Rikus & Alicia se moderne troudag

In die inskrywing deel ons Rikus en Alicia se moderne troudag met so ʼn klassieke en baie stylvolle gevoel tot dit.  Hierdie is die perfekte kontras tussen ʼn ligte kleurskema en ʼn donker kleurskema.  Ons is gaande oor die gebruik van wit en swart elemente reg deur die troue.  Die strooimeisies en strooijonkers het ook baie deftig gelyk in hul swart en wit uitrustings.

Die trouvenue se wit mure met die pragtige kombinasie van vars en droë blomme ontwerpe trek onmiddellik mens se aandag.  Met die blom ontwerpe wat van hoog uit die dak hang, maak dit die spasie baie interessant en skep die gevoel van spasie en meer hoogte.

Troudekor elemente wat vir ons uitgestaan het is die swart borde en kerse.  Met tikseltjies goue elemente soos die eetgerei gee dit die troue ʼn baie elegante gevoel.  Hierdie paartjie se moderne troudag bied soveel trou inspirasie vir paartjies wat trou idees soek vir ʼn meer moderne styl vir hul troue.

ʼn Troudag soos hierdie is nie moontlik sonder fantastiese diensverskaffers nie.  Indien jy opsoek is na diensverskaffers vir jou troudag, klik hier om Mooi Troues se Trougids te besoek.  Lees meer oor Rikus en Alicia se moderne troudag en hul liefdesreis hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en my man het mekaar by die crossfit gym ontmoet.  My man het my gevra om met hom te trou in ons 6de jaar van saam wees.  Hy het my met ʼn naweek weg verras by Rosemary Hill waar hy gereël het met ons ouers om ons daar te ontmoet vir die verlowing.  Hy het vir my gesê ons gaan ʼn piekniek saam geniet vir ontbyt in die doolhof. Terwyl ons besig was met die piekniek het hy om een knieg neer gesak en my gevra, waarna ons ouers uit die bosse verskyn het en die dag saam met ons gevier het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons het besluit om ons eie persoonlike geloftes vir mekaar te lees, voor die seremonie in privaat, maar ons het mekaar nie gesien nie.  Dit het baie druk van ons afgehaal, om dit voor ʼn groep mense te lees wat mens net meer op mens se senuwees maak en dan nie regtig luister na wat daar gesê word nie.  Dit was vir ons albei die merkwaardigste deel van die dag.  Ons het nogsteeds tradisionele geloftes toe voor ons familie en vriende gesê.

Die Verlowing Tydperk:


Van ons verlowing tot ons troudag was 8 maande.  Ek en my man het al die beplanning self gedoen.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was +- R80,000 vir 30 gaste.  Op die ou einde het ons gegaan met 50 gaste omrede van die Kovid-19 beperkings bietjie gelig was en ons meer mense kon nooi en dit het dan ook die begroting so bietjie verder gerek.

Ons advies is, om die dinge te kies en te doen wat julle as paartjie graag wil hê, moet nie luister vir ander mense se opinies as dit nie is wat julle wil hê nie.

Paartjie se styl:


Ons styl is baie meer modern en minimalisties. Jy kan dit sien in my trourok, wat baie eenvoudig en tog elegant was en die bruidegom se troupak was alles swart.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

Probeer sover moontlik jou droom ʼn realiteit maak. Moet jou nie aan teveel mense se opinies steur nie en doen wat jou gelukkig maak.

Bruidegomme:

Help jou toekomstige vrou.  Al reël jy net die wittebrood en haal daardie stres van haar rug af.  Sy hoef net te weet of dit geboek is of nie.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid en bruidegom het al die besluite saam geneem.  Geen familie of vriende was deel nie, omrede ons gevoel het dis ons dag en ons betaal vir alles, en ons wou nie gehad het ander opinies moet ons laat twyfel oor ons besluite nie (want almal se style en idees verskil van joune).

Venue & Dekor:


Ons stunning trouvenue Hello Timber is baie modern en simplisties en ons trou tema was baie geskep om die voorkoms van die venue.  Goud, Wit en Swart.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons venue het ons troudekor gedoen en ook die trou gekoördineer op die troudag.  Jeanelle was fantasties met dit alles, sy het ons so gemaklik en kalm laat voel, ons was oor niks bekommerd nie want sy het alles net laat mooi loop en seker gemaak dat die bruid en bruidegom die heeltyd ietsie het om te drink en eet terwyl al die formaliteite uitgevoer was.

Ons fotograaf en videograaf was net só wonderlik.  Hulle het ons baie gemaklik laat voel en die heeltyd gehelp waar dit nodig was.

Eerste Dans:


Ons het ons eerste dans gedoen met die inkom slag van die paartjie, voor enige van die formaliteite begin het.  Liedjie keuse was Russel Dickerson se “Yours”. Ek en my man is groot country musiek aanhangers en dit is nog altyd een van ons gunsteling liedjies.  Ons het nie vir danslesse gegaan nie en dit net op ʼn gemaklike stadige “two-step” gedans.

Wittebrood:


Ons was na Wolwehoek toe in Montagu.  Ons was weg van die wêreld en alles vir 2 weke, sonder sein of enige menslike interaksie.  Dit was presies wat ons as paartjie nodig gehad het na die oploop van die troue wat partykeer baie drama en stres kan veroorsaak.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: