Hoeveel keer was jy al in ʼn situasie waar jy by ʼn geleedheid was en net nadat jy ʼn drankie by die kroeg gekry het, na jou tafel geneem het, toe besluit om te gaan dans en toe jy terug kom was jou drankie weg?
Ons het ʼn oplossing vir jou! Mooi Troues se skryfbehoefte bydraer, Invitation Café. het hierdie oulike sirkel sitplek hou kaartjie ontwerp met hierdie probleem in gedagte. Die personeel van ʼn onthaal geleedheid word gesê om gereeld borde, silwerware en drankies wat rond staan weg te neem. Dit is egter onmoontlik vir hulle om te weet of hul ʼn glas, wat bloot sonder toesig gelaat word terwyl ʼn gas dans, kan agter toe neem op nie. Ag gevolg hiervan is hierdie “… moenie my drankie neem, ek dans.” Sitplek hou kaartjie ontwerp die slimste idee.
Die idee agter hierdie ontwerp is so uniek en buitengewoon. Ons is mal oor die sirkels. Dit sirkel sitplek-hou kaartjie is nie net mooi nie, maar ook baie prakties en sal beslis effektief wees. Jou onthaal gaste sal behoorlik beïndruk wees, veral omdat hulle nous al kan gaan dans sonder om hulself te bekommer oor hul drankies.
Hierdie kleurskema is so mooi en vrolik. Die pragtige sagte blomme is subtiel op die oog, maar tog indrukwekkend. Dit sal so mooi lyk by ʼn Somer troue werk, as ook by ʼn verjaarsdag partytjie, of selfs ʼn kombuistee. Indien jy in kontak wil kom met die talentvolle Invitation Café, kliek gerus hier. Hulle sal jou met liefde help en die perfekte skryfbehoeftes ontwerp vir jou groot dag.
Rol gerus af vir meer te sien van die Sirkel Sitplek hou kaartjie ontwerp deur Invitation Café.
Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues
Trou skryfbehoeftes speel ʼn belangrike rol in jou troudag. Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers. Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf. Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense. Mooi Troues het ʼn groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.
Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry. Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplek kaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels. Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet. Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.
Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag? Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn. Elke bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.
Ons het ook ʼn groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar. Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik. Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.
Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items. Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.
Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.
Artikel Krediet:
- Skryfbehoeftes: Invitation Café