HW & Madalé se elegante troue

Ons by Mooi Troues is opgewonde om die elegante troue van HW en Madelé met ons lesers te kan deel in dié inskrywing.  Dié paartjie se troue kan beskryf word as klassiek, elegant en tydloos en is propvol pragtige trou inspirasie vir ons lesers.

Murasie is ʼn moderne trou venue met baie glas en natuurlike lig, geleë op ʼn plaas tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai. Hierdie is die ideale bestemming vir ʼn troue.  ʼn Pragtige Trou Venue omring deur prentjie mooi natuur tonele.   Daar is tonne foto geleenthede by hierdie trou venue.  Murasie bied ook selfsorg verblyf op die plaas, perfek vir jou trou gaste.  

Die paartjie het gebruik gemaak van Husband Wife Team van Gansbaai se troublomme en -dekor dienste.  Madelé het net lof vir Christine en Nel van Husband Wife Team en vertel dat hul al haar verwagtinge oortref het.  Die troudekor is warm en romanties met inspirasie vir paartjies wat graag wil gaan met ʼn Oranje en Goud kleurskema.  Hier onder sal jul meer van die besonderse troudekor sien.

Definitief was die dansvloer nie stil nie te danke aan die professionele trou platejoggie, DJ Wico.

Is julle verloof en opsoek na professionele troudiensverskaffers om jul troue ook ʼn sukses te maak?  Mooi Troues het ʼn aanlyn trougids wat jul van enige plek kan besoek vanaf jou slimfoon.  Klik hier om betroubare trou diensverskaffers te vind vir jul troue.

Julle kan asseblief nou afrol en HW en Madalé se elegante troue storie geniet.  Onthou om asseblief met almal te deel wat jy ken.

Paartjie se Liefdesreis:


Een wintersaand in 2017 is ons aan mekaar voorgestel in ʼn Stellenbosch restaurant deur gemeenskaplike vriende.  Dit was toe eers na ons eerste afspraak wat Madalé en HW besef het hulle het ʼn moontlike juweel beet.  Ons vriendskap en verhouding het van daarvan af gegroei en ons groei vandag nogsteeds saam met mekaar.

Met die verlowing kry HW al die punte.  Madalé was vir twee weke weg vir werk in Kakamas en sonder haar wete het HW met haar bestuurder gereël dat hy die naweek mag kom kuier.  HW het 800km gehad om te beplan hoe hy die groot vraag gaan vra en ja, hy het Madalé se voete onder haar uitgeslaan.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het verloof geraak in Augustus 2019 met die plan daarna om te trou in Mei 2020.  KOVID-19 het natuurlik al hierdie planne in die wiele gery en ons het die troue uitgestel na 8 Mei 2021.  Ons het geen trou beplanner gehad nie en ons twee saam het as ʼn span ons troue beplan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir die bruid was dit ʼn merkwaardige oomblik om vir die gaste te kyk en te glimlag terwyl sy saam met haar pa die kerk inloop.

Vir die bruidegom was dit natuurlik ʼn groot oomblik toe sy bruid in die kerk aangestap kom, maar ook die feit dat hy kon sien hoe lekker sy vriende en familie die aand geniet.

Ons gaste se terugvoer oor hoe lekker hulle gekuier en gedans het en hoe seer hulle lywe was die Sondag van al die dans.

Natuurlik nog so oomblik, was direk na die bruidegom se bedankings toe die seremoniemeester, sarkasties, dankie sê vir sy bedanking.  Dit was ʼn skerp oomblik van die seremoniemeester se kant af.

Paartjie se styl:


Ons styl was klassiek, elegant en tydloos.  Die bruid se rok het gegaan vir ʼn eenvoudige, maar tog elegante styl. So ook die bruidegom se pak – mooi, netjies en elegant.  Ons trou ringe is beide geelgoud en tydloos.  Die bruid het ʼn eenvoudige ovaal solitaire diamant met ʼn gewone goue pand daarby.

Besluitnemingsproses:


Die bruid het die finale besluite geneem nadat sy die bruidegom gekonsulteer het daarop.  Die besluitneming het by die bruid en bruidegom gebly.  Finale idees was wel gedeel met nabye familie en vriende.

Eerste Dans:


Ja, ons het ʼn eerste dans gehad op ‘Dancing in the Moonlight’ . Ons het net ons eie danspas daarop uitgeoefen (wel met so drie keer se oefen voor die tyd).  Ons het een aand terwyl ons nog uitgegaan het spontaan in die kombuis net begin dans op hierdie liedjie en dit het die bruid bygebly.

Vermaak:


DJ Wico het gesorg vir die seer lywe Sondagoggend.  Hy het die klank in die kerk, “pre-drinks” en aand vir ons behartig.

Venue & Dekor:


Ons het die trouvenue op sosiale media gesien en baie van die klip mure (murasies) in die venue gehou.  Die troudekor inspirasie was herfs – verbrande oranje, warm kleure met ʼn wit en goue afronding.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is nie moontlik nie, want almal was fantasties, maar ʼn spesiale “shout out” vir Christine en Nel van Husband Wife Team wat AL ons verwagtinge en meer oortref het met ons troublomme en -dekor.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ons sou graag die ligte meer verdof wou gehad het tydens ons eerste dans.

elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue elegante troue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames:

Eet ʼn peuselhappie terwyl jou hare en grimering gedoen word.  Die dag is lank en die sjampanje is volop.  Onthou ook dat niks is perfek nie, êrens gaan ietsie verkeerd loop, maar hoe jy dit hanteer is belangrik, want die kans dat enige iemand weet daar was ʼn fout is 1%.

Die bruid se doelwit vir die aand was om vir elke liewe gas te groet en nadat die laaste een gegroet was, het sy gaan dans!

Mans:

Hê eerder te veel wyn by troue as te min.  Onthou om ook vir jou seremoniemeester te bedank.

Wittebrood:


As gevolg van KOVID-19 kon ons nog nie ons oorspronklike wittebrood Bali toe hê nie.  Die interim plaasvervanger na Botlierskop was ongelooflik lekker.  Ons sal enige iemand aanraai om daarheen te gaan.  Ons sien wel uit om nogsteeds Bali toe te gaan in 2022!



    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]