Jacques & Cherise se natuurskoon verlowing fotosessie

Ons deel met julle Jacques en Cherise se natuurskoon verlowing fotosessie op Clarence Drive  net buitekant Gordonsbaai.  Hierdie hoërskool liefdes is al oor die ses en ‘n half jaar saam toe hulle verloof geraak het.  Dié paartjie is albei natuurliefhebbers en daarom was die ligging perfek vir hul verlowing fotosessie.  Omring met majestueuse berge en die mooi blou see.

Hulle het so spontaan gelyk in hul oulike uitrustings.  Cherise se foto’s met die hoed op het net daai tikseltjie elegansie tot die fotosessie gebring.  Jy kon Jacques en Cherise het baie pret gehad en was lekker gemaklik voor die kamera.

Beplan jy ‘n verlowing fotosessie?  Klik hier om tonne inspirasie te vind op Mooi Troues.  Ons het al honderde paartjies se mooi verlowing fotosessies gedeel.  So kan jy ‘n stresvrye fotosessie beplan met Mooi Troues.   Opsoek na professionele grimeerkunstenaars en haarstilis of fotograaf vir jul eie verlowing fotosessie?  Besoek asseblief Mooi Troues se trougids deur hier te klik.

Vir meer oor Jacques en Cherise se liefdesreis en foto’s van hul natuurskoon verlowing fotosessie, rol af.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het in matriek begin uitgaan en was 6 en ‘n half jaar saam voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Die verlowing het op ‘n wynplaas in Stellenbosch plaas gevind in Julie 2021.  Dit was ‘n romantiese piekniek langs ‘n dam met die berge in die agtergrond.  Al het ons reeds ons trou venue bespreek was die verlowing steeds ‘n verrassing.  Jacques het vir Cherise na ‘n kastige werk-braai toe genooi wat toe in ‘n verlowings verrassing uitgedraai het.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Cherise hou van Jacques se goeie sin vir humor en sy uitstekende kosmaak vaardighede.

Jacques admireer Cherise se toewyding, hardwerkendheid en deursettingsvermoë met haar werk.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


6 maande.

Die verloofring:


Die verloofring en troupant is albei vanaf ‘n erf-ring “remodel”.  Cherise het die styl van die verloofring uitgekies asook die snit van die Morganiet steen.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is al twee lief vir die natuur en berge.  Die kuspad langs Gordonsbaai af is een van die mooiste dele van die Wes-Kaap vir ons.  Ons het baie goeie herinneringe daar geskep wat die ligging geskik gemaak het vir die spesiale fotosessie.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]