J.P. & Lizelle se spontane verlowing fotosessie

In die inskrywing deel ons J.P. en Lizelle se spontane verlowing fotosessie.  Dié oulike paartjie het by die werk ontmoet in ‘n militêre hospitaal.  Na baie laat aande se saam werk het J.P. al sy moed bymekaar geskep om vir Lizelle uit te vat vir die dag, hy het sommer geweet dat Lizelle sy trouvrou is.

10 Maande se verlowing het vir J.P. en Lizelle die perfekte tyd geskep om hul visie vir hul spontane verlowing fotosessie uit te beeld en deur te leef.  J.P. en Lizelle het die verlowing fotosessie se fotos gebruik vir hul trou uitnodigings.  Dié asemrowende, spontane verlowing fotosessie se fotograaf het J.P. en Lizelle so gemaklik laat voel.  Al die fotos is sowaar spontaan en natuurlik.  Dié pragtige fotografie werk weerspieël presies wie en wat J.P. en Lizelle is.

Word geïnspireer deur dié spontane verlowing fotosessie en gaan besoek meer professionele diensverskaffers op Mooi Troues se trougids.

Rol nou gerus af en geniet die spontane verlowing fotosessie van J.P. en Lizelle.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek het my internskap by 1 Militêre hospitaal gedoen en ek was besig met my ortopedie rotasie toe ek vir J.P. ontmoet het. J.P. was ontplooi DRC toe en het net terug gekom en ook in ortopedie begin werk.

Die eerste oggend wat ons mekaar gesien het, het ek die vorige aand se pasiënt opnames aan die departement voorgedra.  Ek kon nie help maar om die nuwe dokter in die departement, wat baie oplettend na my voordrag geluister het, op te let nie. Na die vergadering het ek geleer dat ek en J.P. saam oproep was die aand, hy as my senior dokter. Ek was nog nooit so opgewonde om 24uur deurnag te werk nie!

Na baie laat nagte saam by die werk, het hy uiteindelik die moed bymekaar geskep om my uit te neem vir ʼn dag. Hy het die dag baie spesifiek en noukeurig beplan om dit regtig ʼn dag te maak wat ek nooit sal vergeet nie.  J.P. sê hy was oortuig dat ek sy trouvrou is, toe ek “Tiger en Louise” op die ukelele vir hom speel en sing een aand tydens ʼn nagskof. Dit was nie lank na dié opmerkende optrede dat J.P. my gevra het om te trou nie. Ons was 14maande saam voor ons verloof geraak het. Soos ons altwee altyd sê: “As jy weet, weet jy.”

Die groot vraag:


J.P. is ʼn dokter in die weermag en hy was ontplooi Oos-Kaap toe om te help met die behandeling van KOVID-19 pasiënte.  Ons het net voor sy ontplooiing begin gesels om moontlik verloof te raak en hy het my geneem om ringe aan te pas.  Toe hy ontplooi word het ek geweet ons sal nie kan verloof raak in daardie jaar nie, want ons het nie eers geweet hoe lank hy sou weg wees nie.

Nie net was hy weg van my vir 3maande nie, maar hoe sou hy ʼn trouring kon ontwerp en koop terwyl hy ontplooi is?  Of so het ek gedink, maar J.P. was baie besiger in die Oos-Kaap as wat ek gedink het!  Hy het die ring ontwerp en bestel by Franchan Diamonds al die pad in Johannesburg terwyl hy ontplooi was.   Toe hy terug is het hy net die ring gaan haal.

Hy het die Sondag terug gekom van ontplooiing en vir my gesê hy wil my wegneem Drakensberge toe vir ʼn week om te vier dat hy terug is.  Die aand voor ons gery het, het hy vir my gesê dat hy ʼn werksonderhoud het by ʼn privaat hospitaal.  Ek het later geleer dat hy eintlik daai aand my ouers gaan vra het vir hulle seëning. Ek het nie gedink dit was uit plek uit dat hy BAIE senuweeagtig was nie.  Hy was mos oppad na ʼn onderhoud toe!

‘n Verrassing

In die Drakensberge het hy my verras met ʼn lugballon-ekskursie tydens sonsopkoms.  Dit was nog altyd een van my grootste wense. Dit is hier waar J.P. tydens sonsopkoms, in ʼn lugballon, in die Drakensberge, my gevra het om hom te trou.  My eerste reaksie en gedagte was: “HOE? WANNEER! WAAR?”, want ek kon nie verstaan hoe hy ʼn ring laat maak het terwyl hy ontplooi was nie!  Dit was ʼn asemrowende oomblik en die gelukkigste dag van my lewe.

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van J.P. is sy selfloosheid.  Hy sit altyd almal anders se belange bo sy eie en dra my op sy hande.  Hy is opreg, getrou, lojaal en uit-en-uit ʼn voorbeeld van ʼn Godsman.

J.P. sê sy gunsteling eienskap van my is my opregtheid.  Hy het ook verlief geraak op my sin vir humor en hy sê altyd ek is ʼn “lekker mens!”.  J.P. waardeer ook my avontuur lustigheid omdat dit hom so goed komplimenteer.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was 10maande verloof voor ons getrou het.  Ons was baie bevoorreg om te kon trou op ons eerste trou datum en ons troue was nooit uitgestel nie.

Visie vir droomtroue:


Ons wou regtig ʼn gemaklike troue gehad het.  Ons doel was om ʼn “kuier troue” te hê wat ʼn hele naweek is en waar al ons vriende mekaar se vriende raak.  Die dekor, blomme, rok en troukoek is ʼn bysaak, want solank mense lekker eet en lekker kuier is dit al wat hulle regtig onthou!

Die verloofring:


Op ons eerste uitstappie saam, het ons by ʼn markie na ringe gekyk sommer net vir die grap daarvan.  J.P. vra my toe wat is nog altyd my droom trouring.  Ek sê toe dat ek vir hom ʼn foto sal wys, maar vir interessantheid vra ek hom om vir my ʼn foto te wys van die ring wat hy dink ek sal van hou.  Toe ons die prentjies vir mekaar wys, was dit nie net dieselfde ring nie, maar PRESIES dieselfde foto.  J.P. het toe saam met Francois van Franchan Diamonds gesit om die presiese ring te ontwerp.  Ek is verlief op my ring en dit is alles wat ek nog ooit wou gehad het!

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag ʼn verlowings video gemaak het, sodat ons dit kon gebruik vir ons uitnodigings en die foto’s wou ons graag gebruik het op ons troue se webtuiste.  Megan & I, die fotograwe, het dit alles absoluut die moeite werd gemaak en die kleure en tema het perfek by ons uitnodigings gepas.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


J.P en ek was baie rustig oor die troue.  Ek het KOVID-19 gekry en in my 10 dae isolasie het ek die hele troue beplan.  Ek het verkies om alles self te doen, sodat niemand anders enige stres oor ons troue hoef te hê nie.  Ons het eers weer ʼn maand voor die troue al die klein goedjies gefinaliseer.  Dit is die beste advies wat ek vir ʼn nuut verloofde paartjie kan gee: Moet nie dat stres en bekommernis oor die troudag die hele reis van verloof wees bederf nie.  Vat elke dag soos dit kom.  Probeer so vroeg as moontlik alles afhandel sodat jy regtig die reis kan geniet.  Dit is die lekkerste tyd van jou lewe!

Visie vir droomtroue:


Ons wou regtig ʼn gemaklike troue gehad het.  Ons doel was om ʼn “kuier troue” te hê wat ʼn hele naweek is en waar al ons vriende mekaar se vriende raak.  Die troudekor, blomme, rok en troukoek is ʼn bysaak.  Solank mense lekker eet en lekker kuier is dit al wat hulle regtig onthou!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons wou graag laat al die kleure en die tema by ons troue pas, sodat die foto’s op ons webtuiste gebruik kan word.  Megan & I, die fotograwe, het ons na ʼn myn in Benoni geneem.  Die myn lyk soos iets uit ʼn ander land en met die perfekte lig het ons die mooiste foto’s gekry.  My rok en die styl het perfek in gepas by die tema van ons troue.  Ons is informele mense en ons wou net onsself wees tydens die fotosessie, daarom was ek en J.P. albei kaalvoet en natuurlik.  Megan & I het dit nie eenkeer laat voel soos ʼn foto sessie nie en daarom was al die foto’s regtig spontaan en natuurlik, wat presies weerspieël wie en wat ons is.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou graag ʼn verlowings video gemaak het sodat ons dit kon gebruik vir ons uitnodigings en die foto’s wou ons graag gebruik het op ons troue se webtuiste.  Megan & I, die fotograwe, het dit alles absoluut die moeite werd gemaak en die kleure en tema het perfek by ons uitnodigings gepas.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Ons is so geseënd dat KOVID-19 GEEN invloed op ons troue gehad het nie.  Ons kon op ons oorspronklike trou datum trou en al die gaste nooi wat ons in gedagte gehad het.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: