Neil & Keegan se intieme huistroue

Ons by Mooi Troues is opgewonde om met ons lesers die storie van Neil en Keegan se intieme huistroue in KwaZulu-Natal met julle te kan deel.  KOVID-19 het beslis dié paartjie se troureëlings in die pen gery … tog vertel hulle dat die uiteindelike troue wel beter was.

In vandag se tyd moet paartjies uit-die-boks dink waneer hul besig is om hul droomdag te beplan.  Elopement styl of intieme -troues raak al hoe méér gewild.  Tog met ʼn reis verbod wat onverwags kan intree, moedig ons paartjies eerder aan om plaaslik te trou.  Hou liefs die gastelys kort.  As jul so goed dink huur ʼn luukse huis vir ʼn dag of twee en vier dan sommer jul troue daar.  Huistroues is nie gewild onder Suid-Afrikaners nie, tog wil ons dié geleentheid gebruik om jul anders te oorreed.  As julle afrol en na Neil en Keegan se troufoto’s hieronder  sien sal julle sommer dadelik anders dink oor ʼn huistroue.

Maak nie saak of jul in die opelug, by ʼn trouvenue of selfs ʼn huis trou nie, sal jul nogsteeds troudiensverskaffers benodig.  Mooi Troues het professionele troudiensverskaffers op ons aanlyn trougids.  Klik hier om asseblief die diensverskaffers op ons trougids se profiele te gaan besoek.

Oorweeg jul dit om dalk jul troudag in die KwaZulu-Natal provinsie te vier?  Hier by Mooi Troues het ons al ʼn paar troues voorheen met ons lesers gedeel wat in KZN gehou was.  Om meer van die troues in dié provinsie te sien, klik asseblief hier.

Rol af en geniet Neil en Keegan se intieme huistroue.  Deel ook asseblief wyd-en-syd.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het aanlyn ontmoet en vir ‘n rukkie geklets.  Daarna het ons toe die dapper besluit geneem om mekaar in Durban te ontmoet, aangesien Neil destyds in JHB gewoon het.  Ons het ʼn heerlike aand gehad en soesji geniet op ʼn koue wintersaand.  Die res is Geskiedenis.

Neil het om 07:00 die oggend by ʼn familie-fotosessie vir my op ʼn strand in Saint Francisbaai gevra om te trou.  Ek het geen idee gehad hy gaan dit doen nie, want dit was 07:00 in die oggend!  Snaaks genoeg was dit ook  vir Niel ʼn verrassing , want hy het oorspronklik gedink die familie-fotosessie was eers 19:00 daardié dag.  Toe hy dus wakker word en aangesê word om reg te maak vir dié fotosessie, moes hy vinnig ‘n plan beraam oor hoe hy my gaan vra om te trou.  Nodeloos om te sê daar was baie sjampanje en ons was almal teen 09:00 “tipsy”, haha

Die Verlowing Tydperk:


Dit was veronderstel om ʼn 2 jaar verlowing te wees (2018-2020).  Ons was veronderstel om op 3 Mei 2020 in Mauritius te trou, by Lux Tamassa Resort saam met 60 van ons vriende en familie.  Weens Covid moes ons die troue kanselleer wat daartoe gelei het dat nog ʼn jaar verloof was.

Gedurende die einde van 2020 het ons op die datum van 1 Mei 2021 besluit en alles begin beplan met Oh Happy Day.  Ons oorspronklike troue was baie groter en het 2 troubeplanners van Mauritius ingesluit.  Om die tweede troue van 25 mense te beplan was baie makliker en ons het dit egter meer geniet.

Finansiële Aspekte:


Ons troubegroting vir Mauritius was R250 000 wat ons gespaar en as geskenk ontvang het.  Maar toe ons die troue moes kanselleer, het ons besluit om net R150 000 te gebruik vir ons klein plaaslike troue van 25 mense.  Jy sou dink dat ʼn kleiner troue by ʼn privaat huis goedkoper sou wees, maar ons het ons begroting van R100 000 baie vinnig bereik haha.  Die meeste daarvan het gegaan na ons buitengewoon blomme-muur wat ons gehad het danksy Oh Happy Day.

Vir toekomstige paartjies wat trou, sal ek regtig ʼn kleiner, meer intieme troue voorstel.  Ons het dié proses meer geniet.  Ons het glad nie onder druk gevoel op ons troudag nie en ons het regtig ons dag saam met die 25 gaste geniet.  Dink twee keer voor jy besluit om ’n groot uitspattig troue te hou.  Bestee liewer minder vir die troudag en gebruik daardie geld vir ʼn wittebrood of iets vir jul nuwe huis.

Ons beplan steeds om na Mauritius te gaan saam met die meeste van ons oorspronklike gaste van ons 2020 troue, want almal van ons het vlug koepons.  Ons sal dan ʼn groot partytjie met almal vier.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ek dink die mees spesiale ding vir ons was om saam reg te maak en bo-op die trappe te staan en wag vir ons aanduiding om die “trougang” af te loop.  Ons het in die oomblik daar gestaan en net geweet wat ons nou gaan doen is so reg.

Paartjie se styl:


Ons het oorspronklik beplan om ons troue op die strand in Mauritius te hou en die onthaal in ʼn glastent.  Toe ek hiervoor beplan het, wou ek neutrale en natuurlike kleure gebruik – niks helder of oordadig nie.  Al ons uitrustings het uitgewas en verbleik gelyk.  Ons uitrustings is van linne en katoen gemaak om die strand voorkoms te komplimenteer.

Hierdie tema het ons voortgedra in ons plaaslike troue.  Ons het al dieselfde materiale en ontwerpe gebruik.  Gelukkig is Durban ʼn pragtige plek om in die winter te wees, so dit het alles net gewerk.  Oh Happy Day het seker gemaak om die strand-atmosfeer in te bring met ons Bali-sambrele en hulle het selfs Mauritius-blomme en -fauna by ons blomme-muur ingesluit.

Wat my trouring betref, wou ek nog altyd diamante hê. Dit is nogal moeilik om ʼn ring vir ʼn man te maak en diamante in te sluit.  Daarom het ons ‘n familievriend, Mark Gold, genader en hy het my droom ring ontwerp en geskep – my persoonlike “High Roller”.

Neil wou net iets eenvoudig en tydloos hê – vandaar sy afgeronde goue troupand.

Venue & Dekor:


Weens Covid het ons geweet dat ons net ʼn paar gaste sou hê en daarom wou ons nie ʼn groot venue huur om te probeer vol maak nie.  Ons familievriende het pas hul droomhuis in Simbithi Eco Estate gebou.  Een aand met ʼn glas wyn het hulle dit vir ons aangebied as die amptelike venue vir ons grootdag.

Wat die dekor betref, ons besit Umhlanga Rocks SuperSpar en ons spesialiseer in dekor en geskenke.  Ons het Oh Happy Day by ons winkel ontmoet en ons het uitgewerk hoe ons die dekor wat ons verkoop, met ons vriende se huis en hul stilering kan inkorporeer.  Dit het absoluut perfek saam gewerk.

Die Besluitnemingsproses:


Omrede dit ʼn klein troue was, het ek en my man die meeste van die besluite geneem saam met die hulp van Oh Happy Day en my ma.  Ons is ʼn taamlik kreatiewe gesin, so dit was maklik om ons visie en atmosfeer te skep.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograaf, spysenier en beplanners <3 #dreamteam

Vermaak:


Ons het ʼn jong meisie met ʼn stem van ʼn engel, Queanne Southwood, gehad.

Eerste Dans:


Ons het eerste dans was Justin Bieber  se liedjie “Anyone“.  Dit was baie gemaklik en ongeoefen.  Ons het albei ons ma’s halfpad deur die liedjie gegryp om saam met ons te dans.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Dankie tog, niks het verkeerd geloop nie en ons sou niks verander het nie!

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


My raad sal wees om nie enige verantwoordelikhede op jou troudag te hê nie, gebruik eerder ʼn troubeplanner of delegeer take, selfs die kleinste take.  Dit sal jou toelaat om jouself ten volle in jou spesiale dag te betrek en ten volle te ontspan en die groot dag te geniet.  Neem ‘n oomblik elke uur saam as ʼn paartjie en absorbeer net alles in sonder enige afleidings – neem dié oomblik ten volle in.

Wittebrood:


Aangesien ons albei dit nog nooit gedoen het nie, wou ons nog altyd saam op ʼn bootvaart gaan,   Ons het familie wat in die reisbedryf is en hulle het moeite gedoen om ons te help om ons beste wittebrood te kies.  Ons het besluit op ‘n Mediterreense See vaart.  Begin en eindig in Griekeland terwyl jy tussenin eiland hop.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ons moes ons troue van 3 Mei 2020 na 1 Mei 2021 uitstel.  Ek dink die grootste teleurstelling was dat ons nog altyd gedroom het om in Mauritius te trou en dit is van ons weggeneem.  Maar ons was absoluut mal oor ons plaaslike klein troue en sou dit nie vir die wêreld verander nie.  Al wat dit beteken is dat ons net kaartjies na Mauritius het wat ons moet gebruik.  Wittebrood 2.0.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]