Die avontuur van die liefde laat ons soms ontnugter, maar nie vir dié pragtige paartjie nie. Hennie en Nicole se avontuurlustige verlowingsfotosessie weerspieël perfek hoe spesiaal dié paartjie is.
Hennie en Nicole stap al ʼn lang padjie saam, gelukkig is 2019 het Hennie die groot vraag gevra op die mees spesiaalste manier ooit. Hy het haar gevra onder die Rialto Brug op die Gondola in Venesië. Nicole se opregtheid is een van Hennie se heel gunsteling kwaliteite, en met Hennie se lewenslustigheid was dié verlowings groot vraag baie spesiaal.
Die manier hoe hy haar gevra het is nie die enigste merkwaardige aspek nie, Nicole se verloofring bestaan uit 3 diamante, een van haar pa af; een van Hennie se ma af en een van Hennie se ouma af. Met soveel liefde en versekerdheid het die pragtige paartjie besluit op ʼn avontuurlustige verlowingsfotosessie. Hul inspirasie vir dié verlowingsfotosessie kom van Nicole se pa, hy was ʼn avontuurlustige man. Hennie en Nicole het besluit op Franschhoek se pas, dié bestemming het spesiale sentiment oor Nicole se pa. Hulle wou bo op die pas hul verlowingsfotosessie neem waar hul oor die familieplaas uit kyk.
Dié avontuurlustige verlowingsfotosessie is nie net pragtig en uniek nie, maar hou ook verskriklik baie sentiment en betekenis. Vir die pragtige paartjie was dié verlowingsfotosessie ʼn emosionele en spesiale gedagtenis van Nicole se oorlede pa en hul nuwe liefdevolle huwelik se toekoms.
Rol nou af en geniet die avontuurlustige verlowings fotosessie van Hennie en Nicole.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ek en Hennie het in 2009 ontmoet, Hennie het vir my op ʼn visvang afspraak gevat. Ek was toe dadelik beïndruk toe hy ʼn vis skiet en hard op skree “ek is ʼn natural baby!” Op daardie stadium was ek bietjie te jonk vir Hennie, hy is 8 jaar ouer as ek. Toe moes ek nog bietjie verjaar 😉
Ons het toe in 2015 begin uitgaan, en toe in September 2019 toe vra Hennie die groot vraag in Venesië.
Die groot vraag:
Ek en Hennie het gepraat oor verloof raak, maar ek het nooit geweet wanneer nie. Ons het toe Italië toe gereis om ʼn familie lid se troue by te woon. Ons het toe besluit om somer ʼn reis daarvan te maak. Ek moes vir Hennie gaan wys hoe lyk Venesië (hy was nog nooit in Europa nie), ek het gedink hy sal mal daaroor wees omdat hy mal is oor water en vis!
Die ry vir ʼn Gondola rit was verskriklik lank. Hennie kan mos organiseer toe reël hy somer gou vir ons ʼn Gondola, en ons staan toe voor. As jy in Venesië is moet jy mos op ʼn Gondola rit gaan. Toe vra hy my onder die Rialto Brug op die Gondola. My asem was weg geslaan! Ons het toe verder met ons familie en vriende in Rome ons verlowing gevier.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Ek is mal daaroor dat Hennie so lewenslustig en “go getter” is. Omdat ons elke dag saam werk, verstaan ons mekaar so goed. En ons vul mekaar mooi aan.
Hennie het geantwoord – My opregtheid is sy gunsteling eienskap 🙂
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons wou voor inperking trou, maar gelukkig het ons geen finale reëlings vas gemaak nie. Ons het toe besluit om Oktober 2021 te trou toe die inperkings reëls verslap het.
Die verloofring:
Ek het vir Hennie idees gegee, hy het toe al my idees in een gesit en het dit toe laat hand maak by ʼn lokale juwelier. Die ring is baie uniek en spesiaal vir my, die bestaan uit ʼn diamant van my pa, Hennie se ma en Hennie se ouma.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons het reeds ʼn verlowings foto sessie gedoen in Italië, maar ons wou graag hierdie spesiale foto sessie doen in Franschhoek, ons tuis dorp saam met Danelle. Ons is mal oor haar werk en sy laat mens so gemaklik voel.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ek en Hennie is baie avontuurlustig, en ek wou graag op die Franschhoek pas op my pa, wat oorlede is, se Royal Enfield te shoot, waar ons afkyk op ons familie plaas. Hy was lief vir die motorfiets en ek het gereeld saam hom rond gery oor die pas. Die fotosessie was dus ʼn baie spesiale, emosionele en na aan die hart fotosessie ter na gedagtenis van my pa en op my en Hennie se nuwe toekoms saam.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons het gevrees dat die inperking reëls nie verslap word nie en dat dit ons troue dalk sal affekteer.
Visie vir droomtroue:
Ons droom troue sal ʼn intieme troue wees met naby familie en vriende op ons familie plaas in Franschhoek.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Danelle Stofberg Photography
- Fotosessie Venue: Franschhoek Pas
- Verloofring: Du Toits Jewellers Franschhoek