Uithouvermoë is hierdie paartjie se merkwaardigste eienskap. Tyron en Tara bewys aan Mooi Troues se lesers dat mens nie moet toelaat dat struikelblokke jou groot dag op hou sit nie. Ná alles wat hierdie paartjie deurgegaan het, en daar was taamlik baie uitdagings op hul pad na die kansel toe, het hulle steeds hul koste-effektiewe selfdoen troue gevier.
Nie jou tipiese liefdesverhaal nie …
Hierdie paartjie se liefdesverhaal het nie afgeskop soos jou algemene liefdes storie nie. Presies in daardie ongewone styl het hul troudag reëlings ook verloop. Tyron was eers vir ʼn geruime tyd in die “friendzone”. Daar moes sit en luister na Tara se Tinder afspraak stories. Maar oor so tydjie het hy besluit toe hier toe, en nie verder nie. Hy wou uit daardie “friendzone” uit kom en na ʼn soen het hy dit reg gekry!
En toe kom die groot vraag, uiteindelik.
Op die 18de Desember 2018 het Tryon toe vir Tara gevra om met hom te trou. Twee jaar en een dag later, op die 19de Desember 2020, het hulle getrou. Van hulle hele trou beplanningsproses en al hul trou reëlings was daar net een ding wat maklik gekom het en dit was hul keuse van venue. Tyron en Tara het toevallig een dag by DuVon Wine & Wedding Estate ʼn draai gemaak, gedurende hul soektog vir die perfekte venue en vinnig besluit dit sal die perfekte venue vir hulle troudag wees!
Dit vat ʼn span diensverskaffers om ʼn troudag perfek te maak.
Nie net het DuVon Wine & Wedding Estate, en hul koördineerder Laura gehelp om Tyron en Tara se dag perfek te maak nie … Robertson Bloemis en Almari van der Merwe, grimering en haarstilis, het ook ʼn baie groot deel daarin gespeel.
Verder het Almari van der Merwe se handewerk die bruid se styl perfek gevang. Tara hou van eenvoud en tydloosheid, en Almari het dit mooi toegepas. Te danke aan Almari se grimering en hare kennis en talent, het Tara pragtig gelyk op haar troudag sonder dat sy nie soos haarself sou kon voel nie.
Betroubaarheid is skaars om te vind, maar ons probeer dit makliker maak vir ons lesers.
DuVon Wine & Wedding Estate, Robertson Bloemis en Almari van der Merwe, grimering en haarstilis, is al drie van Mooi Troues se betroubare diensverskaffers, wat geadverteer word op ons aanlyn trougids. Indien ons lesers opsoek is na betroubare troudiensverskaffers om jul troue onvergeetlik te maak? Klik asseblief hier om na Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan.
Rol nou gerus af om meer te lees oor Tyron en Tara se koste-effektiewe selfdoen troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons storie is nie jou tipiese liefdesverhaal nie … Ek en Tyron het nie met die eerste oogopslag verlief geraak nie. Ons oë het nie ontmoet en oor die vuur op mekaar gesluit nie en daar was geen vonke om van te praat nie … Tensy ons oor die “blitz” wat nodig was om die braai aan die gang te kry praat.
Tyron en Tara se liefdesverhaal het in Kaapstad 2017 begin.
Tyron was nog altyd die tipe persoon wat lus was vir enigiets en op ʼn dag het hy besluit om saam te gaan na ʼn vriend se “house warming” braai. Min het hy geweet dat sy lewe binnekort vir altyd sou verander. Daar het ek (Tara) die hele aand deurgebring deur om vir Tyron van haar verskriklike Tinder-afsprake te vertel en hom stewig in die gevreesde “FRIENDZONE” geplaas. Ons het grappies gemaak oor die feit dat as ons ʼn paartjie sou word, ons egpaar naam “T&T” sou wees … Soos dinamiet!
Van die braai, na ʼn gesellige kuier op die dorp.
Na ʼn paar drankies en so bietjie dans by Deco Dance, het ons flirterig geklets en selfs telefoonnommers was verruil. Tyron het ʼn paar weke … Of moontlik maande … In die “friendzone” deurgebring tot dat hy uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om my te soen. Hy het my die dag voordat hy na Johannesburg vertrek het vir werk gesoen.
Ons liefde was iets wat uit vriendskap gegroei het.
Hoe meer ek hom leer ken het, hoe meer het ek van hom gehou. Die rede hoekom ons nooit sal sê ons het vir mekaar geval en verlief geraak nie, is omdat ʼn “val” iets voorstel wat onmiddellik gebeur en wat jou moontlik gehawend en gekneus agter laat.
Die Verlowing Tydperk:
Ek en Tyron het op die 18de Desember 2018 verloof geraak en eers die 19de Desember 2020 getrou. Ons het vir 2 jaar lank vir ons troudag gespaar en die hele troue was self beplan deur ons.
Finansiële Aspekte:
Die begroting vir ons troue was R80 000. Ons het albei vir twee jaar gespaar en elkeen het R40 000 bygedra. Die begroting was mooi bestuur deur talle Excel-sigblaaie. Ons oorspronklike aantal gaste was 80 mense, maar met KOVID-19-beperkings het dit nader aan 40 geword.
Begroting advies:
Die beste manier om ʼn begroting te benader is deur om eers te dink en te besluit op wat die ononderhandelbare aspekte van jou troue gaan wees. Daarna kan jy ʼn lys van begeertes opstel … Ons het ooreengekom oor sekere dinge waaroor ons nie wou skik nie. As een persoon gedink het iets was belangrik, maar die ander nie, dan het ons dit op die “wil hê lys” gesit.
Minder gaste, meer geld om te spandeer…
Die feit dat ons minder gaste by ons troue kon onthaal het toe aan die ou einde in ons guns getel. Toe die helfte van ons gaste nie meer kon kom nie, het ons ekstra geld oor gehad om dinge te doen of by te voeg by ons troudag van af ons “wil hê lys”. Byvoorbeeld, ʼn fotohokkie en ekstra drank, asook vinger happies.
Merkwaardigste Oomblikke:
Baie dinge het voor die troue verkeerd geloop, so die merkwaardigste oomblik van die hele dag was beslis gedurende die seremonie. Om met waardering na al ons gaste te kon kyk, terwyl ons daar gestaan het. Soveel liefde was in daardie oomblik gevoel en tussen almal gedeel, toe ons aan mekaar onsself belowe.
Wat is beter as een huweliks viering? Twee.
Ek en Tyron het die vorige dag wettige in ons tuin getrou, om te spaar op ʼn huwelik amptenaar wat tot by Robertson moes ry. Die het vir ons die geleentheid gegee om ons liefde alleen te vier in ʼn privaat, intieme omgewing en toe later ʼn spesiale viering met ander ook te deel .
Die feit dat ʼn vriend vir ons die seremonie gelei het op die dag, was ook ekstra spesiaal gemaak. Hierdie was ook ʼn merkwaardige oomblik want daardie vriend het ons goed geken as ʼn paartjie.
Paartjie se styl:
Toe daar vir ons gevra was oor die styl troue wat ons graag sou wou hê, sou ek sê eenvoudig en tydloos. Ons oorspronklik troue sou in die winter plaasgevind het, as alles gegaan het soos beplan. Weens die grendeltydperk beperkings kon dit wel nie soos van plan gebeur nie.
Die Bruid en Bruidegom se uitrustings:
Met die gedagte van ʼn winter troue het ek ʼn tydjie terug ʼn Winter trourok aanlyn bestel by asos.com. Wonder-bo-wonder het dit perfek gepas, maar ek het geweet dat ʼn Winter trourok in Robertson se somer ʼn struikel gaan wees. As gevolg hiervan het ek toe ʼn klere ontwerper gekry om vir my ʼn eenvoudige, vloeiende wit rok te maak waarin ek na die seremonie kon verander.
Tyron het ʼn tydlose, swart en wit pak, met ʼn strikdas gehuur.
Die trouringe:
My verloofring was van Dear Rae en my trouring is afgesmelt van ʼn ring af wat my ma vir my gegee het. Ons het Tyron se vinger by ʼn juwelierswinkel laat pasmaak, maar al die ringe het te veel detail gehad, so ons het Tyron se titanium ring by Takealot bestel nadat ons sy grote geweet het.
Die Besluitnemingsproses:
Die bruid het meeste van die besluite geneem aangesien dat die bruidegom se antwoord vir alles die tipiese “… Wat ook al jou gelukkig sal maak …” was.
Ons het vir van ons naaste vriende en familie lede foto’s gestuur van al die dinge waaroor ons ander opinies wou kry voordat ons sekere besluite geneem het. Al het ons vir ander hul opinies gevra, was ek en Tyron steeds heeltyd bewus van die feit dat ons opinies die meeste beteken.
Ek dink soms neem bruidspaartjies besluite vir ander mense en nie vir hulself nie, en ons wou nie hê dit moes die saak wees nie. Ons het geweet dat hierdie dag oor ons gaan en dat dit alles waarvan ons hou en wat ons kon bekostig moes insluit.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Tara se advies:
Probeer om nie te oorweldig te raak nie. Besluit wat jy sou benodig en versamel dan jou kwotasies, doen jou navorsing en probeer dan alles fyn dophou. Ek sal aanbeveel dat elke bruid ʼn beplannings boek kry en elke taak daarin skryf. So kan mens stadig deurwerk, sonder om iets te mis en jy sal ook kan terug gaan indien jy iets wil verander ens.
Al mag jy dalk alles alleen wil doen, hoef jy nie.
Probeer en onthou om hulp van die mense rondom jou te vra, maar gelyktydig moet jy ook seker maak jou en jou man se begeertes kom eerste. Moenie probeer om iemand anders, behalwe julle gelukkig te maak nie. Onthou ook dat mense wil help! As jou ouma kan bak – gebruik die mense om jou. Ons het daarin geslaag om vriende te ken wat ʼn pakhuur-plek besit en vriende wat gehelp het met rok veranderings.
Wees kieskeurig met jou gastelys.
As jy nie ‘jou tannie Mildred se stiefbroer wil nooi nie, dan hoef jy nie’. Besluit wie vir jou belangrik is en stel dan daarna ʼn B-lys van genooides op. Jy kan nie bekostig om almal te nooi nie. As jy in meer as ʼn jaar nie van mense gehoor het nie, sal jy nie hulle by die geleentheid mis nie. Verduidelik van die begin af aan almal dat jy ʼn baie klein seremonie hou en KOVID-19 kan regtig hier help met getalle mense.
Tyron se advies:
Bepaal ʼn spesifieke tyd om met die trou administrateur te handel. Jy wil nie die hele dag, elke dag trou praat nie. Die beplanning van die troudag is baie stresvol, so sit sekere aande uit (met wyn) waar jy en jou toekomstige vrou rustig kan sit en sekere besluite saam maak. Skeduleer sulke aande vir al die ‘take’ wat julle moet deurwerk voor die groot dag. Byvoorbeeld – Woensdagaand – gaan ons op platejoggie besluit en ʼn betaling aan die bloemis maak.
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Daar was ʼn hele paar ʼnie-so-perfek’ oomblikke … Maar teen spyte van alles was ons troudag was steeds ʼn baie intieme en spesiale dag op ʼn piepklein werkende wynplaas in Robertson. KOVID-19 het wel sy tol op ons troureëlings gevat. Nie net moes ons die aantal gaste verminder nie, maar dit het ʼn hele paar ander struikelblokke ook voort gebring. Nie net stres mens oor die troureëlings nie, maar ook aanhoudend oor of mense waarvoor jy baie lief is gaan siek word. Dat belangrike mense siek word en nie die troue eens sal kan maak nie, het ons baie bekommer.
Eers was dit die datum verskrywing.
Ons oorspronklike datum was die 8ste Augustus, maar President Cyril het besluit op ʼn die landwye inperking, so ons datum moes verander. Dié het beteken dat familie en vriende van die VK en Skotland vlugte moes verander en met hul beperkings in die VK, kon hulle nie óf glad nie, óf nie maklik herbespreek nie. Ons het toe baie optimisties ons nuwe datum as die 19de Desember gekies, wat snaaks genoeg 2 jaar en 1 dag vanaf die datum wat Tyron my gevra het om te trou.
Trou ronde nommer twee
Ons het angstig op elkeen van President Cyril se toesprake gewag. ʼn Week voor die troue het hy die 9.30 aandklokreël aangekondig. Dit het beteken ons moes die tydlyn met 3 ure voorentoe bring en dit het beteken ons troudag sou in 40 grade, in Robertson se middag hitte, moet plaasvind. Tyron het alreeds gevrees vir die “pikkewyn pak” en nou was die ‘hitte werklik aan’! Maar ons kon nog byeenkomste hou en ons kon nog trou! So ons was verlig!
Volgende uitdaging:
Wel, ek het ʼn winter trourok bestel met die oorspronklike troudatum van Augustus in gedagte. Ons het nie verwag dat dit warm sou wees nie … Toe met die aankoms van die nuwe datum was dit baie warm … Maar die hitte moes ons hanteer.
Ons hoor toe dat die hoofstrooijonker dit nie uit Engeland kon maak nie, en dat Tara se broer in Dubai vasgesit het, en nog ʼn strooijonker het KOVID-19 gekry. Maar dis okay, ons hou moed want “niks anders kan verkeerd loop nie…”. Toe het twee van my strooimeisies, ʼn week voor die troue, laat weet dat hulle nie meer daarvan deel kan wees nie. Gedurende alles het ons onsself heeltyd net herinner dat al kon spesiale mense dit nie maak nie, sal dit steeds ʼn spesiale dag wees. Die ergste wat kan gebeur is dat ons twee getrou, alleen troue hou, en tenminste die foto’s sal hê om die dag te onthou.
Toe gebeur daar nog slegte dinge…
Ek het besluit om wimper verlengings te kry en hulle het so slegte werk gedoen. Toe beland ek met ʼn oog infeksie so erg dat my een oog twee dae voor die troue nie kon oopmaak nie! Ek het vir twee uur lank gehuil, tot by Robertson. Snaaks genoeg, dit wou voorkom dat die trane eintlik gehelp het, want ek kon my oog gedeeltelik oopmaak toe die dag voor die troue aankom.
Ons het die dag voor die troue ʼn pizza-piekniek gehou, sodat ons al ons naaste vriende en familie lede kon sien en saam met hul kuier. Toe die troudag aangebreek het my oog op betowerende wyse gelyk of dit baie beter geword het … Die nood uitstappies na die apteek en al die trane het hulle werk gedoen!
Deur elke struikelblok het ons steeds ʼn silwer randjie gesien.
Aan die ou einde het ons so ʼn spesiale dag gehad en ons hele dag was rondom die aandklokreël gereël. Daar was seker gemaak dat ons ʼn groot deel van die dag buite spandeer, weens KOVID-19 regulasies en sosiale afstand. Ons het snaakse, en tranerige, toesprake saam met die canapés buite gehad. Ons het ons fotohokkie buite opgestel en net by die onthaal lokaal ingegaan vir aandete, koeksny en bietjie dans. Tyron se ouma het ʼn pragtige roomkaas wortelkoek vir ons troukoek gemaak.
Mense vra gereeld wat ons tema was …
Ons het antwoord gapend, “so goedkoop as moontlik”. Ons het eenvoudige groenigheid op tafels gehad. Tara het haar rok aanlyn bestel Tyron het pakke gehuur. Ons het winter promosie op die venue, kos en fotograaf gekry en het daarin geslaag om werklik onder begroting uit te kom. As ons terugkyk op ʼn paar stresvolle maande, is ons so verlig dat dit alles verby is en dat ons na alles tenminste ons wonderlike dag gehad het!
Venue & Dekor:
Ons het al ons pas getroude vriende gevra, wat al baie venues gaan besoek het, of enige plekke uitgestaan het. Daardie vriende was ongelooflik behulpsaam en het vir ons ʼn Excel sigblad van venues gestuur met pryse en kommentaar oor elke een wat hulle besoek het. Ek en Tyron het ook ons tyd spandeer om venues te Google.
Die Trouvenue:
Die keuse van trouvenues het dramaties verminder a.g.v. ons begroting, maar ons het steeds besprekings gemaak om na ʼn paar venues te gaan kyk. Ons het toevallig by Du Von beland terwyl ons ander venues besoek het. Ons het toe gevra of ons ʼn afspraak kon maak om hul trouvenue te besoek. Dit is regtig ʼn versteekte juweel. Hulle het selfs ʼn Winter-promosie gehad, met 30% afslag en die opsie vir die bruidspaartjie om op die perseel te bly. Deur om dit te doen sou mens kostes bespaar op vervoer. Laura by Du Von was ongelooflik en so behulpsaam. Hulle kon soveel dinge as deel van die pakket doen, wat baie stres van ons weggeneem het!
Die troudekor:
Ons troudag se dekor was so gekies sodat dit eenvoudig, skoon en mooi sou lyk. Ek het gehou van die idee van wit met groen en so kon ons ook op blomme spaar sonder om die tafels leeg te laat lyk. Ek het die naamplaatjies, verwelkomingsbord, sitplekkaartjie en tafelnommers self gemaak. Ons het ook tafels met kerse gevul, om ʼn romantiese atmosfeer te skep. Dit was goedkoper om die kerse te koop, as om dit te huur.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons het soveel diensverskaffers wat ons aan ander bruidspaartjies sou aanbeveel.
Eerstens was ons mal daaroor om saam met Laura, van DuVon, te werk. Sy het ons altyd op hoogte gehou en sy was baie hulpvaardig, sy het enige tyd vrae beantwoord en ons bygestaan waar ookal sy kon.
Tweedens, ons was mal oor hoe tegemoetkomend ons bloemis was, Robertson Bloemiste. Ons het vir Hannes ʼn uiterse klein begroting gegee en hy en sy vrou het steeds ons drome bewaarheid.
Laaste moet ons net noem hoe fantasties dit was om met 123cheeezephotobooth te werk. Hulle het ons gaste vermaak en was ʼn plesier om by die troue te hê.
Spesiale Tradisies:
Al die tradisionele trou tradisies het op ons troudag plaasgevind. Die toesprake, ruiker- en kousband gooi was alles deel van ons huwelik viering. Ons het ook die troukoek saam gesny en mekaar ʼn happie gevoer. My pa het wel ons almal verras deur om ʼn toespraak te lewer en aan te dring op ʼn pa-en-dogter-dans, al het hy gesê hy sou te skaam wees om dit te doen!
Eerste Dans:
Om die regtig liedjie vir ons eerste dans te kry was ʼn gesukkel. Ons het ʼn liedjie gesoek wat nie te stadig was nie. ʼn Liedjie wat vir ons lekker sou wees om op te dans. Ons het toe besluit op ʼn klassieke – Ben E King, Stand by me. Dit het sulke mooi woorde en ʼn lekker ritme.
Ons het glad nie vooraf ons dans geoefen nie. Die dans was ʼn baie organiese, natuurlike dans. Dit het al die druk uit die onthou van stappe geneem en ons kon die oomblik geniet en net “ons” wees. Ek en Tyron het die eerste bietjie alleen gedans en toe al ons vriende en familie geroep om by ons aan te sluit. Dit was ʼn baie gelukkige oomblik om dit te deel met almal vir wie ons lief is.
Vermaak:
Vir vermaak het ons ʼn platejoggie van Prime Audio gehad. Hy het die seremonie, pre-drankies, canapé, toesprake en die na-partytjie hanteer. Verder het ons het ons vir ons gaste ʼn paar grasperk speletjies gehad, soos reuse-jenga en reuse-domino’s. Hierdie speletjies het plaasgevind tydens die canapé gedeelte van ons troudag. As deel van ons vermaak het ons ʼn fotohokkie gehad. Gaste kon daar ʼn gemagnetiseerde strook foto’s kon kry en dit was ons geskenk aan ons gaste.
Wittebrood:
Ons het direk na die troue pad getrap en 5 dae lank, stadig gery na familie toe in die Oos-Kaap vir die Kersvakansie. Ons het op AirBNB en Wikideals gekyk vir verblyf opsies en by elke wynplaas, padstal en winkeltjie op pad gestop. Dit was so lekker om daardie spesiale tyd alleen te hê. Dit was ʼn tyd om te ontspan en te herlaai na ʼn redelike stresvol KOVID-19 grendeltydperk troue.
- Venue + Dekor: Duvon Wine & Wedding Estate
- Koördineerder: Laura
- Paartjie se verblyf: DuVon
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Cilliers Visser Photography
- Blomme: Robertson Florist
- Bruidegom-pak + Strooijonkers bykomstighede: Keith’s Suit Hire Somerset West
- Fotohokkie + Gaste Geskenke: 123Cheeeze Photo Booth
- Grimering + Hare: Almari VD Merwe Makeup and Hairstylist
- Huwelik kontrak: Curran Attorneys
- Huweliksbevestiger: Jean Keys
- Juweliersware: Lovisa Jewellery
- Musiek: Prime Audio
- Platejoggie: Prime Audio
- Skoene: Cotton On
- Skryfbehoeftes: Canva
- Strooimeisie-rokke: Zando
- Trourok: ASOS
- Trouring: Takealot
- Troukoek: Tyron se Ouma