Christi & Estelle se klassieke selfdoen bruilof

Soos al gesê was, gedeelde vreugde is dubbele vreugde, só is dit om jou lewe met jou lewensmaat te spandeer. In dié artikel van Mooi Troues deel ons Christi en Estelle se klassieke selfdoen bruilof.

Christi en Estelle spog met hul selfdoen troue wat ‘n baie eenvoudige en stylvolle benadering aan gevat het.  Die trou dekor speel met kleure van blou, wit en klomp groenigheid, wat gekomplimenteer word met pragtige wit blomme rangskikkings en lang swart kerse op die tafels.  Boonop die uitstekende trou dekor staan dié bruidspaar uit in hul troudrag.  Estelle spog met haar stylvolle wit trourok terwyl Christi pronk in sy vlootblou troupak.

Christi en Estelle se klassieke selfdoen bruilof is definitief iets vir die oog en al die spesiale oomblikke was deur Helene Viljoen Photography vas gevang.  Die fotografie beeld perfek al die emosies van die bruidspaar en al hul gaste.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Rol nou af en geniet dié klassieke selfdoen bruilof.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet in Struisbaai een jaar in die April vakansie.  Ons het mekaar eintlik mekaar vooraf geken, maar ons was nie regtig vriende nie.  Vir 4 jaar het ons uitgegaan voor Christi my gevra het om te trou.  Dit was die grootste verrassing nog ooit.  Ek het dit glad nie verwag nie.  Dit was so spesiaal want my ouers en gesin het weggekruip om my te verras.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 11 maande verloof voordat ons getrou het.  Nee, ek het nie ʼn trou beplanner gehad nie, ek het alles self gedoen.  Ek het bietjie hulp gehad van my ma en my skoonma, maar verder het ek alles op my eie gedoen, met die hulp van Pinterest natuurlik.

Trou Begroting:


Ons begroting was R100 000 en ons het net net daarby gehou.  Ons het aanvanklik 148 gaste genooi, maar weens die KOVID-19 regulasies het ons 116 gaste by die onthaal gehad.

Advies:

Dink mooi vooraf wat vir jou belangrik is en sny by die goed wat minder belangrik is.

Merkwaardigste Oomblikke:


Sjoe, die mooiste gedeelte van die dag was toe ek en my pa in die kerk se paadjie afgestap het.  Ek weet nie wie het die meeste gehuil nie, ek of my pa nie. en ook om toe ek vir Christi sien daar voor met sy oë vol trane.  Vir Christi was die lekkerste gedeelte van die dag om in te stap by die onthaal, hand aan hand en om te hoor “Verwelkom asb Mnr en Mev Smith”.

Paartjie se styl:


Ons het nie ‘n spesifieke styl nie.  Ons altwee is baie plat op die aarde mense en hou van dinge eenvoudige.  My trourok was baie eenvoudige gewees maar tog baie klassiek en stylvol.  Vir Christi het die net gegaan oor die regte kleur, vlootblou en dat hy gemaklik moer voel in sy troupak.  Ons trouringe het eerlikwaar net gegaan oor wat lyk die beste by ons.  Ek wou net gehad het my ring moet tydloos wees en nie oor ‘n paar jaar uit die mode uit wees nie.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid natuurlik.  My man het al die besluite in my hande gelos.  Hy het gesê: “Jy weet mos hoe jy dit wil hê.”  Hy het natuurlik met tye my gehelp met sekere by besluite.

Ons albei se families was baie betrokke gewees, maar dit is hoe ons dit wou gehad het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Definitief my fotograaf!  Sy was uitstekend.  Asook my platejoggie, hy was baie goed gewees.

Eerste Dans:


Die eerste dans was só spesiaal.  Ons het net ‘n mooi liedjie gekies en met ‘n lekker vasdans ritme.  Ons het nie ‘n spesiale dansie gehad nie en het net gedans soos wat ons altyd doen.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid se advies:

Wees net rustig ten alle tye, moenie oorhaastige besluite neem nie.  Vat jou tyd en dink mooi oor wat is vir jou belangrik.  Onthou daar sal altyd mense wees wat kritiseer, solank jy doen wat jou gelukkig maak, kan niemand jou onder kry nie.

Bruidegom se advies:

Geniet elke oomblik.  Maak tyd deur die loop van die aand om net alles in te neem want dit gaan so gou verby.

Venue & Dekor:


Die trouvenue was maklik gewees.  Christi se tannie besit die venue waar ons getrou het en die saal se grootte was perfek.  Ons wou ʼn trouvenue gehad het wat lekker naby was vir al ons gaste.  Ons het gekies om in Rawsonville te trou, omdat meeste van ons gaste daarvandaan kom.

My troudekor inspirasie het ek gekry op Pinterest.  Dit het my ‘n paar maande gevat om die regte goed te kies.  Ek wou gaan met ‘n tydlose voorkoms en ook met ‘n tikseltjie Delft.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, dit het so bietjie van ‘n effek op ons troue gehad, maar ook nie regtig nie.  Ons hoef darem nie die troue uit geskuif nie.  Al wat ons geaffekteer het was die aandklok-reël.

Vermaak:


Ons het nie regte vermaak gehad by die troue nie.  Die platejoggie het musiek gespeel vir ons gaste.  Ons het pre-drinks gehad, wat ʼn gin kelkie was en ook dan vingerhappies.  Die seremoniemeester het gesorg vir ‘n grappie hier-en-daar.

Wittebrood:


Ons wou aanvanklik oorsee gaan, dalk Mauritius.  Maar toe kom die hele KOVID-19 ding mos en ons was bietjie skrikkerig om land uit te gaan, toe besluit ons om bietjie van ons land se mooi toeriste bestemmings te besoek.  Ons was toe in Botrivier en Hermanus.

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: