Jacques & Chantelle se kleurvolle selfdoen plaastroue

In diรฉ artikel van Mooi Troues deel ons met julle die kleurvolle selfdoen plaastroue van Jacques en Chantelle.  Liefde is soos โ€˜n blom, die saadjie word geplant en die plant groei en blom, sรณ is die liefde van Jacques en Chantelle.

Alhoewel Kovid-19 ongelukkig diรฉ bruidspaar se verlowing verleng het na byna 2 jaar, het dit nie die liefde en ondersteuning van Jacques en Chantelle se familie en vriende gekeer nie.  Hul plaastroue was intiem, en geen hoeveelheid geld kon enigsins die liefde in oorvloed verklein nie.

Die paartjie se troue was op โ€˜n pragtige perde plaas gehou met โ€˜n groot plaasskuur.   Diรฉ trou dekor van die kleurvolle troue is vol vreugde en speel met โ€˜n wye verskeidenheid van blomme.  Die tafels van hul onthaal was pragtige lang wit-top tafels wat gekomplimenteer word deur swart lank kerse en blomme plekmatjies.  Hul trou dekor beeld presies uit wie Jacques en Chantelle is as mense en hoe hul liefde vir mekaar floreer.

Chantelle het gespog in haar betowerende wit trourok met Franse kant wat hand-in-hand gaan met โ€˜n pragtige halslyn, terwyl Jacques haar styl gekomplimenteer het in sy handgemaakte blou pak met swart lapel en strikdas.

Rol nou af en geniet meer van Jacques en Chantelle se kleurvolle selfdoen plaastroue propvol trou inspirasie.

Paartjie se Liefdesreis:


Jacques se sussie en swaer het nuwe bure in Heidelberg (GP) gekry, intrekkers van die Oos-Kaap.  Kort op hulle hakke, trek hulle dogter ook in. Armin (Jacques se peetkind van 3 jaar) is mal oor Chantelle en gaan kuier baie.  Kort voor lank reรซl Corlia (my nou skoonsus) vir ล‰ afspraak met Jacques en gaan kyk ons ล‰ toetswedstryd op Ellispark.

In April 2019 vertrek ons vir ล‰ familie-vakansie na Europa.  Ons reis deur die Tsjeggiese Republiek, Switserland, Duitsland en Frankryk.  Twee dae voor ons in Parys arriveer reรซl Jacques ล‰ fotosessie saam met fotograaf Odrida โ€“ kamstig op die ingewing van die oomblik.  Min het ek geweet dit was al maande haarfyn beplan.

Om 06h00 op 29 April 2019, ล‰ koelerige Europese lenteoggend ontmoet ons vir Odrida by ล‰ straatkafee en stap saam na ons foto bestemming.  By Jardins du Trocadรฉro met die Eiffeltoring in die agtergrond gaan ons blykbaar eers ล‰ paar individuele fotos neem.  Min het ek geweet dit was net om my toekomstige man die geleentheid te gee om in die kniel posisie te kom.  Nodeloos om te sรช, tussen baie trane van geluk het ek ja gesรช.

Die res van die oggend, ring aan die vinger, het ons fotos geneem op verskeie pragtige plekke in die stad van liefde en die dag afgesluit met ล‰ besoek aan Disney Parys.

Verlowing Tydperk:


Die verlowing was aanvanklik veronderstel om ล‰ paar dae kort van ล‰ jaar te wees, 25 April 2020 was immers ons beplande troudag.  Alles verloop volgens plan en die tweede laaste naweek van Maart 2020 trek ons by ons nuwe huis in, min het ons geweet wat die die impak van ล‰ vlak 5 KOVID-19 inperking behels en vir ons sou inhou.  Met aanduidings dat die aanvanklik tydperk verleng gaan word neem ons die besluit om die troue te skuif na 5 September 2020.  Nog ล‰ vlaag infeksies noop ons om ook hierdie datum te skuif.  10 April 2021, in ล‰ afwaartse infeksie kurwe kry ons uiteindelik geleentheid vir ons droomdag. Byna 2 jaar verloof.

Ons het die troue self beplan met baie insette en hulp van ons ouers en my skoonsussie en swaer.

Trou Begroting:


Moet mens regtig geld praat?  Ons het ons begroting met R35,000 oorskry, ten spyte van ล‰ verminderde gastelys.  So dit was eintlik heelwat meer as mens so daarna kyk.

ล‰ Verminderde gastelys weens die inperking maatreรซls: 140 volwassenes en 30 kinders.

So baie mense het vir ons gese dat as mens terugkyk gaan jy spyt wees oor die geld wat jy op jou troudag โ€œgemorsโ€ het, geld wat jy eerder elders kon aanwend.  Nodeloos om te sรช, ons het nie geluister en dankbaar ons het nie!  Vir ons was dit net mooi die teenoorgestelde โ€“ ons is nie spyt oor ล‰ enkele sent wat ons spandeer het โ€“ dit was by verre die mooiste en lekkerste dag van ons lewens โ€“ herinneringe wat ล‰ leeftyd gaan hou!

Ons raad sou wees:

Stel jou begroting vas en laat ruimte daarin vir goed wat altyd meer kos as wat mens aanvanklik verwag het, dit is byna onvermydelik.  Spandeer jou geld wys maar sonder voorbehoude om so jou droomdag te laat verwesenlik.

Vermaak:


Con Grazia het gaste in die kapel (voor en tydens seremonie) asook by die kanapees vermaak.

