Francois & Mia se selfdoen boheemse troue

Mooi Troues deel in opgewondenheid met ons lesers die pragtige selfdoen boheemse troue van Franscois en Mia!

Koos Du Plessis het op ‘n tyd gesê liefde is soos ‘n dubbeldoor, iets te wen en iets te verloor.  Só het dié bruidspaar hul liefde uitgespreek.  Franscois en Mia se eintlike trou datum was 9 Mei 2020, maar weens Kovid-19 se streng inperkings kon die bruidspaar toe nie ‘n groot seremonie hou nie.  Dit het nie die liefde van die paartjie gekeer nie, hul het besluit om steeds op die 9 Mei 2020 te trou, deur om ‘n intieme agterplaas troue te hou.  Net hul ouers en Mia se suster het bygewoon.

Met vele troues word baie van die trou blomme en installering weg gegooi.  Mia wou dit keer en het toe al die blomme en blare gaan kry en droog gemaak om die perfekte boheemse atmosfeer te skep.  Die paartjie het gebruik van klomp droë blomme en installering, daar word gespeel met warm herfs kleure in die hart van winter.  Die trou dekor komplimenteer vir Franscois en Mia.    Dié pragtige bruidspaar het by Du Von Estate hul selfdoen boheemse troue gevier.

Mia betower al die gaste in haar pragtige wit boheemse styl trourok, terwyl Franscois spog in sy aantreklike bruin broek en grys baadjie.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Dié selfdoen boheemse troue het die 5de Junie van 2021 plaas gevind, rol nou af en geniet elke oomblik.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het een somers aand in Januarie 2016 ontmoet in Ceres.  Daardie aand was ons voorgestel aan mekaar, maar soos dit mos werk het nie ek of hy regtig iets gesoek op daardie stadium van ons lewe nie en ek glo dit is hoekom ons mekaar toe wel gevind het.

Ons storie het begin met ʼn vriendskap wat ontwikkel het in ʼn romanse. Ons was in Augustus 2016 soos hulle sê “Facebook official”.  Ek het sommer dadelik geweet dit is ʼn man wat ek aan my ouers kan voorstel.

2019 Het aangebreek en dit was die jaar wat ons verloof geraak het.  Francois het my op ʼn piekniek gevat in die karoo waar ons langs die pad gestop het en sommer net hotdogs gebraai het en hy gesorg het vir allerhande peuselhappies en ʼn lekker rooi wyn.  Terwyl ons besig was om op te pak het hy aangestap gekom met blomme en sjampanje waar hy toe op een knie sak en my vra om sy vrou te wees.  Dit was die lekkerste ja ooit!

Die Verlowing Tydperk:


Die tydperk van verloof raak tot die oorspronklike trou datum van 9 Mei 2020 was 8 maande.  Ons het steeds besluit om die 9e Mei 2020 te trou deur die streng KOVID-19 tydperk.  Ons het ʼn baie intieme agterplaas troue gehad in Wolseley in my Ma en Pa se tuin.  Dit was net ons, my ouers Francois se Ma, my suster en die dominee wat teenwoordig was.  Ons het vriende en ander familie op Zoom ingeskakel om so ook te kom by wees.

Ons het self die troue beplan met hulp van vriende en familie.  Dit was lekker gewees en ek sou dit nie anders doen nie.

Trou Begroting:


Daar was nie regtig volgens ʼn begroting gewerk nie.  Elke ding wat ons self kon doen het ons en het baie goed gehou by dit was ons gehad het.  Ons het rond gery en blomme ens, gaan pluk langs paaie en in mense se tuine.

Ons het 63 gaste onthaal en dit was heerlik en intiem.

Advies:

Daar is baie wat mens self kan doen soos saal opmaak en blomme rangskik om geld te bespaar.  Klein goedjies jaag vinnig jou begroting op.  Ek is voor in die ry vir ʼn “bargain”, maar as daar een ding is waarop jy kan spandeer is dit ʼn ordentlike fotograaf dit is al wat jy van jou dag oor het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Bruidegom:

Toe Mia saam met haar Pa aangestap kom in haar trou rok, wat ek weet sy en ek so lank al na uitgesien het.

Bruid:

Om vir Francois voor by die kansel te sien staan in sy pak waar hy vir my wag al was dit vir die tweede keer.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid het meeste van die finale besluite geneem.  Ons albei was betrokke en bewus van alles, maar die bruidegom het altyd seker gemaak die bruid is gelukkig.  Ons familie was redelik betrokke met besluitneming in die manier van raad gee en saam ʼn ding deurdink.  Die finale besluite en keuses was steeds die bruid en bruidegom sʼn gewees.

Paartjie se styl:


Ons styl vir die troue was boheems.

Bruid se trouring was ontwerp en gemaak met diamante van elke moeder.

Bruidegom se trouring is ook gekies om aan te sluit by effense boheemse styl.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons was so gelukkig met al ons diensverskaffers veral in die pandemie was almal van hulle tegemoetkomend. Hul het so goed saam met ons gewerk en was elke keer bereid gewees om na 4 keer se datum aanskuif nogsteeds vir ons hulle dienste te verskaf.

As ek moet uitsonder was dit die volgende:  Spyseniering.  Ons kos was heerlik en gaste het almal gegons. (Nie seker of sy slegs saam met Du Von werk nie)

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames jy hoef nie ten duurste vir alles te betaal nie vra rond vir mense en vrouens wat reeds getrou het daar is baie mense wat gewillig is om te help.  Moet ook nie jouself onderskat oor wat jy self alles kan doen nie.

Dit is cliché maar, trek jou rok so vroeg as moontlik aan. Die dag vlieg verby.

Dit is jou en jou aanstaande se dag jy nooi net mense wat jou diere se name ken.

Maak ʼn lys van al die fotos wat ʼn moet is om te neem by die paartjie sessie en ook familie fotos jou kop is op 100 plekke daardie dag.

Manne laat jou bruid voor vat, maar lig ook jou opinie miskien help dit haar om makliker besluite te neem.

Maak seker jou bruid is gelukkig niemand anders se geluk tel daardie dag behalwe julle 2 sin nie.

Maak tyd om by die pre-drinks met gaste te spandeer.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar het nie regtig iets verkeerd geloop op die dag nie, maar ek sou definitief vroeër getrou het om meer tyd te kon spandeer met gaste na die seremonie voor al die fotos begin het.  Die dag loop ongelooflik vinnig en na die tyd besef ʼn mens hoe min tyd jy regtig met gaste spandeer het.

Venue & Dekor:


Ons wou baie graag in Robertson trou. Dit was ons eerste stap om Du Von te vind.  ʼn Familie vriend van ons se seun was daardie tyd verloof aan Laura (die eienaar) se suster en so het ons gehoor van Du Von Estate.  Die dag toe ons gaan kyk het na die trouvenue en vir Luara ontmoet het het dit vir ons die bevestiging gemaak dat Du Von die venue sou wees waar ons gaan trou.  Du Von is ʼn bekostigbare en “stunning” trouvenue jy kry absoluut waarde vir geld en saam met ʼn wonderlike eienaar soos Laura is dit ʼn goeie kombinasie.

Die inspirasie agter die dekor was my liefde vir boheemse styl en ook dat ek iets wou oor hou van ons trou dag.  Al die blomme was reeds droog of dan gedroog deur my en my gesin self.  Ek het net op vele troues al gesien hoe duur blomme en troudekor net eenvoudig weg gegooi word.  Ek wou nie dit gehad het nie daarom het ons ook baie van die blomme dekor self gepluk langs die pad of op vriende se plase en ook geskenk aan ons gegee die saal het ons ook self opgemaak.

Vermaak:


Ons het gebruik gemaak van ʼn platejoggie op die dag.

Die verwelkomings drankies was die gewone biere en ciders en dan was daar kelkies uitgesit vir sjerrie om die gaste warm te hou op die winters dag.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


KOVID-19 het definitief ʼn effek op ons troue gehad.  Oorspronklik sou ons 9 Mei 2020 trou maar, Maart 2020 tref die grendeltydperk ons dae voor ek sou gaan om vir die eerste keer my trou rok te gaan pas.

Ons het oorweeg om te kanseleer, maar wou graag al ons verskaffers behou asook nie ons gelde terug vra terwille van hulle nie, want dit was ʼn moeilike en deurmekaar tyd vir ons almal.  Op die ou end het ons 4 keer ons datum verander met ʼn bietjie vreugde die laaste keer, want ons het toe tannie en oom geword en die troue toe ʼn laaste keer met ʼn maand uitgeskuif na 5 Junie 2021.

Ons was baie gelukkig in die sin dat omtrent alles reeds gereël en vas gestel was dit was net die stres van uitstel na datums wat vir almal pas en ook elke keer as die president die land toegespreek het om te hoor of alles kan voort gaan soos beplan.

Wittebrood:


Ons was Oubaai en Wilderness toe.  Ons is mal oor daardie klimaat en omgewing.  Om te kon swem in Junie maand was beslis ʼn bederf. Daar is soveel om te doen en net ʼn 30min kar trip dan is jy by die strand of dan weer in die bos.  Definitief iets vir almal om te geniet veral in Wilderness.

Ons het by AfriCamps gebly en daar het ons ʼn nuwe stok perdjie ontdek vir albei van ons. Ons het die een oggend opgeskryf vir die boogskiet en was dadelik mal daaroor.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad.  Francois het een dag by die huis gekom en vir my ʼn liedjie gespeel wat hy op die radio gehoor het en vir my gese ek wil graag eendag op dit dans by ons troue, want dit is presies hoe ek voel.  Ek het eers getwyfel of ek die liedjie wil gebruik, maar op die ou end wou die bruid ook net die bruidegom gelukkig maak.

Ons het geen dans lesse geneem nie en het net geoefen by die huis of wanneer ons saam met vriende braai.

Spesiale dank


Ek sal graag ʼn spesiale dankie aan my broer en skoonsuster wil gee Frederik en Elana van Zyl as dit nie vir hulle ongelooflike groot seëning met die finansiële donasie was nie sou hierdie troue nie moontlik gewees het nie.  Ons was oor en oor geseën met die reël van hierdie troue en kon werklik die goedheid van ons Here beleef het en daarom het ons ook nie opgegee op hierdie sprokies dag ten spyte van al die op draende wat KOVID-19 ons gebring het nie.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]