Dewald & Debbie se simplistiese boheemse bruilof

Dewald en Debbie het na meer as twee jaar se wag, hulle simplistiese boheemse bruilof gehad waar hulle aan mekaar trou beloof het.  Die paartjie kon met die hulp van ʼn troukoördineer en ʼn fantastiese venue pakket hulle troudag ʼn werklikheid maak.

Debbie het seker gemaak haar en Dewald se persoonlike styl reflekteer op hulle troudag.  Beide van hulle is mal oor papas gras en het dus besluit op ʼn boheemse sjiek tema.  Debbie het ook tonne trou inspirasie versamel op Mooi Troues se webjoernaal.  Alles van idees vir blomme, ook vir haar ruiker en idees vir hulle fotosessie.  Die troukoördineer het seker gemaak Debbie se visie vir haar blomme is alles waarvoor sy gehoop het.

Dit is belangrik om die inspirasie wat jy vind vir jou troudag steeds jou eie te maak.  Klik hier om diensverskaffers te vind in jou omgewing wat jou kan help om jou troudag inspirasie idees ʼn werklikheid te maak.

Rol nou af en geniet die pragtige foto’s van Dewald en Debbie se simplistiese boheemse bruilof in die Oos-Kaap.

Paartjie se Liefdesreis:


In 2011 het ons mekaar ontmoet.  Paar maande het verby gegaan, toe het Dewald my genooi om saam met hom Nuwejaar te vier in Jeffreysbaai.  Dis waar hy my uitgevra het om sy meisie te wees – op Nuwejaar onder die sterre en vuurwerke!

Ek was in my 1ste jaar op universiteit en het in Uitenhage gewoon en hy het in Port Alfred gewerk/gebly.  Ons het vir maande (of sal ek sê jare) oor en weer gery na mekaar toe.  Elke Vrydag baie opgewonde en elke Sondag hartseer terug na ons eie wonings.

Op die 7de Desember 2018, 6 jaar, 11 maande en 7 dae later het Dewald my na die pragtige Robberg Natuur Reservaat toe gevat waar ons die stap roetes geniet het, ons albei hou van die buitelewe en aktief wees.  Ek het absoluut van niks geweet nie en het glad nie verwag wat nog kom nie.  Hy het toe die perfekte uitkyk punt gekry en het daar besluit om op sy een knie te gaan en my gevra om sy vrou te wees.  NATUURLIK HET EK JA GESÊ!!

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowing tydperk wou ons graag onder 2 jaar hou.  Ongelukkig het KOVID-19 ons datum beinvloed en ons het dit met nog 5 maande aangeskuif, so ons verlowing was 2 jaar en 4 maande gewees.

Ons was baie bevoorreg met die trou beplanner, een van ons beste vriendinne is ʼn trou beplanner en sy het als gereël vir ons, uit Kaapstad uit.

Indien julle enige inspirasie van Mooi Troues gekry?


Inspirasie is vanaf Mooi troues gekry – blomme idees, bruid se ryker en foto sessie idees.

Finansiële Aspekte:


Hoe ons na ons begroting gekyk het was, ons het ʼn “venue” gesoek waar die onthaal en ontvangs op 1 perseel is en ook die kosse insluit en wou nie meer as R100 000.00 spandeer nie, ander klein goedjies wat nodig was het ons deur die jaar gekoop soos geskenkies aan die ouers, strooimeisies en strooijonkers.

Ons was baie gelukkig, alles was op 1 perseel en het ook die kanapees, hoofgereg, nagereg, sjampanje, sap, platejoggie asook die dekor ingesluit.  Ons troubeplanner het die blomme gedoen omdat dit al was wat nie ingesluit was in die dekor pakket nie.

Oorspronklik was ons gaste lys 106 mense, ongelukkig na die KOVID-19 moes ons, ons gaste lys afskaal met 50%, so ons totale gaste was 50 mense.

Advies wat ons aan vir ʼn volgende paartjie sal gee is:

Spaar vooruit vir jou troue, niemand wil vir maande na jou trou dag dit nog afbetaal nie en nooi net gaste wat jy by jou spesiale dag wil hê.

Merkwaardigste Oomblikke:


Bruid:

Mees merkwaardigste oomblikke van die dag was om so bevoorreg te wees om met my pa by die kansel af te stap en ʼn eerste dans saam met my pa te kon hê.  Asook om ons albei se ouers daar te hê en natuurlik om met die liefde van my lewe te trou.

Bruidegom:

Om hierdie dag saam met familie en vriende te spandeer, toe ek my vrou sien by die kansel afstap en haar hand vat en om haar my vrou te noem.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ek sal beslis se, die bruid moet nie haar grimering en hare heel laaste doen uit die groep van die meisies nie.  Dit was ʼn gejaag om rok aan te trek vir die fotos neem.  Ek sal beslis sê klein bietjie meer tydbestuur daar sou help.

Moet ook nie jou laaste rok passing los nie, dit is uiters belangrik, my rok se snit was effens hoër as wat ek hom wou gehad het.

Paartjie se styl:


Die bruid se rok was laat maak, ʼn stywer bostuk en los onder met ʼn sleep.

Die bruidegom het sy eie pak gekies, hy het 1 pak en kleur skema in sy kop gehad.  Ons het omtrent winkel tot winkel en winkelsentrum tot winkelsentrum geloop om dit te kry.

Die trou ringe:

Die bruid wou nie aan haar ring laat verander nie, so hy was steeds dieselfde ring as haar verloofring.  Ons het besluit in die toekoms sal ons begin rond speel met style, maar vir nou wou ek nie ʼn groter ring gehad het nie.

Vir die bruidegom se ring het hy ʼn paar ringe gaan aanpas.  Oorspronklik wou hy met ʼn swart ring gaan, maar toe ons ʼn paar ringe gaan aanpas toe kom die brons kleur op, en dit het net stunning gelyk.  Ek het ʼn paar dae later die ring gaan koop.  Ek het gese ek gaan kies uit paar wat hy gesê het hy van hou, hy was baie gelukkig met die besluit se hy.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid het meeste van die besluite geneem.

Ons familie was nie betrokke nie.  Ons het wel vir opinies gevra op sekere dinge maar het steeds op als self besluit.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir die Dames:
  • ʼn Grimering en hare proef is ʼn moet.
  • Gaan vir meer as genoeg rok passings.
  • Probeer geskenkies vooraf te koop, dit maak die kostes nie so duur as als op een slag gebeur nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons sal beslis ons foto en videograaf aanbeveel vir enige paartjie.

  • Fotograaf – Jenna Finkelstein Photography
  • Videograaf – Dyallan Knox Photography & Videography

Wittebrood:


Oorspronklik toe ons gesels het wou ons baie graag Thailand toe gegaan het vir ons wittebrood.  Ons albei lief vir die buite lewe is en son, see en water mense is.  Ongelukkig met die reis beperkings kon ons nie dit doen nie, Dewald het ons wittebrood heeltemal op sy eie gereël.

Spesiale Tradisies:


Ma het gesê in die ouer dae was dit tradisie om vrugte koek as jou trou koek te hê, omdat mens dit hou tot die eerste kind gebore is.  Ek was natuurlik nie te gretig op daai besluit nie net omdat vrugte koek nie my gunsteling is nie.  Ons het gesels daaroor en het toe tot ʼn oplossing gekom.  Ons het vir elke gas ʼn blokkie vrugte koek as geskenk gegee.  Dit het ons ook gebruik as die sit plan se name.

Venue & Dekor:


Ons inspirasie vir die Dekor was “boho chic” want ons is albei hou van die pampas gras tipe styl.

Die venue was gekies om dit gemaklik te maak vir ons gaste vir verblyf.  Natuurlik oor die tipe pakket waarvoor ons gesoek het.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


KOVID-19 het beslis ʼn effek gehad op ons troubeplanning.  Ons het ons datum geskuif, toe moes ons vir 50 van ons gaste sê dat hulle nie meer kan kom nie.  Ons het natuurlik baie logies daaroor gedink (verlof dae van gaste as gevolg van KOVID-19, die reis van ver wat dalk uitgawes is wat hul nie om daai oomblik het nie) en ons was baie bevoorreg dat al ons gaste verstaan het.

Vermaak:


Ons vermaak was ʼn paar speletjies wat ons op die grasperk gesit het, ons seremonie meester het 1 uitgedink en ons het die ander ene.

Dit was “corn toss” met ons trou logo op die bord en het dit self gemaak.  Die ander speletjie was visvang met ʼn magneet as vissies – dit was vet pret, omdat meeste van ons familie teen die see bly is hul ook groot op visvang, so daardie speletjie was so ʼn “inside joke” gewees.

Eerste Dans:


Ek en Dewald het van dag 1 af toe ons ʼn Jo Black liedjie gehoor het, geweet dit gaan ons eerste dans liedjie wees.  Al probleem wat ons toe jare later ontdek het is dat hierdie liedjie is by verre te stadig vir die 2 van ons is om op te dans.

Dewald sê toe een dag vir my, net ʼn paar maande voor die troue, hy het ons eerste dans liedjie gekry, dit was Spontaan van Riaan Benade.  Hy speel hom toe vir my, en ek was self mal oor die liedjie.  Tot vandag toe steeds as ons daai liedjie hoor dink ons aan ons eerste dans.

Ons wou nog vir danslesse gegaan het, maar het nooit daarby uitgekom met die chaos van KOVID-19 nie.


Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: