ʼn “Elopement” Troue & ʼn Tradisionele Troue: wat is die verskil?

Sukkel jul om te besluit of jul ʼn tradisionele troue wil hê, of ʼn “elopement” troue wil beplan?  Vir sommige Mooi Troues lesers sal dit vanselfsprekend wees.  Vir ander sal dit ʼn moeilike keuse tussen dié twee wees.  Daar is verskeie dinge om in ag te neem wanneer jul besluit of julle graag ʼn tradisionele troue, of ʼn “elopement” troue sal wil hê.  Die hele trou ervaring, verskille in die beplanningsproses, die kostes, familie- en samelewings verwagtinge en talle ander trou verbonde elemente moet in ag geneem word wanneer die besluit gemaak word.

Boonop dit, is daar verskeie soorte troues en “elopement” troues wat ʼn mens kan beplan.

ʼn “Elopement” troue kan byvoorbeeld baie intiem wees, met net die bruidspaartjie en hul handvol verskaffers, by ʼn pragtige bestemming.  Dit kan ook die bruidspaartjie, hul verskaffers en ʼn paar spesiale gaste insluit. In ons opinie kan mens steeds ʼn troue as ʼn “elopement” troue beskou wanneer jy 20 gaste of minder het.

Tradisionele troues het meer gaste.  Of dit nou ʼn klein troue, met 30 gaste is, of ʼn groot troue met 300 gaste.  Alhoewel daar baie verskille tussen ʼn “elopement”- en ʼn tradisionele troue is, is die grootste verskil beslis die aantal gaste.

Ons is nie vir die een, of teen die ander een nie.

Oor die algemeen glo ons dat liefde gevier moet word op die manier wat die meeste sin sal maak vir die spesifieke paartjie.  Die grootste rede vir hierdie advies artikel is om aan paartjies te verduidelik dat hulle nie outomaties ʼn tradisionele troue hoef te beplan nie.  As dit nie is wat hulle vir hulself wil hê nie, is daar ander opsies.

As jul eerder tradisie by die venster sal wil uit gooi en ʼn “elopement” troue beplan, wat teen die trou-industrie óf jou ouers se wense rebelleer, is dit ook reg.  Met hierdie artikel wil ons paartjies help, deurom vir hulle ʼn beter idee te gee oor die verskille en die ooreenkomende elemente tussen ʼn “elopement” troue en ʼn tradisionele troue.

Garden Route Elopement Locations

ʼn “Elopement” Troue en ʼn Tradisionele Troue: Die verskille


Aantal gaste

Die gastelys is een van die grootste kontraste tussen ʼn tradisionele troue en ʼn “elopement” troue.  Die meeste tradisionele troues het ʼn gastelys met ongeveer 50 tot 200+ gaste.  Terwyl ʼn “elopement” troue 20 gaste of minder onthaal.

Wanneer jy beplan om ʼn troue met meer as 20 gaste te hê, sal jy ʼn paar strukturele elemente in plek moet hê.  Dit sal beteken dat jul meer van ʼn skedule vir jul troudag in plek sal moet hê en  ʼn venue wat soveel mense kan akkommodeer sal bespreek moet word.  Verder sal die vervoer, vermaak en kos vir jou gaste ook in ag geneem en gereël moet word.

ʼn “Elopement” troue het 20 of minder, of geen gaste. Dit beteken in wese dat jul kan doen net wat jul wil.  As julle net 4 gaste wil nooi, kan jul trou in ʼn pragtige bergvallei met jul gaste wat om julle staan. Julle sal nie stoele of enige spesiale venues benodig nie.  Dit is dus ʼn baie meer vry-vloeiende opsie.

Alhoewel albei hul voordele het, sal die keuse van die aantal gaste wat julle sal wil nooi, om jul groot dag saam met jul te vier, help om te bepaal of jul na ʼn “elopement”-, intieme- of ʼn meer tradisionele troue kyk.

