Stefan & Annerè se sprokiesmooi troue in die woud

Hier by Mooi Troues is ons opgewonde om in dié inskrywing met ons lesers Stefan en Annerè se troue te kan deel.  Hulle sprokiesmooi troue was gevier in Limpopo.  Paartjies wat graag in die Limpopo provinsie wil trou sal tonne trou inspirasie in dié inskrywing hieronder kry.  Boonop gee Stefan en Annerè advies vir die troubegroting en spog hulle dat hul onder hul begroting kon uitkom vir hul troue.

Stefan en Annerè se sprokiesmooi woud troue was gevier by Cheerio Gardens in Magoebaskloof.  Sarah by Cheerio Gardens was só behulpsaam en het die paartjie gehelp met troublomme, -dekor, kos en troukoek.  Dit is veilig om te sê Cheerio Gardens bied ʼn een-stop trou bestemming.

Annerè het werklik soos ʼn fee prinses gelyk in ʼn elegante trourok van Bridal Manor.  Die trourok het kant patroon op die boonste deel van die rok gehad en was gekomplimenteer met ʼn baie lang sluier wat dan net eenvoudig was.  Bridal Manor is geleë in Pretoria en hul trourokke is vreeslik gewild onder Mooi Troues se lesers.  Is jy opsoek na jou droom trourok?  Klik asseblief hier om na foto’s Bridal Manor se besonders trourokke te gaan kyk, jy kan hul ook kontak deur die kontak vorm onder hul profiel in te vul.

Ons lesers kan nou rustig afrol en Stefan en Annerè se lekker kuier en sprokiesmooi troue geniet.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Stefan het mekaar 10 jaar terug ontmoet toe ons maar net 15 was by n huis’-kuier.  Ons was maar nog net kinders gewees.

My gesin het elke jaar so ‘familie tradisie’ waar ons een maal ʼn jaar see toe gaan.  Só Stefan het een jaar die geleentheid gebruik by die see om die groot vraag te vra.

Ons het een laatmiddag gestap en hy het ʼn vreemdeling gevra om van ons ʼn foto te neem waar ons staan op die rotse met die branders wat agter ons breek en die sonsondergang.  Só net daar gaan Stefan af op een knieg en vra my om met hom te trou.  Die oomblik was so groot en ekt net trane in my oë gehad en ja gesê.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het verloof geraak 17Maart 2018.  So ons was vir 3 jaar verloof gewees.  Stefan moes nog sy vakleerlingskap klaar maak voor ons kon trou en KOVID-19 het ons ook terug gehou.  Dié groot voordeel was dat daar genoeg tyd was om te spaar.  Ons het geen trou beplanner gehad nie en het alles self beplan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Stefan was dit die oomblik toe ek met my mooiste wit trourok aangestap kom na hom toe by die Seremonie.  Hy het trane in sy oë gehad en kon nie help om ʼn traan of twee te stort nie.

Vir my was natuurlik die oomblik toe ons verewig aan mekaar beloof het as man en vrou.  Die oomblik is so spesiaal dat mens emosioneel voel van blydskap in jou hart.

Ons troudag was regtig perfek en sprokiesmooi gewees.

Paartjie se styl:


Ons het gegaan op ʼn smaraggroen troupak vir Stefan.  Van die broek, hemp, onderbaadjie tot sy baadjie was een kleur.  Ons het gevoel dis iets wat nie baie mense doen nie, só hy het so mooi uitgestaan.

My trourok was ʼn elegante rok met kant op die boonste deel van die rok, asook in my sleep.  Ek het ʼn baie lang sluier ook gehad wat dan net eenvoudig was.

Ons trouringe het ons saam besluit op witgoud.  Stefan se ring is net eenvoudig witgoud.  My ring het ons gegaan op die ‘halo ring’ by Browns (a Timeless classic, this halo setting features our signature angel motif, symbolising guidance, protection and a constant reminder of love.) en dan het ons 2 pandjies gekry met fyn diamantjies op wat saam die Halo ring gaan.

Gunsteling Diensverskaffers:


Definitief ons fotograaf!!  Charl vd Merwe Hy het ons so gemaklik laat voel en hy het natuurlik ons mooiste oomblikke afgeneem en al sy goed is bymekaar en op tyd reg.

Finansiële Aspekte:


Ons het 100 gaste gehad en op daardie stadium mag ons ook net 100 gaste gehad het met die inperking van KOVID-19.  Om geld te spaar het ons geen ‘dankie geskenkies’ aan gaste gegee nie.  Ons het gevoel dis onnodig en dan het ons die minimum blomme ook op ons tafels gehad en so ook geld gespaar.  Die begroting was R200 000 en ons het onder dit spandeer op die hele troue.  Ons het net van dag 1 af begin spaar maak nie saak hoe groot of klein die bedrag is nie, solank mens net begin spaar ,op die ou end is dit tog die moeite werd en jy kom by jou begroting uit.

Eerste Dans:


Ons het natuurlik ʼn eerste dans gehad op Juan Boucher – In jou Wolk se liedjie.

Ek en Stefan het nie gegaan vir dansklasse nie, mens voel so styf as mens jou ‘moves’ perfek probeer kry, so ons het net gedans.  Stefan kan baie lekker dans so hy het my goed gelei en ons het dit net geniet op daai oomblik.  Ons het wraggies ʼn lekker kuier troue gehad.  Niks was styf nie.

Vermaak:


Terwyl ons fotos gaan neem het, het ons dat die gaste vingerhappies geniet wat die voorgereg was.  Dit was alles buite gewees, net voor die onthaalsaal.  Orals was gemaklike bankies en ook ons het feetjie liggies oor die bome gehad wat so lekker atmosfeer geskep het met musiek in die agtergrond.

Die gaste het kon ook kies tussen Zwakala bier of ʼn Gin-on-tap saam die vingerhappies waar almal net lekker bymekaar kom en gesels.

Venue & Dekor:


Ons het in die woud getrou waar die bome so oormekaar vleg en die son skyn saggies deur.  Dis die perfekte trouvenue as jy erg is oor die natuur.  Dis so mooi daar is nie veel troudekor nodig nie.  Daar is ʼn mooi paadjie wat uitgelê is op die pad na die seremonie toe tussen die natuur met bome en die mooiste blomme,  so ons het net feetjie liggies so by die paadjie laat opsit op die bosse wat saam die paadjie gaan.

Ons het gegaan op ʼn romantiese sprokies effek in die woud.

Die Besluitnemingsproses:


Ek en Stefan het saam besluit op die finale reëlings.  Ons was so gelukkig dat ons venue die blomme, dekor, kos en koek vir ons gedoen het.  Sarah by Cheerio Gardens was so behulpsaam.  Ek het net idees gestuur en sy het dit so uitgevoer.  So familie het nie veel gehad om te doen nie.  Hulle het net opinies gelewer as ons getwyfel het oor iets.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Al advies wat ek aan die dames kan gee is dat jy net elke liewe oomblik moet geniet.  Van die beplanning tot op die dag.  Dit gaan sou gou verby.  Alles loop nie altyd presies soos jy dit beplan het nie, so maak jouself net altyd reg vir dit.  Maar tog loop alles net soos dit moet.

En by die ouens, wees maar net konstant betrokke by die beplanning.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja KOVID-19 het ʼn groot deel gehad.  Ons moes al een keer uitstel.  Dit sit soveel druk op ʼn mens.  Maar tog het alles so perfek af geloop op die perfekte dag en tyd.

    Artikel Diensverskaffers:

    • Venue + Blomme + Dekor + Troukoek + Paartjie se verblyf: Cheerio Gardens (Magoebaskloof)

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]