Esjee & Ashleigh se tydlose klassieke bruilof

In die artikel deel Mooi Troues die liefdes verhaal van Esjee en Ashleigh.  Van verloof to gelukkig getroud.  Esjee en Ashleigh se pret verlowing fotosessie was tevore op Mooi Troues gepubliseer en nou het ons die kans om die uitstekende bruidspaar se trou dag ook te kan geniet en met ons lesers te deel.

Dié bruidspaar se belangrikste aspekte van hul groot dag is kos, musiek en fotografie.  Esjee en Ashleigh se tydlose klassieke bruilof is die definisie van liefde in oorvloed en styl.  Esjee pronk is sy vlootblou troupak, terwyl Ashleigh spog in haar klassieke trourok.  Dié bruidspaar het mooi hul tema reg deur hul bruilof gedra.  Die trou dekor van die tydlose klassieke bruilof speel met kleur van blou, wit, pienk en groenigheid met ʼn protea as die hoof tema van hul trou dekor.

Dié tydlose klassieke bruilof is nie net stylvol nie, maar emosioneel en rou.  Met soveel liefde in een omgewing moet die gevoelens soms in die vorm van trane uit kom. Esjee en Ashleigh het bygedra tot die atmosfeer om ʼn tafel uit te sit wat belangrike mense eer wat ongelukkig nie meer hier is nie.

Rol nou af en geniet meer van Esjee en Ashleigh se tydlose klassieke bruilof.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het deur my (Esjee) sussie ontmoet by ʼn vriend se verjaarsdag partytjie.  Esjee het vir Ashleigh verras met ʼn reis Kaapstad toe vir haar verjaarsdag.  Hy het die hele vakansie beplan om haar die beste van die Moederstad te wys, aangesien dit haar eerste keer daar was.  Met ʼn “roadtrip” wat by Muizenberg begin het al om Kaap-punt, het hy haar by Chapman’s Peak die groot vraag gevra.  Ashleigh se nooiens van is Chapman en Esjee het gedink haar 1ste keer by Chapman’s Peak, gaan ook haar laaste keer as ʼn Chapman wees.  Die sprokies dag het ge-eindig bo-op Tafelberg.

Verlowing Tydperk:


Die aanvanklike verlowing tydperk sou 1jaar en 6maande wees, maar met die KOVID-pandemie het ons trou datum 3 keer verander.  Ons was toe vir 2 jaar-en-4 maande verloof.  Ons het ons troue self beplan sonder die hulp van ʼn beplanner.

Trou Begroting:


  1. R200 000 (sonder die wittebrood)
  2. Die KOVID-pandemie het baie gehelp omdat ons die gastelys aansienlik gesny het. Ons het 92 gaste by ons trou-dag gehad.
  3. Kies 3 dinge wat vir julle belangrik is.  Vir ons was dit: Kos, musiek en die fotograaf.  Kos en musiek is wat mense onthou van ʼn troue, die fotograaf is belangrik want die fotos is die belangrikste herinneringe vir jou van die dag.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ashleigh:

Dis baie moeilik om net 1 oomblik te kies, …

Esjee:

 …. Die oomblik toe die Kapel se deure oopgemaak het en ek vir Ashleigh gesien het.

Paartjie se styl:


Klassiek en eenvoudig.  Die trourok van ʼn a-lyn rok met ʼn “sweetheart” nek-lyn.  Esjee se troupak was net vlootblou met ʼn strikdas.

Ashleigh se troupand het sy self ontwerp, wat net 16 klein diamante in platinum is.  Esjee het Ashleigh se verlowings-ring self ontwerp wat ʼn ovaal-diamant het.  Esjee se ring is uit koolstofvesel gemaak wat hy ook self ontwerp het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die dag was te kort a.g.v. die KOVID regulasies.  Indien daar iets verkeerd geloop het, het hulle dit baie goed vir ons weggesteek.

Die Besluitnemingsproses:


Meeste van die besluite was saam geneem.  Ons het gereeld met ons ouers van die besluite bespreek as ons nie seker was wat om te doen nie.

Spesiale Tradisies:


Ons het ʼn “memory stand” gehad met fotos van al die mense wat nie by die troue kon wees nie, omdat hulle nie meer met ons is nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

“Don’t sweat the small stuff.” Die gaste weet nie as iets nie op die regte plek is nie, so moet nie daaroor stres nie.  Die enigste ding wat eintlik saak maak, is dat jy met jou beste vriend trou.

Bruidegom:

Kies jou gevolg baie versigtig.  Hulle speel ʼn groot rol in die dag.  Jy moet seker maak dis mense wat jou kan rustig hou en betyds by die kansel kry.

P.S.

Maak seker jy eet voor die troue. Verkieslik ʼn platter wat baie stysel het, soos pasteie of vetkoekies.  Dit word ʼn lang aand wat jy wil onthou, en die “canapes” is vir die gaste.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja dit het.  Ons moes die trou datum 3 keer verander.  Moes 55 mense van die gaste lys sny.  Die “party deel” van die troue was baie kort a.g.v. die aandklokreël.

Wittebrood:


A.g.v. KOVID kon ons nog nie op wittebrood gaan nie.  Ashleigh weet nogsteeds nie wat die bestemming is nie.

Vermaak:


Platejoggie – verskaf deur die venue – Marcelle Delport

Venue & Dekor:


Ons het ʼn naweek gevat en na 15 venues gaan kyk in die 2 dae!  Na elke venue het ons gesit en ʼn “vir-en-teen” lys gemaak, voor ons na die volgende een gery het.  Die 1ste trouvenue het gewen.

Met die troudekor wou ons dit so eenvoudig as moontlik doen, maar met proteas en die kleure as die “hoof tema”.

Gunsteling Diensverskaffers:


Fotograaf – Ferngreen Photography en  Venue – Lavandou.  Ons kan nie tussen die kies nie omdat altwee hierdie verskaffers ons baie gehelp het in hierdie onvoorspelbare tyd waarin ons getrou het.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op Bobby van Jaarsveld se Net ʼn Man.  Die liedjie het ʼn baie spesiale betekenis vir ons.  Ons het nie vir lesse gegaan nie. Het self ʼn roetine in ons motorhuis uitgewerk.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]