Hier by Mooi Troues deel ons die stylvolle troue van Jonathan en Shane met ons lesers. Dié paartjie het hul groot dag met ʼn baie stylvolle benadering aan gevat. Dié aanskoulike paartjie was vir 10 jaar lank saam voordat Shane in 2019 die groot vraag gevra het voor al hul familie en vriende.
Die stylvolle troue van Jonathan en Shane het gespeel met die klassieke swart, wat ingemeng het met groen en droë elemente. Jonathan het van die begin af ʼn visie gehad vir hul troue, en met geen twyfel is die uitkoms van hul troue klassiek en stylvol. Shane en Jonathan se styl word reg deur die trou dekor en venue gesien. Jonathan spog met sy klassieke swart fluweel tuxedo baadjie en Shane se baadjie is omgekeer met swart fluweellapelle. Dié paartjie was gelukkig om hul groot dag saam hul familie en vriende, wat hul lank laas gesien het weens Kovid-19, te kon spandeer het.
Jonathan en Shane het gebruik gemaak van die spesiale Noorse handvas-seremonie tradisie. ʼn Lint was om hul hande vas gebind terwyl ʼn uitsonderlike seën uitgelees was. Dié stylvolle troue van Jonathan en Shane is vol spesiale oomblikke en liefde wat gedeel word deur familie en vriende. Mooi Troues is mal oor die stylvolle en klassieke fotos van die paartjie en al hul geliefdes. Vir meer professionele diensverskaffers soos dié stylvolle troue gaan besoek gerus Mooi Troues se trougids.
Rol nou af en geniet Jonathan en Shane se stylvolle troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Toevallig het ons mekaar ʼn paar keer deur gemeenskaplike vriende ontmoet terwyl ons uit was om te kuier, maar ons het eers een Vrydagaand aanlyn begin gesels kort ná Jono se 21ste verjaardag. Ons het ʼn onmiddellike konneksie gehad asof ons mekaar ons hele lewe lank geken het, ons siele was op een of ander manier verbind vanaf die heel eerste dag. Ons het die volgende paar maande beste vriende geword. Uiteindelik het Jono vir Shane (kragtig) oortuig dat om in ʼn verhoudings te wees ʼn beter opsie is. 10 Jaar later, en dit voel net soos gister toe ons vir die heel eerste keer vir mekaar geglimlag het.
Shane het op Oujaarsaand 2019 vir my (Jonathan) gevra om te trou, na ʼn paar mislukte pogings om op verskeie ander plekke te probeer om my te vra, het Shane op een knieg voor ons vriende en familie gegaan net voor ons die nuwe jaar gevier het.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was ʼn jaar en 6 maande verloof voordat ons getroud is. Ons het nie ʼn troubeplanner gehad nie, Jonathan het al die beplanning self gedoen.
Trou Begroting:
Ons begroting was aanvanklik R140k, maar ons het glad nie daarby gehou nie, ek het ʼn bietjie meegevoer geraak en uiteindelik R220k bestee. Ons het ongeveer 100 gaste gehad weens Kovid-beperkings.
Die raad aan ander paartjies is om nie die klein koste verbonde aan ʼn troue te vergeet nie, soos dekor huur, sitplekkaarte, plek kaartjies, ens. Jy kan meegevoer raak met die kleinighede wat uiteindelik redelik vinnig optel.
Spesiale Tradisies:
Ja, ons het, aangesien Jonathan ʼn Noorse erfenis het, het ons gekies om ʼn Noorse handvas-seremonie te doen, waar ons hande met lint saamgebind is terwyl ʼn seën voorgelees word.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die merkwaardigste deel van ons dag was net hoe wonderlik dit was om met die meeste van ons familie en vriende herenig te word wat ons so lanklaas omrede Kovid gesien het. Om saam te kon kom en fees te kon vier was só ʼn wonderlike gevoel!
Vermaak:
Ons het net ʼn platejoggie gehad wat al die vermaak gedoen het – Ons trougaste vermaak terwyl hul wag by die seremonie tot ons canapes. Hy was ongelooflik!
Paartjie se styl:
Wat styl betref, wou ons dit baie klassiek hou, ons het albei gekies vir swart tuxedo’s met swart hemde. Ons wou hê hulle moes bymekaar pas. Jonathan se baadjie is van Swart fluweel gemaak en Shane se baadjie is omgekeer met swart fluweellapelle om by te pas. Met betrekking tot trouringe, ons is albei nie groot juweliersware-aanhangers nie. Ons wou iets so eenvoudig as moontlik hê met ʼn 1 mm 18 sent Roosgoud trouring elk.
Die Besluitnemingsproses:
Dit is veilig om te sê dat Jonathan al die besluite geneem het toe dit by die groot dag gekom het, hy het ʼn duidelike visie gehad wat hy wou uitvoer.
Venue & Dekor:
Ons het eintlik per ongeluk op die venue afgekom, ons het nog nie ʼn trouvenue gekry waarvan ons regtig hou nie. en ʼn familie-vriend het The Venue Fontana aanbeveel. Ons het gaan kyk en verlief geraak op dié venue die oomblik toe ons daar aankom.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Ek dink die beste raad wat ek vir ʼn paartjie kan gee, is om ʼn oomblik te neem, net julle twee, vir 5 minute eenkant toe te staan om alles net in te neem. Die dag gaan só vinnig verby en jy word in baie verskillende rigtings getrek. So op die dag gaan spandeer net 5 minute alleen saam met mekaar. Neem die hele dag in.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Gelukkig nee, ons was bietjie onseker daar vir ‘n tyd. Ons het gedink ons moet dalk ons gastelys verminder, maar gelukkig hoef ons dit nie te doen nie.
Gunsteling Diensverskaffers:
Alhoewel elke enkele diensverskaffer absoluut ongelooflik was, sal ons moet sê ons fotograaf, spyseniers en troukoek verskaffer was ons gunstelinge.
Wittebrood:
Ons het nog nie op wittebrood gegaan nie weens Kovid-reisbeperkings, maar ons beplan om na New York te gaan wanneer ons weer veilig kan reis.
Eerste Dans:
Ja ons het, ons liedjie keuse was – I Come Here For Love (Acousic Version) deur Ella Eyre. Ons het geen formele danslesse gehad nie aangesien ons eers op die laaste oomblik aan die dans gedink het, maar ons het ʼn bietjie roetine die week tevore by die huis geoefen.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wilma Towell Photography
- Venue: The Venue Fontana
- Blomme: The Venue Fontana
- Bruidegom-pak: The Tailor Shop
- Dekor: The Venue Fontana
- Gaste Geskenke: Monz Macarons
- Grimering: Simply Flawless Hair & Beauty
- Huwelik kontrak: Burne & Burne Attorneys
- Huweliksbevestiger: Nifty Nuptials
- Koördineerder: Mara Fontana
- Musiek: Heartbeats DJ’s
- Platejoggie: Heartbeats DJ’s
- Paartjie se verblyf: The Venue Fontana
- Skryfbehoeftes: Indigo & Ivory Designs
- Strooimeisie-rokke: Togs Dressmaking
- Trouring: Cherry Design Jewellery
- Troukoek: Artisan Bakes