Marno & Dané se wynland herfs troue

Ons by Mooi Troues is vreeslik opgewonde om in dié inskrywing Marno en Dané se troue in die Paarl wynlande met julle te deel.  Dié oulike paartjie grap en sê hul was nie lus vir warm kry nie en het besluit om gedurende Herfs te troue.  Die Herfs seisoen bied vir eindelose romantiese kleure en julle sal in die foto’s hieronder sommer baie inspirasie kry as jul gedurende Herfs wil trou.

Dané is die eienaar van Veil Events, ʼn trou koördineerder besigheid in die Wes-Kaap, en het dus hul troue self beplan.  Op die dag was daar twee trou koördineerders wat seker gemaak het alles verloop seepglad.

Dané se trourok is self uniek gemaak van “Duchess Satin” met ʼn een-skouer.  Toekomstige bruide moet asseblief onthou dat die dag van die troue vreeslik lank raak … Só jou trourok moet gemaklik wees, terwyl jy almal se asems wegslaan.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Wat dié paartjie se troue nóg meer uniek maak is dat hul by ʼn oulike restaurant getrou het.  Dané het nog voor sy vir Marno ontmoet het vir ʼn vriendin gesê sy gaan by dié restaurant trou. The Rhebok Restaurant is geleë op Rhebokskloof Wine Estate in die Paarl.  Die wynlande van Paarl is vreeslik populêr vir troues.

Die troublomme dra by die Herfs tema van die troue en dit is regtig besonders hoe die blomme ontwerp bymekaar gesit is en al die elemente komplimenteer vir ʼn romantiese atmosfeer.

Marno en Dané se wynland herfs troue is anders, maar tóg bekend en ons weet Mooi Troues se lesers sal die troue sommer baie geniet.  Rol af en geniet ook die pragtige trou inspirasie vir ʼn Herfs troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het gedurende die pandemie ontmoet op Facebook, dit was BAIE onverwags. Marno het skool gegee vir my niggies in Worcester en hulle het altyd hom vertel van my en dieselfde andersom, ek het weer van Mnr. Marno gehoor wanneer ek daar gekuier het.  Toe ek die boodskap ontvang het, het ek net gevoel ek moet terugstuur, waar ek gewoonlik nie so iets sou doen nie.

Ons het toe begin uitgaan en oor-en-weer vir mekaar gedurende die grendeltydperk gaan kuier en 27 Desember 2020 verloof geraak in Wellington by Val du Charon.  Ons het net geweet dat ons bestem was om saam te wees.  Marno het tussen die olyfboorde op die plaas op sy een knieg gesak.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 5 maande verloof gewees.  Ek het self ons troue beplan en het twee oulike koördineerders gehad wat die verloop net oorsien het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die seremonie was definitief die deel wat die meeste uitgestaan het vir ons.  Dit is maar eintlik waaroor enige troue gaan.  Ons pastoor van Every Nation in Worcester het ons getrou en die boodskap was net so spesiaal en mooi gewees!

Die dans by ons troue was ook baie lekker gewees.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ek sal nie sê dit was nie perfek nie, dit was eintlik meer snaaks.  Ek het saam met my strooimeisies reggemaak, langs die kerk waar ons getrou het.  Iewers vroeg in die oggend het ons krag afgegaan by die gastehuis wat veroorsaak het dat die hare en grimering tye agter geraak het.  Letterlik 20min voor ons seremonie toe neem ons nog foto’s en ons moes uitteken by die Beckhuis.  My broers het net tasse in die voertuie van al die strooimeisies gegooi en my man hou glad nie daarvan om laat te wees nie en ek het geweet hy verwag dat ek op tyd in die kerk in stap.  So dit was iets waaroor ons lekker gelag het.  Ons het verskriklik gejaag en omtrent kerk toe gehardloop om betyds te wees.