Merkwaardigste Oomblikke:


Dit is eerlik onmoontlik om ล‰ spesifieke oomblik uit te sonder.  Vir ons was dit perfek van begin tot einde.

Dalk nie so merkwaardig maar tog ล‰ oomblik om oor te glimlag was ล‰ protesaksie op die N3 en vragmotor ongeluk op die ander toegangsroete na die venue.  Om te dink na feitlik ล‰ jaar se uitstel, toe nog ล‰ ekstra uur.  Dit het vinnige voetwerk geverg om ล‰ paar verandering aan die volgorde van gebeure aan te bring maar die venue en seremoniemeesters het dit seepglad hanteer.  Selfs die laat begin was perfek โ€“ ons en ons gaste was rustig.  ล‰ Byna komiese oomblik wat gesorg het vir ล‰ gemaklike, ontspanne atmosfeer.

Paartjie se styl:


Rok:

Franse kant met lang moue en pragtige halslyn.

Pak:

Donkerblou, handgemaakte aandpak met swart lapel.  Donkerblou strikdas.

Trouring bruid:

Bruidegom se ontwerp idee as basis gebruik vir ล‰ tydlose, klassieke ontwerp.  Fokus diamant omring met klein diamant steentjies.

Trouring bruidegom:

Swart tungsten ring buite met goud binne.  Gravering van die bruid se Botha handtekening in die goue gedeelte.

Gunsteling Diensverskaffers:


Soos voorheen genoem is dit feitlik onmoontlik om ล‰ keuse te maak:

  • Blomme โ€“ die was werklik kunswerke, wat nou nog oor gepraat word.
  • Fotos โ€“ fantasties fotograaf en assistent.
  • Spyseniering โ€“ die kos was voortreflik (soos wat almal ons verseker het)
  • Platejoggie โ€“ het die gehoor so goed opgesom en van die partytjie aspek ล‰ sukses gemaak.
  • Musiek โ€“ die sang en musiek uitvoering in die kapel en by kanapees was uit die boonste rakke.

Die Besluitnemingsproses:


Daar was goeie balans maar die bruidegom het dalk ล‰ besluit of twee meer geneem. ๐Ÿ™‚

Ons ouers het insette gelewer maar die besluitneming was aan ons oorgelaat.

Venue & Dekor:


Trou Venue:

Lezar Opstal Heidelberg โ€“ Die pragtige landskap, fasiliteite en mense van Lezar was net reg. Die plaas was pragtig en groen met perdestalle en talle foto geleenthede, mooi kapel, kanapees in die klein onthaalsaal, aparte fasiliteit waar ons die kinders kon onthaal tot die formele verrigtinge afgehandel was, groot saal vir die onthaal, koelkamer vir blomme en ook die versekering dat mens altyd heerlik hier eet.

Trou Dekor:

Ons eerste blomme idees en konsep vergadering by die Sweetpea & Maple teetuin in Heidelberg, het ล‰ plekmatjie wat te koop was die oog gevang en so die basis van ons trou tema geword.  Van die gedrukte uitnodigings, elektroniese kommunikasie, muurbehangsel op die plaas skuur se deur en natuurlik plekmatjies.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:
  • Alles val in plek wanneer jy as bruid rustig is.  Dit maak jou groot dag en die aanloop daarheen ล‰ opwindende, genotvolle reis.
Bruidegom:
  • Hou dit in gedagte dat dit is die bruid se groot dag โ€“ hanteer dit so maar moet nie vergeet dat dit ook ล‰ reuse mylpaal in jou lewe is nie.
  • Wees betrokke en maak dit lekker van die beplanning tot die dag van die troue.
  • Omring jouself met mense waarop jy kan staatmaak.  Hierdie tesame met goeie, gestruktureerde vooraf beplanning is die resep vir ล‰ suksesvolle dag.

Eerste Dans:


Ja, met die aankoms by die onthaalsaal na die fotos.

Bruidegom het die liedjie een oggend vroeg op pad werk toe op RSG gehoor.  Shazam en siedaar.  You & Me van James TW.

Ons het die roetine deurgepraat.  Ons paโ€™s maak die groot skuurdeur oop.  Loop in by verskillende kante, om die hoof tafel en ontmoet in die middel van die saal.  Geen oefening of danslesse.

Spesiale Tradisies:


  • Bruid en bruidegom het nagmaal gebruik โ€“ bedien deur ล‰ spesiale (nou ontslape) familie predikant.
  • Hooftafel met ouers en grootouer
  • Bruid en bruidegom eerste dans met instap in saal.
  • Heildronke
  • Kousband en ruiker gooi
  • Troukoek gesny
  • Pa en dogter dans

Wittebrood:


Wat sal mens sรช โ€“ hopelik bestaan die hotel nog en kan ons die kaartjies van die โ€œeersteโ€ wittebrood vir ล‰ 1 jaar herdenking kan gebruik.  Lombok, Indonesiรซ was dit toe, nie weens inperkings maatreรซls.

KudaFushi eiland in die Maldives was toe ons uiteindelike bestemming.  Een van die enigste bestemmings waarheen mens internasionaal kon reis.  Alles werk uit soos dit moet โ€“ hierdie was een woord ongelooflik.  Agt dae van hemel met vriendelike mense, pragtige weer, snorkel, watersport, seelewe, heerlike kos, baie skemerkelkies en ล‰ water villa waar jy van jou dek in die oseaan kan duik.

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โ€˜n internet konneksie het en โ€˜n toestel wat gekonnekteer is tot โ€˜n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โ€˜n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ล‰ diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: