Raiken en Yolandi se elegante verlowing fotosessie is prentjie mooi en bied tonne inspirasie vir paartjies wat hul verlowing fotosessie beplan. Die inspirasie agter die fotosessie was om ʼn elegant en formele tema. Yolandi en Raiken se formele uitrustings staan so mooi uit in kontras met die agtergrond.
Raiken se donkerblou pak pas so mooi by Yolandi se sagte pienk rok wat sy aanhet. Die sagte sonsak lig gee die foto’s ʼn sagte en baie romantiese gevoel wat perfek pas by ʼn verlowing fotosessie. Met die rivier en skakerings van bruin bossies in die agtergrond, laat dit die paartjie so mooi uitstaan met hul blou en pienk uitrustings.
Die rede vir die verlowing fotosessie was om mooi foto’s te kry vir hul onthou-die-datum kaartjies. Daar is soveel redes hoekom ʼn verlowing fotosessie belangrik is. Baie paartjies is opsoek na mooi verlowing foto’s vir hul trou webtuiste, trou uitnodigings, of net vir mooi herinneringe.
Rol af om meer te lees oor Raiken en Yolandi se elegante verlowing fotosessie hieronder.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Raiken het my willekeurig genooi op Facebook. Maande na die het hy iets op Facebook gesit wat ek “gelike” het. Daarna het ons begin praat in Junie 2014. Hy het my ʼn paar keer genooi vir koffie, maar ek het altyd probeer ʼn volgende verskoning uitdink hoekom ek nie kon. Uiteindelik het ek ingegee en vir ʼn drankie saam hom gegaan. Daarna het 1 kuier 2 geword en 2 het 3 geword en die res is geskiedenis … 16 Augustus 2014 het Raiken my gevra om sy meisie te wees.
Dis waar ons avontuur van 6 jaar en 2 maande saam begin het voor my verloofde die groot vraag gevra het. Daar was geen sprake van wanneer die verlowing sou gebeur. Alhoewel ek seine en skimpe gegooi het na sy kant toe. Maar ek wou dus ook glad nie weet wanneer enige iets gebeur of deel wees van ring soek of aanpas.
Die groot vraag:
Die naweek van 10 Oktober 2020 was my verloofde oppad terug. Ons het besluit om na my Ouers se huis in Graskop te gaan vir ʼn lekker wegbreek naweek. Ons was saam vriende en my sussie, omdat ons my ouers ook maande laas gesien het. My verloofde se plan was om my by die watervalle die groot vraag te vra, maar die weer het nie so mooi uitgespeel nie. Die aand het ons besluit om ʼn drankie te gaan drink by “Divine Foods at the view”. Dit het gereën, was mistig en bitter koud. Hier vra Raiken hy wil ʼn foto gaan neem van ons op die wal en sy vriend moet saam.
Eers het ek teen dit gestry want hoekom wil enige mens nou ʼn foto in die mislike weer gaan neem? Uiteindelik het ek ingegee en saam hom gestap. Ek het voor gestap en hy en sy vriend agter my. Toe ons teen die wal kom waar hy foto wou neem, en ek omdraai toe is my verloofde neer op een knieg en het my die groot vraag gevra. Sonder twyfel en sonder om eens na die ring te kyk het ek hom amper bo-oor gespring en was omring met liefde en trane. Dit het hom 6 jaar gevat, maar was absoluut elke oomblik se wag werd en vir ʼn beter man sou ek nie kon vra.
Die plek van verlowing was prentjie mooi en perfek en ek het absoluut almal daar gehad om dit saam my te vier wat ek wou. My ouers, sussie en vriend het binne restaurant gesit en deur venster gekyk, waar ons ander vriend saam ons was om video te neem.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons is al reeds 1 jaar en 1 maand verloof. Daar is nog 1 maand oor voor ons Spesiale dag. Daar was wel geen beplanning rondom hoe lank. Ons het alles dag vir dag gevat a.g.v. die groot impak wat KOVID-19 ook maar finansieel op ons gehad het, en so ook in die trou bedryf.
Die verloofring:
Absoluut alles was ʼn verassing. Vanaf die ontwerp van die verloofring tot net die idee van verloof raak. Raiken het alhoewel in die 6 jaar geleer wat my styl is en ek het ook paar voorbeelde aangestuur na hom en fotos gewys.
So het hy sy eie manier gesoek om die perfekte verloofring vir my te ontwerp wat die perfekte grote en styl is sonder dat ek enige iets agter kom. Dis waar hy en die ontwerper se plan rondom die ontwerp van die ring begin het.
