Juan & Annika se intieme natuur verlowingsfotosessie

Juan en Anika het ʼn intieme natuur verlowingsfotosessie in die besonderse natuurskoon buite Worcester gehad.  Annika het gedroom van ʼn fotosessie met haar tuiste dorp se omringende mooi berge wat bedek is met sneeu.  Met genade en geloof het alles toe perfek uitgewerk vir die paartjie se fotosessie.

Die paartjie het dit goedgedink om ʼn verlowingsfotosessie te hê oor beide van hulle soms bietjie kamera sku is.  Dit plaas jou definitief op jou gemak met jou fotograaf op jou troudag.  Annika het haarself voorberei vir die fotosessie deur haar grimering en hare ook te laat doen.  Dit was die handewerk van Almari van Hairstyling, Make-up and Photography by Almari.

Die paartjie se uitrustings het so mooi ingeskakel by die omgewing en het die natuur komplimenteer.  Dit was die perfekte kleurskema keuse vir ʼn winter verlowingsfotosessie.

Rol nou af om meer foto’s te sien van Juan en Anika se intieme natuur verlowingsfotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was terug in 2012, ons kom al ʼn lang padjie saam mekaar.  Ons albei het op Stellenbosch studeer en vriende in gemeen gehad.  Hierdie aand het ʼn paar van hierdie vriende saam mekaar gekuier, ek het by die bar gestaan en Juan het met my begin gesels, hy vertel dat my rooi lippe sy aandag getrek het.  Na 9 jaar van die liefdes-tuimeltrein ry, klim ons met die grootste glimlag saam af.  Ons trou!  Dit kon dalk eenvoudiger gewees het, maar dit bly ons heel gunsteling liefdesverhaal.

Die groot vraag:


Ons verlowing is omtrent ʼn storie wat ek eendag vir my kleinkinders gaan vertel, Riversdal, 28 Desember 2020.  Juan het ʼn groot plan gehad om Sleeping Beauty te gaan klim en my op die berg te vra, hy het die vriende gereed gehad om vroeër te klim en alles vir hom reg te kry vir hierdie stresvolle, spesiale oggend.  Ek het op Kersdag begin siek voel.  Ek wat siek geword het, het ook beteken dat ons nie daardie groot berg sal kan uitklim nie.

Juan en sy suster het die oggend van die 28ste begin wikkel om hierdie verlowing te laat realiseer. Daar is vir my gesê om mooi aan te trek want ons wil familie foto’s neem voor almal uitmekaar spat vir hulle Nuwejaar planne. Juan het my dorp toe geneem vir ʼn vinnige middagete sodat sy suster haar kindertjies kon regkry vir die ‘fotosessie’.  Oppad terug vat Juan ʼn ander pad, ek was heeltyd onder die indruk ons gaan nou familie foto’s neem. Toe ons daar stop toe weet ek vir die eerste keer, vandag raak ek verloof.  Sy sussie het die mooiste area in die berge gekies en dit vir ons opgemaak.  Ek het gehoop om Desember vakansie verloof te raak, maar met die siek word het ek dit heeltemal uit my kop verwyder, die dag was een groot verrassing vir my.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Juan se gunsteling eienskap van my is my goedhartigheid.

My gunsteling eienskap van Juan is dat hy onsettend lief is vir sy mense.  Hy sal enigiets doen vir sy geliefdes en vriende.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het getrou die 16de Oktober.  Ons kom al ʼn tydjie aan, ʼn lang verlowing was nooit in die plan nie.

Die verloofring:


Een van Juan se goeie vriendinne het die ring vir hom gemaak.  Juan het met my vriendinne en ma gesels, die ring was ʼn verrassing vir my, die beste, mooiste verrassing ooit.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons is sosiale mense, maar voor ʼn kamera is ons lekker skaam.  Ons wou graag gemaklik geraak het met die fotograaf.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons bly in Worcester en die berge hier rondom ons is pragtig.  Ons grootste droom was om die fotosessie te doen met sneeu op die berge.  Ek het hierdie droom met die fotograaf bespreek, maar dit was onmoontlik om in Maart al te weet wanneer dit gaan sneeu.  Twee dae voor ons sessie, toe sneeu dit!  Dit was vriesend koud, maar verseker die moeite werd.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Ons trou in ʼn tyd waar alles ongelukkig veranderend is a.g.v. KOVID-19.  Ons het vroeg met die trou reëlings vir mekaar gesê om kalm te bly en met die veranderinge aan te pas.  Met die Here se genade verloop alles glad tot dusver.

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Met die Here se genade verloop alles glad tot dusver.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: