In diรฉ artikel van Mooi Troues deel ons met ons lesers die plaasbruilof van Jean en Daniella. Diรฉ asemrowende bruidspaar se paadjie het begin toe hulle albei in matriek was, hoรซrskool liefies definitief. Hulle was 5 jaar gekeis voordat Jean met al sy romanse na vore gekom het en vir Daniella die groot vraag gevra.
Weens KOVID-19 was dit teleurstellend dat Daniella se ouers ongelukkig nie hul plaastroue bywoon nie. Daniella se ouma het toe ingetree en beide ma en pa se rolle vol gestaan, met baie emosie en liefde het Daniella besluit om die โfirst-lookโ met haar ouma te deel. Haar ouma het na haar met soveel liefde en trots gekyk en saam met haar na die kansel gestap.
Jean en Daniella se troudag was besonders as dit kom by die trou dekor. Die trou venue skep ล eenvoudige en ou-wรชreldse gevoel wat aansluit by die rustieke elemente van die trou dekor. Verder word daar gespeel met skakerings van die pragtige protea gekomplimenteer met vlootblou. Diรฉ warm liefde van die bruidspaar skep alreeds die atmosfeer van diรฉ bruilof, gekomplimenteer deur 4 groot kaggels wat bydra tot die warmte wat elke gas ervaar.
Rol nou af en geniet meer van Jean en Daniella se plaasbruilof.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Jean het in matriek ontmoet. Beide ons broers het vir die eerste span rugby vir die Laerskool gespeel. Ons het daar by hulle afsluitings braai mekaar vir die eerste keer ontmoet. Ons was vir ongeveer 5 jaar gekeis voor hy my gevra het om met hom te trou. My pa is oorlede toe ek in die kleuterskool was en my ma, stiefpa en broers bly tans in Nieu Seeland. Familie is vir ons altwee ล waardevolle aspek daarom was dit graag ล droom om ons verlowing saam met die familie te deel.
Jean is oor die algemeen ล baie romantiese persoon, maar natuurlik met so belangrike geleentheid het ek beslis ล paar skimpe gegooi. Ons het gedurende die Junie skoolvakansie vir my familie in Barberton gaan kuier. Die hele familie het geweet van die verrassende, dog geheimsinnige verlowing terwyl ek vasbeslote was dat my verloofring nog by die ontwerper was. My ouma het die daaropvolgende naweek verjaar en alles wat vir daardie naweek gekoop was, was vir ouma se verjaarsdagete bedoel. Van die sjampanje tot die pragtigste rose en al die tafel kersies. Oupa het tot die dames bederf met ล masseer- en nael sessie, want ouma verjaar amper!
Jean het daardie aand my voete onder my uitgeslaan en die familie het baie moeite ingesit om dit besonders spesiaal te maak. Hulle almal kon waarlik ล geheim goed koester.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir ongeveer 2 jaar verloof. 29 Junie 2019 het ons verloof geraak en 21 Mei 2021 het ons getrou. Die pakket by ons trou-venue het ล troubeplanner se diens ingesluit. Sy was ล engel gestuur uit die hemel en het die beplanning van ons troue makliker en meer opwindend gemaak!
Trou Begroting:
Ek en Jean het dit goedgedink om self vir ons troue te betaal. Met my ouers wat oorsee bly en vliegtuigkaartjies wat so duur is, het ons besluit om daardie finansiรซle las van hul skouers af te haal. Omrede ons vir ongeveer 2 jaar lank verloof was het ons ล goeie spaarplan opgestel. Ons het so gou as moontlik op al die belangrike en duurder aspekte van die troue besluit, bv. die venue, fotograaf en platejoggie. Die totale kostes was deur die hoeveelheid maande gedeel en ons het elkeen ล bekostigbare bedrag elke maand gespaar. Ons het gepoog om by ons begroting te hou, maar weens onvoorsiene gebeure was daar ล paar laaste-minuut kostes. My ouers kon ongelukkig nie meer ons troue bywoon nie omrede Nieu Seeland se internasionale grense gesluit was. Daarom moes ons van ล videograaf gebruik maak om hulle virtueel te betrek.
Ons gastelys was gereeld aangepas grootliks as gevolg van KOVID-19 protokolle en regulerings vlakke. Daar was ongeveer 75 gaste wat ons troue bygewoon het.
Ons raad en advies aan toekomstige paartjies is om deeglik vooruit te beplan. Op hierdie manier verminder dit enige moontlike finansiรซle stres.
Merkwaardigste Oomblikke:
My ouers en broers in Nieu Seeland het elkeen vir ons ล video gemaak om hulle meegevoel asook voorspoed en seรซn met ons te deel.
My ouma het die plek van my ma en stiefpa vol gestaan. Daarom het ons dit goedgedink om ล eerste-ontmoeting (โfirst revealโ) met haar te reรซl. Die trots in haar oรซ het my hart met soveel liefde gevul.
My ouma het saam met my by die kansel afgestap en dit was vir my waarlik ล groot voorreg en besonderse oomblik.
Omrede ons albei baie senuweeagtig was het een van Jean se strooijonkers dit goedgedink om die atmosfeer te lig deur op ล vermaaklike wyse by die kansel af te dans en roosblare rond te strooi.
Jean het letterlik my voete onder my uitgeslaan gedurende ons eerste dans. Tydens ons eerste dans het ek my balans verloor en met die agteroor struikel, het hy dit reggekry om my net betyds te vang. Hierdie snaakse, kosbare oomblik was ook deur ons fotograaf vasgevang.
Die tyd saam met al ons familie en vriende het gesorg vir ล merkwaardige en onvergeetlike aand!
Paartjie se styl:
Ek het ล trourok by Whimsical Bridal gehuur. Elke vrou het ล spesifieke prentjie van hul trourok in gedagte, maar soms gebeur dit wanneer jy daardie rok aantrek en voor die spieรซl staan, dat dit glad nie jou styl is nie. Ek het nooit gedink dat ek gemaklik sal voel in ล elegante stywe rok nie. Die winkelassistent het my aangemoedig om elke styl aan te pas sodat ek self persoonlik die besluit kan maak. Ek was absoluut verlief op die elegante stywe trourok en het waarlik soos ล bruid gevoel!
Jean het sy troupak by Markham Clothing gekoop. Sy pak was eenvoudig, dog modern. Mens kom hom daardie dag waarlik deur ล ring trek.
Die maak van my verloofring en beide ons trouringe was baie spesiaal. Voor ons verloof geraak het, het Jean my na ล ontwerper toe geneem sodat ek my diamant kan kies en saam met haar my ring ontwerp. Ongeveer ล jaar voor ons troue is my oupa oorlede en ek het ล diamant by hom geรซrf. Daardie diamant was gebruik om my troupand te maak. Beide my verloofring en troupand het baie detail en het ล vreeslike โoutydseโ styl. Daarmee gesรช hou Jean van ล meer eenvoudige styl.
Die Besluitnemingsproses:
Om dit nogal tong-in-die-kies te stel, kan ek gerus hierdie volgende raad vir enige man gee. Enige troue is beslis ล spanpoging waar beide die bruid en bruidegom talle dinkskrums hou oor alle groot aspekte van die troue self, bv. kos, fotograaf, venue ens. Dit is wanneer dit kom by die fyner detail, waar die bruid die spreekwoordelike โbroek draโ en die besluite verder neem. Daar is ons mans se hande afgekap en meng glad nie in nie. Op ล ernstige noot is dit noodsaaklik dat beide insette lewer om te verseker dat albei tevrede is met die finalisering van al die troureรซlings.
Ons het graag ons vriende en familie geraadpleeg omrede ons elkeen se insette waardeer.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons kan persoonlik nie ล โgunstelingโ diensverskaffer hรช nie omrede al die bogenoemde diensverskaffers saamspan om ten einde te verseker dat ons aand seepglad verloop. Alle diensverskaffers het puik diens gelewer, van die top-gehalte spyseniering, tot by die fotograaf met haar โmik-en-drukโ oomblikke asook die platejoggie wat verseker het dat die dansbaan permanent volgepak is met dansende mense. Elke aspek speel vir ons ล merkwaardige rol om te verseker dat enige bruidspaar se dag ล reuse sukses is. As daar werklik ล diensverskaffer of twee is wie ons sal aanbeveel, sal dit beslis ons venue, Imperfect Perfection en fotograaf, Anne-Grace Photography wees. Onvergeetlike oomblikke en puik diens was deur beide verskaffers gelewer.
Vermaak:
Ons het gebruik gemaak van Mustang Sally Photobus om ons gaste te vermaak terwyl ons fotoโs geneem het. Dit is ล outydse Volkswagen kombi waarbinne ons gaste kon fotoโs neem. Christiaan het baie โpropsโ in die kombi gehad en ons gaste kon soveel fotoโs as wat julle graag wou, neem.
Ons het gebruik gemaak van ล platejoggie wat ล ongelooflike atmosfeer en samesyn deur middel van musiek geskep het. Hy was oop vir al ons gaste se verskillende liedjie-versoeke en kon op ล spoedige en doeltreffende wyse die liedjies tot ons beskikking stel.
Spesiale Tradisies:
Ons het geen spesiale tradisies gehad nie. Ons het wel as ล troupaartjie besluit om nie net ล heildronk op ons ouers in te stel nie, maar ook op ons grootouers. Beide ons grootouers het en speel tot vandag toe ล baie groot rol in ons lewe. Hulle is waarlik ล fantastiese ondersteuningsnetwerk asook ล pragtige voorbeeld van ล huwelik waarna ons strewe. Ons het dit goedgedink om ons waardering teenoor hulle te wys deur ook ล heildronk op hul in te stel.
Die ลie-so-perfekโ oomblikke:
Indien daar enige iets verkeerd geloop het, was ons as ล bruidspaar glad nie daarvan bewus gewees nie. Ons het ล ongelooflike troukoรถrdineerder gehad wat verseker het dat alles perfek verloop. Nog voor ล moontlike โkrisisโ kon gesigwys, was sy volkome in beheer daarvan!
Ons troudag was alles en meer as waarvan ons kon vra. Soos ons nou terugdink sou ons baie graag meer tyd saam met al ons gaste wou deurbring. Ongelukkig weens KOVID-19 was daar ล aandklokreรซl wat ons moet gehoorsaam het.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Dit is belangrik om elke stap van die troubeplanning in te neem en te geniet omrede dit so vinnig verbygaan. Sit saam as ล paartjie en beplan alles daarvolgens. Wat finansies aanbetref, stel ล afsonderlike begroting op en hou daarby. Wees gereed vir enige โop-die-nippertjieโ-uitgawes, al daardie klein dinge kan op ล groot bedrag neerkom.
Kรชrels: Dit is belangrik vir ons mans om elke besluit rakende die troue as belangrik te ag, selfs al moet jy jou bruid vergesel met elke klein aspek daarvan.
Dames: Ons dames is oor die algemeen meer gefokus op al die fyner detail van die spesiale dag. Indien ล persoon se begroting dit toelaat sal ek beslis ล troukoรถrdineerder aanbeveel. Hul neem soveel โstresโ van jou skouers af en verseker dat alles seepglad verloop!
Venue & Dekor:
Ons was maar soos enige normale paartjie wat sosiale media geraadpleeg het op soek na die perfekte venue. So het ons van een venue na die volgende rondgerits en afgekom op ล trouvenue met die naam Imperfect Perfection. Die naam is ล absolute beskrywing van die uitleg asook atmosfeer van die plek self. Die absolute eenvoud en outydse gevoel is waarop ons dadelik lief geraak het. Met die eerste oogopslag was Daniella glad nie ล voorstander nie, as gevolg van die plaasagtige-agtergrond en die verskeidenheid plaasdiere wat voor die onthaal en gronde rondwei. Toe ons by die klip-padjie afgestap kom, was ons dadelik oorweldig met hierdie warm en vriendelike atmosfeer tesame met die oorvriendelike en absolute dierbare koรถrdineerder.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
KOVID-19 het beslis ล effek op ons troubepeplanning gehad. Behalwe vir al die โslapeloseโ nagte, kan dit maar senuweeagtig wees met die gedagte dat die troue nie sal aangaan nie.
My ouers kon ongelukkig nie meer ons troue bywoon nie omrede Nieu Seeland se internasionale grense gesluit was. Daarom moes ons van ล videograaf gebruik maak om hulle virtueel te betrek.
Gedurende die tydperk wat ons getrou het was daar ongelukkig ล wetlike aandklokreรซl. Die platejoggie het ongeveer 21h15 die laaste liedjie gespeel omrede daar teen 23h00 geen persoon op die pad mag wees nie.
Wittebrood:
Weens werksomstandighede het ons op die besluit gekom om ons wittebrood uit te skuif na Oktober. Ons het op ล romantiese plek afgekom met die naam: Umngazi River Bungalows. Al die fotoโs op hulle webblad het ons laat snak na ons asem. Ons het dadelik op die plek verlief geraak. Buiten al die asemrowende fotoโs het ons ook fantastiese persoonlike verwysings! Daarna gaan ons, ons wittebrood afsluit met ล drie-dag besoek aan Ocean View Hotel waar die merkwaardige โHole in the Wallโ hom ook bevind.
Eerste Dans:
Ons het ล baie besonderse en unieke eerste dans gehad. Ons het besluit op die liedjie: โVir my gemaakโ deur Joe Foster. Dit verduidelik ons hartsbegeertes en waarna ons as ล paartjie strewe.
Gedurende die eerste dans het elke paartjie beslis ล rookmasjien nodig om die illusie van โdancing on the cloudsโ te skep. Dit het ons eerste dans soveel meer spesiaal en romanties gemaak.
Ons wou baie graag vir danslesse gegaan het, maar ongelukkig nader aan die tyd het ons skedule net te vol geraak. Ons het ล heerlike drankie voor die dans geniet en eie inisiatief geneem! Jean het letterlik my voete onder my uitgeslaan gedurende die dans. Ek het my balans verloor en met die agteroor struikel, het hy dit reggekry om my net betyds te vang. Tog by ons eerste dans ล herinnering wat ons altyd sal koester.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Anne Grace Photography
- Venue: Imperfect Perfection
- Blomme + Dekor: Lalo Na
- Bruidegom-pak: Markham Clothing
- Fotohokkie + Gaste Geskenke: Mustang Sally Photobus
- Grimering: UniQ Make-up/Training
- Hare: Michelle Nolan
- Huwelik kontrak: Gildenhuys Malatji Attorneys
- Juweliersware: Something old and something borrowed โ Ek het my ouma se pรชrel oorbelle en hangertjie gedra op ons troudag.
- Koรถrdineerder: Lene van Leeuwen
- Platejoggie: Infinity Times Infinity Productions
- Paartjie se verblyf: Imperfect Perfection
- Strooijonkers bykomstighede: Studio V Designs
- Skoene: Bride & Co
- Skryfbehoeftes: PNA
- Strooimeisie-rokke: The Maiden
- Trourok: Whimsical Bridal Hire
- Trouring: Eljolie
- Troukoek: Cake Haven
- Vermaak: Infinity Times Infinity Productions + Mustang Sally Photobus
- Vervoer: 1969 Isabella Borgward
- Videograaf: Audiotorch
- Wittebrood plek: Umngazi River Bungalows + Ocean View Hotel