Elke bruidspaar is tog anders, maar dié moderne vat aan “Boho sjiek” sal almal se belangstelling prikkel. Mooi Troues bring voort die nuutste trou inspirasie wat speel met die idee van moderniteit en die helder kleure van die “Boho sjiek”.
Dié moderne vat aan “Boho sjiek” speel met die warm aardse kleurskema wat soos ʼn legkaart in pas met die moderne uitleg. Om die moderne uitleg voort te bring, dra die trou dekor by met luukse skakerings van goud en grys. Verder speel tekstuur ʼn groot deel van die atmosfeer van dié moderne vat aan ‘Boho sjiek’ se gestileerde fotosessie. Hul speel met verskeie teksture soos hout, klip, klei en raffia.
Hierdie gestileerde trou inspirasie toon warm skakerings van bruin en aardse gryse. So wel as die sekondêre kleure van oranje, terracotta, met dit ʼn sagte salie groen. Boonop als, word dié moderne vat aan ‘Boho sjiek’ se fotosessie gekomplimenteer aan ʼn betowerende helder rooikop model.
Vir toekomstige bruidspaartjies wat trou inspirasie soek, gaan besoek gerus Mooi Troues se trou inspirasie afdeling op ons webtuiste vir vele meer idees deur hier te klik. Rol nou af en vind inspirasie in dié Moderne vat aan “Boho sjiek” fotosessie.
Wie het die fotosessie gereël?
Ché Venue – Ché-Monique Botha, Eienaar en koördineerder by Ché Venue.
Inspirasie agter die fotosessie:
Een van mees populêre trou industrie neigings tans is jou “Boho sjiek” trou inspirasie. Ons wou juis dit “trou” met die moderne gevoel wat die troue venue paartjies bied, om te illustreer wat moontlik kan wees. Só ook fokus om ʼn titseltjie luuksheid in te bring by die neiging en dit persoonlik te maak.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Om ʼn gebalanseerde span bymekaar te sit vir ʼn fotosessie kan soms uitdagend wees. Dit is belangrik om ʼn span te kies wie die eindresultaat vir die fotosessie deurlopend in gedagte hou en nie net die tema komplimenteer nie, maar mekaar ook.
Agter die skerms van die fotosessie:
Met Pretoria se onlangse goeie reënval het die paadjie na die trou venue ongelukkig kort voor ons fotosessie verspoel. Maar die organiseerders was hard aan die werk om hierdie te herstel en gereed te wees vir hulle eerste funksie en troue.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Wat definitief vir ons as ʼn verskaffers uitgestaan het tydens die fotosessie was hoe moeiteloos die verskaffers kon saam werk om ʼn absoluut ongelooflik eindresultaat te lewer.
Dekor:
Elke element van die dekor is noukeurig uitgekies en uit beplan, sodat dit by die warm en aardse kleurskema van die fotosessie kon pas. Ons het gebruik gemaak van verskeie aardse kleure om die trou venue se kleure te komplimenteer. Aardse bruine, sowel as die luukse skakerings van grys en goud. Verskeie teksture is ook gemeng om die kontras uit te bring met hout, klip, klei en raffia. Tesame met warm sekondêre kleure soos skakerings van terracotta, oranje en ʼn sagte salie groen.
Kleurskema:
Die inspirasie agter die kleurskema was die aardse kleure wat deurlopend in die trou venue teenwoordig is, maar ook die moderne uitleg en oop areas van die trou venue. Om die kontras hiervan uit te beeld in ons dekor het ons warm skakerings van bruin en aardse gryse gebruik, tesame met ʼn sekondêre kleur wat verseker sal uitstaan, dus jou warm oranje en terracotta skakerings. Só ook, ons rooikop model wat verseker die kleurskema komplimenteer.
Venue en Ligging:
Ché Venue is ʼn splinter nuwe trouvenue in Pretoria wat enige bruid eintlik ʼn “blank canvas” bied. Ons wou juis die trou venue se veelsydigheid deurgee in die fotosessie en dit ook “trou” met die nuutste trou industrie neigings.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Elke bruidspaar is anders, dus is dit belangrik om hierdie ook deur te gee op julle spesiale dag. Tendense sal daar altyd wees, maar jou troudag moet eie aan jou wees. Inkorporeer ʼn ietsie wat julle “julle” maak by die tema of trou inspirasie van jou keuse.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Gin & Tonkin
- Handruiker: Blom
- Dekor: Monochrome Events & Design
- Grimering: Meraki by Mantoine
- Hare: C-Morr hair artist
- Troukoek: Cake Box
- Skryfbehoeftes: D-Vites by M.H.S
- Trourok: Daisies & Pearls Bridal Co
- Venue: CHÉ Venue
- Macramé: Shelli Handcrafted