Paartjie se styl:


Marno wou ʼn swart Tungsten ring gehad het wat ek by Touchwood bestel het aanlyn.  Hy het ook geweet dat hy ʼn donkergrys/houtskool pak wou dra vir ons troudag, wat hy sommer gekoop het by Woolworths met ʼn mooi wit knopies hemp, bruin leerskoene en ʼn swart das.

My trourok was ʼn prentjie wat ek raakgesien het op die internet en laat maak het by ʼn tannie in Clanwilliam.  Ek hou baie van Duchess Satin, dit is vir my elegant en tydloos en ek wou gehad het my materiaal moes die spesifieke tekstuur wees.  Ek wou ook nie iets dra wat afgly of ongemaklik was nie dis hoe ek besluit het op ʼn een-skouer, want ʼn troudag is lank.

My marquise diamant het ons in KOVID teen ʼn goeie afslag gekry by Viljoen Juweliers.  Die ring was ook ʼn prentjie wat ek gehad het en die konsultant het toe die perfekte diamant vir ons gekry.

Ek sal sê ons beide het geneig na simplistiese style vir ons troudag.

Gunsteling Diensverskaffers:


Vir Marno was dit natuurlik ons platejoggie – Marco Olivier .

Vir my was dit ons fotograaf en videograaf – Jacques Albertyn & This Wedding Videography, hulle het ʼn ongelooflike goeie werk gedoen en vir ons net die beste eindproduk gegee!

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid natuurlik, dit was vir my ʼn groot dag omdat ek dit vir ʼn lewe doen.  Ek het Marno betrek by die elemente waarin hy belanggestel het bv. die musiek om ons platejoggie te lei met dit, omdat hy lief is vir goeie musiek!

Ons ouers het ons vertrou met die besluite, ons moes net sorg dat dit in begroting bly met dit wat hulle gegee het vir ons.  Ons pa’s wou lekker eet vir wat hulle betaal, so ons het seker gemaak om vooraf die kos te proe en die spyskaart aan te pas.  Mens moet maar in sekere afdelings ouers en vriende akkommodeer, maar ook steeds ingedagte hou dat dit jou en jou man se dag is.

Venue & Dekor:


Ek het saam ʼn vriendin by die oulike restaurant gaan koffie drink laasjaar Januarie en vir haar gesê dat ek my troue daar sal hou.  Dit is vir my ongelooflik mooi en anders!  Mei maand het ek en Marno mekaar ontmoet en die restaurant was heeltyd in my agterkop vir ons troue.  Ek het Marno die plek gaan wys na ons verlowing en hy het dit net so mooi en perfek gevind vir ons intieme troue met min mense.

Ons het ʼn herfs troue gehad, ons het glad nie kans gesien vir warm kry nie.  Die venue is reeds baie mooi van self, so dit het nie baie nodig gehad nie.  Ek het vir my bloemis eintlik maar vrye teuels gegee met die blomme en dekor.  Ek wou net kerse op die tafels gehad het en sy het ʼn pragtige fokus muur gestileer by ons bruidstafel.  Dit was prentjie mooi en spesiaal!

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Hou jou troue eenvoudig en maklik.  Moenie dinge oordink nie, stel vas dit wat belangrik is vir julle en belê in dit.  Geniet die dag ten volle, want dit vlieg verby.

Bruidegom:

Nooi die mense wat nogsteeds na die troue by jou sal kom kuier.  Dit is nie nodig vir ʼn groot troue nie.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Nee glad nie, die KOVID-19 regulasies het ʼn week na ons troue strenger geraak.  So ons was in ʼn baie bevoorregte posisie gewees.

Eerste Dans:


Nee ons het glad nie geoefen nie, ek dink dit was die eerste keer wat ons gedans het.  Marno kan baie goed dans!  Ons het dit gevat soos dit gekom het.  Ons liedjie se naam was: Lieg vir my – Riaan Benadé

Wittebrood:


Ons gaan Desember bietjie weggaan, Marno beplan ʼn verrassing.


    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]