Beplannings tydperk

Tradisionele troues behels oor die algemeen meer beplanning as ʼn “elopement” troue, en om ʼn hoër gaste-telling te hê, is ʼn groot faktor daarvan.  Om ʼn vloerplan, sitplekkaarte en skedules te skep, aandete vir ʼn skare mense te organiseer en die regte vermaak te kies, is alles dinge wat paartjies tipies in ag moet neem wanneer hul ʼn tradisionele troue beplan.  Die bogenoemde kan op ʼn baie kleiner skaal verskyn vir ʼn “elopement” troue, of waarskynlik glad nie verskyn nie.

ʼn “Elopement” troue kan binne ʼn kwessie van dae beplan word en as jul regtig kans sien, soms binne ʼn kwessie van ure.  Afhangende van jul datum, venue keuse en aantal gaste, kan jul minder as 24 uur spandeer om jul “elopement” troue te beplan.  Jy kan ook ‘groot’ gaan en ʼn hele jaar spandeer om die perfekte “elopement” troue te beplan.  Dit hang alles van die paartjie af.

Plek

ʼn “Elopement” troue kan byna enige plek plaasvind, vir die grootste deel.  Pragtige berg koppies,, bekoorlike plaaslike parke, historiese landmerke, weggesteekte strande is net ʼn handjievol ligging idees waar ʼn “elopement” troue gehou kan word. Jy kan ʼn plek kies wat vir jou en jou ander helde betekenis het.  Waar julle jul eerste afspraak gehad het, of by ʼn plek waar julle ʼn spesiale vakansie wat saam geniet het. Julle kan ook beplan om iewers heeltemal nuuts te gaan en ʼn avontuur element in jul spesiale dag in te sluit.  Of jul nou ʼn Griekse strand seremonie wil hê, of ʼn romantiese uitruil van geloftes met die Drakensberge agter julle … Jul opsies is eindeloos, veral wanneer jul beplan om sonder gaste trou.

Tradisionele troues het meer struktuur nodig.  Jy benodig stoele vir gaste, iets om hulle mee te vermaak, en dekor vir die trouvenue.  Gepraat van die venue.  Jou opsies is ook oor die algemeen meer beperk aan plekke wat die behoeftes van jou beplande seremonie kan hanteer.  Julle sal waarskynlik ook jul gaste wil onthaal na die seremonie, so julle sal ʼn venue moet kies wat albei geleenthede kan akkommodeer.

Kostes

Die ander groot verskil tussen ʼn tradisionele troue en ʼn “elopement” troue is die kostes verband daarmee.  Om ʼn troue te reël kan ʼn peperduur ervare word.  As julle  nog altyd daarvan gedroom het om ʼn groot partytjie saam met al jul gunsteling mense te hou, om jou en jou maat se liefde te vier, is ʼn troue waarskynlik die regte keuse vir julle.  Dit is tog waarvoor jul gaan betaal – om saam met jul geliefdes jul dag te vier!

“Elopement” troues en die soort seremonies, aan die ander kant, is tipies goedkoper.  Sulke trou vierings het eenvoudig minder gaste of geen gaste, wat  ook sal beteken dat die bruidspaartjie se troudag minder struktuur benodig.  Dit beteken wel nie dat jul minder uit julle huweliks viering sal kry nie.  “Elopement” troues kan steeds diep, persoonlik en asemrowend mooi wees en julle kan daarna nogsteeds partytjie hou as julle sou wou!

Verpersoonliking

Groter venues vir troues het gewoonlik reëls.  Soms gaan dieselfde vir die diensverskaffers.  Dit kan die volgende insluit: beperkings op hoe laat jul musiek kan speel, watter dag van die week jul kan trou, watter tyd van die dag sekere gebeurtenisse moet plaasvind, en so voorts.  Dit is nie ʼn slegte ding nie, maar as jy nie beperk wil word met wat jul met jul dag kan doen nie en wanneer jul dit kan doen nie, is ʼn “elopement” troue waarskynlik ʼn beter keuse vir jou.

