Hierdie redes sluit in dat julle as paartjie meer gemaklik is voor die kamera vir jul troudag. Dit is ‘n baie goeie oefenlopie vir paartjies. Wanneer dit kom by jou troudag weet jy dan min of meer wat om te verwag van jou trou fotograaf. Opsoek na professionele trou fotograwe, besoek asseblief Mooi Troues se aanlyn trougids.
Rol af om meer te lees oor Elani en Wihan se liefdesreis tot dusver.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het op skool ontmoet en het in ons matriek jaar in 2015 begin uitgaan. Ons het vir 6 jaar uitgegaan en het op 27 Junie 2021 verloof geraak.
Die groot vraag:
Ons het van die begin af geweet ons is bedoel vir mekaar en dat ons sonder twyfel eendag gaan trou. Ek het verwag dat Wihan my dalk iewers in die jaar sal vra maar hy het my heeltemal omkant gevang met die verlowing. Op dié dag het ek niks verwag nie.
Ons sou die middag pizza en wyn saam twee van ons vriende gaan eet het langs die rivier. Hulle het ons kom oplaai en ons na die plekkie toe gevat. Ons het daar gekom en rustig onder die bome pizza geëet en wyn gedrink. Ek het niks vreemds vermoed nie. Hulle stel toe voor dat ons bietjie gaan stap . Soos wat ons stap bel my vriendin se sussie (sy het die huis se sleutel gekort) en ons vriende stel voor dat ek en Wihan solank moet aanstap, hulle sal weer by ons inval. Ek het op daardie stadium nogsteeds niks vermoed nie. Soos die son oor die koppies begin sak stap ons tussen die bosse deur en ewe skielik is daar ń hele piekniek opgestel. Hy vat my hand en sak op sy knieg neer. Uit my totale verbasing vra hy toe die groot vraag!
Hoekom ons mekaar liefhet:
Elani:
Een van my gunsteling eienskappe van Wihan is sy mooi hart en onvoorwaardelike liefde. Hy het my nog altyd, van die heel begin af met die grootste liefde hanteer.
Wihan:
Om een eienskap van haar uit te lig is onmoontlik. Want alles van haar is vir my perfek.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
8 Maande
Die verloofring:
Een van die redes hoekom ek glad nie die verlowing op die dag verwag het nie, is omrede ek en Wihan nog nooit eintlik oor my toekomstige verloofring gesels het nie. Hy het uit sy pad uit gegaan om die verlowing die grootste verassing ooit te maak. Hy het al die nodige inligting oor my droom ring by my beste vriendin gekry en van daar af het hy saam met die juwelier vir my die mooiste verloofring ontwerp.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wil die beste maak van ons verlowings tydperk en elke oomblik koester. Hierdie fotosessie was die perfekte geleentheid om herinneringe vas te vang van ‘n baie spesiale tyd in ons lewe wat ons vir altyd sal onthou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Aldus Smith Photography
- Fotosessie Venue: Lekwena Wildlife Estate
- Verloofring: Elri Diamante & Juwele