ʼn Geheime kompetisie
Ralph Jacobs het kontak met my gemaak op 2 September 2020 en gesê dat ek een van 30 meisies is wat gekies is om te help met idees rondom ʼn nuwe reeks sodat hulle onder andere hulle lojale aanhangers op hul Facebook blad kan teiken. Ek volg hulle blad op Facebook al vir ʼn rukkie, so daar was niks snaaks daaraan vir my nie. Ek moes dus 3 van Ralph Jacobs se top ontwerpe stuur wat vir my mooi is, sodat hulle kon bepaal onder die aanhangers wat die top ontwerpe is. Daarna moes ek ingaan om my ring grote te bepaal, omdat ek onder andere ʼn gekose kandidaat was vir ʼn kompetisie waar ek ʼn verloof ring kon wen. Alles deel van my verloofde se slim plan.
Dis basies waar ek my sussie en vriendin gesê het dat ek dink Raiken gaan die groot vraag vra, omdat ek 2 weke later sou deur gaan KZN toe na hom en hy ʼn spesiale gastehuis geboek het ens. My sussie het my gesê dat sy wil nie weer hieroor praat, want ek verwag altyd alles en dan gebeur niks, LOL. So sy het gesê gaan en kom terug en dan praat ons. Ek was 2 weke later Umhlanga toe en in die mooiste gaste kamer ingestap met roos blare orals en kerse, champagne, en net alles. Ek het heeltyd gewag vir hom om te vra. Daardie Sondag terug gevlieg en toe ek land ʼn foto aan my vriendin en sussie gestuur my hand met geen verloofring. Ons het daarna nooit weer gepraat oor verlowing, ringe of enige iets..
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons het net na verlowing in 2020 ons eintlike verlowings fotosessie gehad waar fotos gebruik was vir “SAVE THE DATE” en sou ook gebruik gemaak het daarvan vir finale trou uitnodiging … maar intussen het ons datum geskuif vanaf Augustus 2021 na Desember 2021 en trouvenue het ook verander, Dus het die hele styl van donker en rustiek na elegant en sag verander. So ʼn nuwe fotosessie was nodig, want vorige fotosessie van 2020 was niks in vergelyking met wat ons nou in gedagte gehad het nie.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou sag, elegant en formeel gaan met verlowing fotosessie. Ons het vreeslik gesukkel vir die perfekte styl, totdat ek (Landi) op “Silver Swallow” afgekom het en na hulle reeks van rokke begin kyk het. Ek het my oog op die stunning bloos pienk rok gehad. Van daar af het alles verder net in plek geval. Ons fotograaf het die perfekte plekkie in gedagte gehad. Dit was werklik net stunning en absoluut die moeite werd gewees.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons verwagtinge was veels groter as ons vrese. En dus sal ek se dat die verlowings tydperk vir ons ook een van die moeilikste maar ook maklikste was. Ons het mekaar dieper leer ken. Ons het mekaar se breek punte gesien en beleef wat werklik ʼn verhouding op nuwe terme toets. Maar ons het nie toegelaat dat die finansiële stres, emosies en opbouende druk wat saam die beplanning gepaard gaan ons verhouding met mekaar beïnvloed nie.
Visie vir droomtroue:
Ons troue is elegant, sag, bietjie BOHO maar ook vloeiend. Baie palm boom blare en pampas met orgideë en verskillende blomme. Dit is gebaseer op ʼn “Cocktail Party” meer as ʼn “sit-down/reception” troue.
Ons idee van die troue was om ʼn lekker gevoel te skep vir gaste waar hulle hulself kan geniet. Hulle kan uit hul boksies klim deur nie spesifieke goed aan tye te verbind.
Ons was by so baie troues waar als op ʼn sekere tyd gebeur en sodra jy jouself vind is dit 10uur/ half 11 die aand. Dan begin die lekker kuier eers en teen daardie tyd wil sekere gaste al gaan. Jy is moeg en gedaan en deel nie saam in die groot kuier. Ons wil nie daardie gevoel skep nie. En dus doen ons ʼn seremonie en daarna maak ons glad nie gebruik van ʼn onthaal nie. Sal dus net canapé doen reg deur die aand waar mense kan eet, kuier, dans. Hulle kan net gaan soos hulle wil en goed voel. Maar ter selfde tyd het hulle ook ʼn lekker tyd ook ervaar.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
Absoluut. KOVID-19 is die rede dat ons die gastelys moes sny vanaf 80 gaste na 50. Dit was die moeilikste oomblik van die beplanning. A.g.v. omdat ons werklik elke persoon na aan ons hart daar sal wil hê. Maar is dit ongelukkig nie moontlik nie. Daar is ook onophoudende stres wat saam KOVID-19 hardloop omdat daar die heeltyd 1 miljoen vrae gevra word. Alles wat gebeur en gereël word, word rondom KOVID-19 bepaal. Dit maak dit bitter moeilik om ʼn troue te reël met ʼn pandemie soos die omdat so baie in ag geneem moet word.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Kyla Lottering Photography
- Fotosessie Venue: Willow Creek Wedding and Conference Venue
- Verloofring: Ralph Jacobs
- Rok: Silver Swallow Design