Rhyll & Janné se oulike woud verlowing fotosessie

Rhyll en Janné se oulike verlowing fotosessie in die woud is iets besonders.  Bome en veld is die agtergrond gewees van Janné en Rhyll se fotosessie.  Ons is gaande oor hoe die sonlig geval het in die fotosessie deur die dennebome. Dit is wat ʼn mens prentjie mooi noem.  Jy kan sien die paartjie het die fotosessie gate uit geniet.  Janné vertel ook dat hul albei baie hou van diere en dit net een van die baie redes is hoekom hulle mekaar baie liefhet.

Paartjies wonder altyd wat hulle moet doen vir hul verlowing fotosessie.  Dit hang alles af.  As dit ʼn verrassing is, moet dit baie goed beplan word en die fotograaf moet ook so ingelig word.  Indien julle as paartjie klaar verloof is en baie graag die ʼn fotosessie wil hê as herinneringe is dit bietjie makliker.  Julle moet dan besluit op ʼn ligging wat spesiaal is vir julle.  Dit hoef nie ʼn plek te wees met sentimentele herinneringe nie, maar kan ook net ʼn agtergrond wees waarvan jul albei baie hou.

Opsoek na inspirasie vir jou verlowing fotosessie?  Lees meer onder Mooi Troues se verlowing kategorie vir tonne inspirasie.  Om meer te lees oor Rhyll en Janné se liefdesreis en hoe Rhyll vir Janné die groot vraag gevra het asook om meer foto’s te sien van hul woud verlowing fotosessie, rol af.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Rhyll het mekaar vir die eerste keer ontmoet in die kleuterskool.  Ons bly ook al vir die afgelope 17 jaar twee huise van mekaar af.  Albei van ons was in dieselfde laerskool en hoërskool, maar het eers met ons matriekafskeid-aand eintlik begin gesels met mekaar.  Ons het nog altyd van mekaar geweet en was vriendelik, maar nie vriende nie.  Ons het na skool ʼn verhouding begin en was amper 5 jaar saam toe hy my vra om te trou.

Die groot vraag:


Ons het al in die verlede gepraat oor verloof word, maar het bespreek om eers te wag tot ons albei klaar studeer het.  Ek wou wag tot ons meer selfstandig kon wees, maar in sy woorde kon hy “dit nie meer inhou nie” en het hy my verras.  Hy het my op Kersdag gevra toe ons gaan kuier het saam sy pa by hulle vakansiehuis op Prince’s Grant.  Ek is mal oor die bos/woud so hy het my gevat op ʼn uitstappie tussen die bome toe hy my vra.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Janné (van Rhyll):

Dat hy so opgewonde raak soos ek oor diere. Veral as ons hulle onverwags opmerk, soos ʼn hond in ʼn kar of ʼn kat in die straat. Hy raak ook nie vies wanneer ek alles probeer red en dan huil wanneer hulle doodgaan nie (al gebeur dit te veel).

Dat hy my beste vriend is.

Rhyll (van Janné):

Dat sy my versorg wanneer ek siek is en dat sy vir my onverwags kouse koop.

Ek moet altyd my oë toemaak wanneer sy vir my iets gekoop het, selfs al is dit net ʼn sweetie.

Dat sy my drukkies gee van agter af wanneer ek besig is met iets.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ek wou nog nooit lank verloof gewees het nie (1 jr. maksimum), maar omdat ons moet wag om klaar te studeer gaan ons 2 jaar en 2 maande verloof wees voor ons troudag.

Die verloofring:


Rhyll het self die verloofring uitgekies.  Die steen is ʼn blou topaas wat een van my geboorte stene is.  Die styl komplementeer my vinger mooi en ek sou nooit die ring vir myself gekies het nie.  Ek was, en steeds is, baie beïndruk.

Visie vir droomtroue:


Ons droom troue sal tussen die bome plaasvind en ons kleurskema is baie aards.  Ons wil net graag die hele ondervinding geniet en deel met die mense naaste aan ons.  Dit moet onvergeetlik wees.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]