Mooi Troues deel in dié artikel die pragtige selfdoen sjarmante bruilof van Stephan en Danelle wat gevier was in Bloemfontein. Dié sjarmante bruidspaar was vir so ongeveer 9 maande verloof en het ʼn pragtige pandemie troue gevier.
Stephan en Danelle het met hul selfdoen sjarmante bruilof ʼn baie skoon en stylvolle benadering aangevat. Dié troue spog met ʼn baie neutrale palet en elegante trou dekor met kleure van goud en wit. As dit kom by die middelpunt van al die gaste se aandag het Stephan en Danelle gespog met hul elegante troudag.
Stephan en Danelle se selfdoen troue was gehou by die pragtige trouvenue, in Bloemfontein. Dié trou venue het Stephan en Danelle se visie oor hul grootdag voort gebring. Al was dié bruilof geaffekteer deur Kovid-19 het Stephan en Danelle steeds soveel liefde en ondersteuning ervaar.
Rol nou af en geniet Stephan en Danelle se selfdoen sjarmante bruilof.
Paartjie se Liefdesreis:
Stephan was eers vriende met my sussie gewees. Ek, my sussie en ʼn vriendin vat hom toe vir ʼn melkskommel vir sy verjaarsdag. Ons loop mekaar by verskeie skool geleenthede raak en begin gesels en so bou ons, ons verhouding. Hy vra my om sy meisie te wees 16 April 2011. Ons word verloof in die Kaap 22 Desember 2020 op Skilpadvlei Wynplaas na ʼn wynproe op groen gras met pragtige uitsig rondom ons.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 9 maande verloof en het ʼn “pandemie” troue gehad 4 September 2021. Ek dink nie baie mense kan dit sê nie. Ek het sover as wat ek kon alles probeer reël. Gelukkig het ek baie hulp gehad van verskeie besighede in Bloemfontein met my blomme, beligting en dekor.
Trou Begroting:
Ons begroting met hulp van my ouers was R150 000, maar dit het ongelukkig oor die begroting gegaan.
Ons het 100 mense gehad wat ons spesiale oomblik saam ons gedeel het. My raad is nooi net die belangrikste, spesiale mense in julle lewe. Ons is so bevoorreg gewees om meeste van ons vriende en familie te kon nooi. Ons het die mense gemis wat nie daar kon wees a.g.v. beperkings en regulasies.
Merkwaardigste Oomblikke:
Dit was ʼn besonderse spesiale dag in ons altwee se lewe. Daar is ʼn paar oomblikke wat vir my baie spesiaal was. Ek wou nie huil voor die diens nie en het besluit om eerder weg te kruip agter die gordyn en my pa skrik te probeer maak. My niggie kon nie my troue bywoon nie omdat SA op die rooi lys was in die tydperk. Ek het haar gebel op “Whatsapp Video Call”. Ons het saam lekker gehuil. Sy oor my en ek oor haar. Die oomblik wat ek afstap na my man was besonders ek het probeer glimlag, maar die trane het my oorheers. Die oomblik was te groot. Ek het my Oupa verloor so meer as ʼn jaar terug en het nie my ruiker gegooi nie. Ek het my ruiker by my Oupa se foto gaan neersit en ʼn kers vir hom aangesteek.
Paartjie se styl:
Ons het van die skoon en elegante styl gehou en dit orals in die troue inkorporeer.
Die Besluitnemingsproses:
Ek as die bruid het meeste van die finale reëlings geneem. Ek dink mens hoor altyd by familie en vriende wat moontlik hulle opinie mag wees en ʼn mens kan altyd na raad luister, maar op die einde van die dag moes ek self besluit wat ek wou doen en hoe ek dit wou doen.
Vermaak:
Ons het ‘n Gin Bar met“ Lawn Games” gehad vir die gaste vir vermaak. Ons het ook ʼn Oes Tafel gehad met lekker versnaperings.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Elke oomblik was vir my besonders gewees in sy unieke manier. Ek sou nie sê dat daar nie ʼn perfekte oomblik was nie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid advies:
Maak ʼn lys van alles wat jy wil doen en moet doen op die dag. Probeer by die tydlyn hou.
Bruidegom advies:
Geniet elke oomblik.
Venue & Dekor:
Pepper Tree se wit Kapel met glas deure het my hart gesteel. Ek kon myself hier sien trou.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ek sal Pepper Tree aanbeveel. Hulle was uitstekend en het die beplanning baie gerieflik gemaak.
Eerste Dans:
Tydens ons eerste dans het dit gevoel of tyd stilstaan. Ons het gedans op I love you, I simply do – Blackbyrd. Ons dans al baie jare saam en het net spontaan gedans.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Unveil-Photography
- Venue: Pepper Tree
- Blomme + Dekor: Flower it Bloem
- Bruidegom-pak: Viléste Couture
- Grimering: Rinette Labuschagne Make-up Artistry
- Hare: Salon Mary Jane
- Platejoggie: Star Sound
- Strooijonkers bykomstighede: Handkiki Leather ties & Crafts
- Skoene: OPARI
- Skryfbehoeftes: Dupla
- Strooimeisie-rokke: Angels Boutique & Opari
- Trourok: Julie Wedderburn Bridal
- Troukoek: Dorette Hemming
- Vermaak: Bloemfontein Lawn Games
- Videograaf: Haptic Productions
- Verhurings maatskappy vir drapering, beligting en meubels: DrapeInc