Wanneer dit kom by ʼn “elopement” troue, kan jul omtrent doen wat jul wil.  Solank julle nie ʼn natuurlike gebied beskadig of oortree nie, kan jul  gaan waar ook al jul wil en wanneer dit julle bes pas.  Dit gee die paartjie die geleentheid om dinge regtig persoonlik te maak.  Of jy nou na ʼn spesiale plek gaan of persoonlike elemente in jou “elopement” troue wil in werk, jy het die vryheid om jou seremonie en jou trou dag, as ʼn heel, aan te pas.

Die realiteit is ʼn “elopement” troue is anders as ʼn tradisionele troue, want die voorneme daar agter is anders.  “Elopement” troues was geskep om die fokus op die egpaar, en wat hulle wil hê, te behou!

ʼn “Elopement” Troue en ʼn Tradisionele Troue: Die ooreenkomste


Beplan vooruit

Beide tradisionele- en “elopement” troues vereis dieselfde basiese beplanning wat voorlê.  Beide seremonies benodig ʼn offisier en ʼn wettige bindende huwelikslisensie, om te kan trou.  Ons het ʼn paar hulpbronne gelys op Mooi Troues se trougids, indien jul hulp benodig hiermee vir jul spesiale dag.

Die meeste “elopement” troues neem ʼn paar weke tot ʼn paar maande om te beplan, maar die beplanningsproses kan selfs vinniger as dit verloop . Vir ʼn tradisionele troue gaan jul ten minste ʼn paar maande benodig om te beplan … Indien nie ʼn jaar of meer nie.

Familie en vriende

Maak nie saak watter huweliks viering julle kies nie, die mense naaste aan jul sal deel daarvan wil wees.  Hulle kan ʼn fisiese deel van jou dag wees, soos om jou troue of onthaal by te woon.  Of hulle kan saam met jul op ʼn afstand vier, afhangende van jou en jou ander helfte se voorkeure.

Of jy honderd gaste nooi, of iets meer privaat beplan … Jul kan altyd ʼn manier vind om jul geliefdes deel te maak van albei soorte seremonies.  Alhoewel ʼn tradisionele troue meer eenvoudig sal wees wanneer dit by die insluiting van jou familie en vriende kom … As jul ʼn “elopement” troue kies, kan jul altyd ʼn viering by die huis aanbied na die tyd.  Sodat jul liefde die geleedheid kry om saam te vier.  Julle kan almal bymekaar kry, om ʼn video van jou troudag saam met jul te kyk en te herleef.  Of julle kan selfs jul geliefdes “FaceTime” om hulle deel te maak van jul “elopement” troue.

Liefde

Die grootste en belangrikste ooreenkoms.  Die liefde wat jy met jou ander helfte deel.  Of jul nou in ʼn uitgebreide seremonie omring wil wees, of net julle twee alleen … Jul troudag gaan oor hoe julle jul dag wil herdenk.  In watter manier julle jul liefde op daardie dag wil uitdruk, gaan perfek vir julle wees.

Dit maak nie saak of jul besluit om weg te gaan, ʼn meer tradisionele troue te hou of iets tussenin beplan nie. Onthou dat daar geen “regte” opsie sal wees nie.  Die keuse tussen ʼn tradisionele troue en ʼn “elopement” troue is ʼn besluit wat julle saam moet neem.  As julle jul liefde boaan jul prioriteitslys hou, is daar geen manier waarop jul verkeerd kan gaan nie.

In kort:

Aan die ou einde moet jou troudag alles wees wat jy wil hê dit moet wees.  Dit maak nie saak hoe dit lyk, waar dit is of hoeveel gaste jy genooi het nie.  Ons wil hê paartjies moet weet dat ʼn liefdes viering oor hulle gaan.  As dit beteken om ʼn groot, tradisionele troue te hê omdat dit jou gelukkig sal maak … Is dit perfek – doen dit en geniet dit!  Maar as dit nie vir jou die regte huweliks viering proses sal wees nie en jul dit sou verkies om alleen jul liefde te vier deur om ʼn “elopement” troue te beplan … Is die ook perfek!

Artikel Krediet:

Let wel:  Die foto’s is slegs vir illustrasie doeleindes.