ʼn Goeie verhouding is gebaseer op ʼn sterk fondasie, van mekaar op bou en die steunpilaar wees by elke situasie. Dié pragtige paartjie se liefde word weerspieël deur hul romantiese buitelug verlowing fotosessie. Tiaan en Berdine en aanlyn ontmoet en die liefde sommer dadelik geblom. Vir Berdine staan Tiaan se hardwerkendheid en onvoorwaardelike liefde vir haar uit bo alles. Vir Tiaan is dit nou weer Berdine se konstante positiwiteit. Dié paartjie se liefde vir mekaar is só spesiaal en pragtig.
Tiaan en Berdine se romantiese buitelug verlowing fotosessie is een vir die boeke en was by die myn in Benoni. Hulle wou gaan vir ʼn baie romantiese en uit die boks benadering van styl. Die sleutel fokus van die verlowing fotosessie is Tiaan en Berdine, dit wys hulle pure liefde en kwesbaarheid aan mekaar.
Rol nou af en geniet meer van Tiaan en Berdine se romantiese buitelug verlowing fotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het op die “dating app” KOER ontmoet. Na ʼn week of so se gesels het Tiaan vir ons ʼn tafel by ʼn restaurant bespreek vir ons eerste afspraak. Hy het vir my by die tafel gewag met ʼn bos rose en van die staanspoor af was ons albei se doppies geklink.
Ons was 6 maande saam voor Tiaan die groot vraag gevra het.
Ons albei het sommer binne die eerste maand na ons ontmoeting geweet: “Hierdie is die een”
Die groot vraag:
Tiaan moes ʼn kursus in die Kaap gaan bywoon en ons het toe ʼn “roadtrip” daarvan gemaak. Ek het geweet dat die verlowing voorlê, maar ek het nie geweet wanneer dit sal gebeur nie. Tiaan het my “gewaarsku” dat die nie in die Kaap sal gebeur nie, want dit sal bloot te vanselfsprekend wees. Ons sou op Goeie Vrydag weer in die pad geval het na my ma in Wolmaransstad. Tiaan is wel nie baie goed met geheime nie en ek dink die opwinding was moontlik te groot, hy het toe net vir my genoem dat ek die Vrydag gemaklik maar mooi sal wil lyk en toe weet ek, hier kom dit nou. Hoe en waar was steeds ʼn geheim.
Hy het toe vir ons plek bespreek by Kagga Kamma en vir ons ʼn “quad excursion” bespreek vir die middag van ons aankoms. Omdat dit Paastyd was het ons gids gese ons gaan ʼn “scavenger hunt” hou. Ons het by 3 verskeie plekke gestop en moes koevertjies met leidrade soek. Aan die einde het ons die koevertjies terug gekry en moes kompeteer, rug teen rug, om te sien wie eerste die “puzzle” klaar gebou kry. Die “puzzle” het gelees “Will you Marry me?” en toe ek om draai was Tiaan op sy een knieg. Alhoewel ek dit verwag het, was dit so mooi en spesiaal. Kagga Kamma het ons bederf met ʼn piekniek tussen die rotse en later die aand weer met ʼn romantiese private ete. Ons is behoorlik bederf.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Berdine:
Tiaan se hardwerkendheid en onvoorwaardelike liefde vir my.
Tiaan:
Berdine se positiwiteit.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons gaan ʼn bietjie meer as ʼn jaar verloof wees, ons troudag is volgende jaar 23 April.
Die verloofring:
Ek het vir Tiaan fotos gestuur sodat hy weet waarvan ek hou, maar ek het nie geweet waarmee hy toe voortgegaan het nie. So dit was ʼn bietjie van beide.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Dit was ingesluit by ons pakket, maar ons wou elk geval ʼn verlowing sessie gedoen het vir verskeie redes. Om gemakliker voor die lens te raak, fotos vir ons huis en ook vir ons “onthou die datum” uitnodiging.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou iets gemaklik, romanties en uit die boks doen. Niks styf of formeel nie, dit moes oor ons gaan.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:
Ons is albei baie rustig, ek het bietjie agtergrond in die trou industrie, so Tiaan het basies die beplanning in my hande geplaas. Ons het saam op die venue en spyskaart besluit. Al ons verskaffers is reeds bespreek en die ander klein dingetjies vat ons dag vir dag.
Visie vir droomtroue:
Ons soek ʼn ontspanne, intieme, spesiale dag saam met ons naaste familie en vriende. Niks “over the top” nie. Op daardie dag wil ons net ons liefde en God se plan vier. Ons voel albei so geseën en dankbaar.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Willow Ray Photography
- Verloofring: V’dodili by Erika Cronje
- Grimering: Miss Jaydeekay