André & Nicola se romantiese bruilof

André en Nicola se romantiese bruilof weerspieël ʼn pragtige liefdes verhaal.  Dié pragtige paartjie het in 2019 ontmoet en kan met geen twyfel sê dat hulle bedoel is vir mekaar.  André het ongeveer na 6 maande van die pandemie lewe besluit om vir Nicola die groot vraag te vra.

Dié pragtige paartjie was vir 1 jaar en 8 dae verloof gewees.  Hulle spog met hul besluit van die trou venue in Bronkhorstspruit in Gauteng.  Betowerend verskaf dié trou venue reeds ʼn warm en gesellige atmosfeer wat toelaat dat die romantiese bruilof se trou dekor minimalisties kon wees.  Love Beloved het uitstekende werk gedoen om die trou paartjie se romantiese bruilof perfekte te maak. Die trou dekor het gespeel met ʼn kombinasie van swart, brons, pink en rooi.  Dit het die trou venue gekomplimenteer en ʼn warm atmosfeer geskep vir André en Nicola.

André en Nicola dra ook by tot die warm atmosfeer en styl van die romantiese bruilof.  Nicola het al haar gaste se aandag reg deur die loop van die trou gevangenis gehou. Te danke aan haar asemrowende trourok.  Daar is tulle aan die onderdeel van die rok wat gekomplimenteer word met pragtige kant op haar rug.  Die bruidegom, André, spog met sy aantreklike vlootblou pak en ʼn fraai ‘candy apple’ strikdas om sy nek.

Alhoewel die trou venue ʼn trou koördineerder gehad het, het Nicola voorgegaan en al die logistieke en beplanning self gedoen.  Nicola en André het al die grootste besluite saam geneem, dit is duidelik dat dié romanties bruilof aan al Mooi Troues se leser se hart snare gaan speel.  Vir meer professionele diensverskaffers soos dié romantiese bruilof gaan besoek gerus Mooi Troues se trougids.

Rol nou af en geniet André en Nicola se romantiese bruilof.

Paartjie se Liefdesreis:


Die ontmoeting:

Ons het ontmoet by ʼn braai van gemeenskaplike vriende wat ons altwee beide van hoërskool dae af ken, maar het in meer as ʼn dekade lank mekaar nooit ontmoet tot in 2019.  Ons was ʼn paar maande vriende maar het vinnig agter gekom dat ons baie in gemeen het, goed oor die weg kom en baie van mekaar hou.

Die groot vraag:

Na ses maande van pandemie lewe het André Nicola se bestuurder gevra om hom te help die plan uitvoer.  Hy het die ring gekry in tyd vir ons 1 jaar herdenking, en wou op die dag die groot vraag vra.  Nicola se bestuurder het ʼn “fake meeting” opgestel om haar uit die huis te kry en André het toe die hele eetkamer met kerse en blomme opgemaak en toe Nicola by die voordeur inloop het hy op sy knieg gegaan.  Die antwoord was natuurlik ja.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir 1 jaar en 8 dae.  Ons het meeste van die reëlings self getref, dit het wel gehelp dat ons ʼn trou koördineerder by die venue gehad het.

Trou Begroting:


Ons oorspronklike begroting was R100 000 vir 80 mense.  Ons het in totaal R120 000 spandeer op addisionele uitgawes waaraan mens nie noodwendig dink nie.  Op die ou einde was ons gaste 65 met kansellasies a.g.v Kovid.

Advies aan paartjies wat beplan om te trou:

Hou ʼn begroting vir goedjies waaraan mens nie dink wanneer mens met beplanning begin nie.  Moenie onnodig geld uitgee op gaste geskenke nie.  Ek sou eerder iets baie klein op die dag doen en later in ʼn persoonlike kapasiteit vir iemand iets spesiaal gee indien nodig.

Merkwaardigste Oomblikke:


André:

Hoe mooi Nicola gelyk het.

Nicola:

Hoe breed André se glimlag was die heeldag lank.

Gesamentlik:

Die wind het vreeslik erg gewaai (soos op die fotos duidelik sal wees) en dis iets wat almal nou nog oor praat.

Wittebrood:


Ons was in die Kaap vir ons wittebrood. André het nog nooit vantevore die Kaap gesien/getoer nie.  Toe ons daar aankom was dit so bewolk en reënerig dat André Tafelberg vir die eerste keer gesien het 4 dae nadat ons daar aangekom het, al het ons in Seepunt tuisgegaan.  Vriende wat in die Kaap bly het ons verras met ʼn aand by die Big Daddy Hotel in die middestad en ons kon toe ʼn tweede viering kon hou. Verder het ons by ʼn hele paar wynplase omgegaan en ʼn groot gunsteling was ontbyt by Hillcrest Berry Farm op Helshoogte.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons was gelukkig dat ons niks moes skuif nie, maar soos bo genoem, baie van ons gaste moes op die nippertjie kanselleer.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die gaste wat dit a.g.v. Kovid nie kon maak nie.  Ons het 10 gaste gehad wat op die laaste minuut nie kon kom nie, insluitend die Strooimeisie en haar man, sowel as spesiale gaste wat van Dubai af gevlieg het spesiaal vir die troue en nie kon kom nie.

Paartjie se styl:


Nicola se rok is deur Bride & Co (Viola Chan), sy wou spesifiek die tulle onderdeel gehad het en die kant detail op die rug.  Dit was die eerste en laaste rok wat sy aangepas het.

André se pak was by Eurosuit gehuur, hy het die vlootblou pak gekies om ʼn moderne stylvolle “look” te hê, die “candy apple” strikdas was iets om die blou te breek en het mooi by die troue se romantiese kleurskema gepas.

Nicola se ring is van The Diamond Channel af, en André het self die diamant gaan kies wat in haar ring geplaas is.  André wou iets anders as die gewoon hê en ons het sy ring opgespoor by ʼn privaat verskaffer in die Kaap.  Interessante feit van André se ring, hy moet dit elke 3 maande in Teak olie lê om die hout se kondisie te behou.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid het die leiding geneem om die logistieke en beplanning vir die dag te doen.  Al die keuses was saam geneem om seker te maak albei is gelukkig oor wat gaan plaasvind.  Geen familie of vriende was betrokke in die proses nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruidegom se advies:

Wat ookal jou begroting is, sit 30% by; en begin jou toespraak skryf en memoriseer ten minste ʼn maand voor die tyd.

Bruid se advies:

Moenie toelaat dat klein dingetjies jou ontstel nie, maak vroeg in die proses vrede dat dinge gaan verkeerd loop en dat dit okay is.  Dis hoe ons ʼn pandemie troue oorleef het 🙂

Venue & Dekor:


Ons het by Oxbow gaan kuier een dag in Augustus 2020 terwyl hulle besig was met groot opknappings en verbeteringe op die venue.  Selfs tussendeur alles wat aan die gang was, was ons dadelik verlief op die venue wat in die winter maande baie dramaties lyk met al die wilgerbome wat geen blare het nie.  Vir ons was dit perfek gewees. Die diens wat ons saam met dit ontvang het was die grootste bonus.  Die Oxbow familie gaan regtig “above and beyond” om vir elke bruid en bruidegom hulle sprokies dag te gee.

Ons dekor inspirasie was romanties en minimalisties omdat die venue alreeds so mooi op sy eie is.

Gunsteling Diensverskaffers:


As ons moet uitsonder sal dit Oxbow Country Estate.  Ons dag sou nie so glad verloop het sonder Carla, Allison en hulle span mense nie.

Vermaak:


AMA Promotions was ons platejoggie gewees en met ‘n pandemie troue wat ons nie regtig kon dans nie, het hulle ʼn fantastiese werk gedoen om nogsteeds goeie musiek vir die gaste te speel.

Eerste Dans:


Ons liedjie was La Vie En Rose – Emily Watts.  Die liedjie het ons gekies, want dis ʼn spesiale liedjie vir ons, dit kom uit een van ons gunsteling televisie reekse uit (How I met your Mother).  In die maande voor die troue het ons gedink ons het nog baaaaie tyd om te oefen en toe ons weer kyk het ons die eerste keer saam gedans die dag van ons troue!

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]