Besig om jul troue te beplan en opsoek na ‘n romanties pastelkleurige trou tema? Dan is ons hier by Mooi Troues opgewonde om met julle die Pastelkleurige Somer Trou Inspirasie te deel. ʼn Mengsel van pastelkleure kan regtig ʼn troue besonders mooi laat lyk, ongeag van die seisoen. Ons is mal oor hierdie sagte kleure en die tikkie vrolike elegansie. Dit is beslis die perfekte palet vir ʼn buitelug, tuin troue!
Daar is boonop ander maniere hoe jul pastel kleure kan deur trek in jul troudekor. Die gebruik van gekleurde glas- en breekware en ander dekor elemente kan die vrolike kleur palet beklemtoon. Huurdienste soos Goeters, wat spesialiseer in die verhuring van dekor elemente, kan byvoorbeeld hiermee help. Hieronder sal jul meer van Goeters se troudekor items sien wat jul kan huur vir jul eie troudag.
Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie. Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.
Rol gerus af om meer te sien oor hierdie pragtige pastelkleurige somer trou inspirasie gestilleerde fotosessie.
Wie het die fotosessie gereël?
Drie vriendinne wat saam met mekaar funksie bestuur by Aleit Academy studeer het, het die fotosessie gereël. Hulle is onderskeidelik venue bestuurder by Lions Creek, bloemis van Pure Flowers en koördineerder van Eksentiek.
Inspirasie agter die fotosessie:
Soos voorheen genoem het drie vriendinne die fotosessie gereël. Ons het in Desember 2020 klaar studeer. A.g.v. die stil tyd vir funksies in 2020, was ons lus vir ʼn uitdaging en om ons kreatiwiteit weer aan die gang te kry.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Die span diensverskaffers is gekies omdat elkeen se styl baie goed by ons tema ingepas het. Aangesien ons nog nuut is in die industrie, wou ons graag diensverskaffers betrek wat uiters uniek en goed is in hulle werk, om ʼn suksesvolle eindresultaat te verseker.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die merkwaardigste deel was om na die tyd die video wat Jacques Britz geneem het, te kyk. Die foto’s is so spesiaal, maar dit is nie aldag wat mens só spesiale video ontvang nie. Ek sal dus ook vir toekomstige paartjies aanraai om ʼn videograaf vir hul troudag te boek. Min dinge is so spesiaal soos ʼn pragtige video waarin ʼn merkwaardige dag vas gevang is.
Dekor:
Die tuine by Lions Creek Estate is so pragtig in die somer. Dus het ons besluit om die tema by die van ʼn tuin troue aan te pas. Ons het dus pastelkleurige dekor gekies wat sag en minimalisties vertoon het. Ons het ook twee weergawes van ʼn pastelkleurige tuin troue uitgebeeld. Die een kant is ʼn blompatroon tafeldoek met minimalistiese blomme gebruik. Aan die ander kant het ons Pure Flowers vertrou om die naakte hout tafel met blomme op te kikker.
Venue en Ligging:
Die venue het ʼn pragtige tuin wat perfek by ons gekose tema ingepas het. Lions Creek Estate het ook ʼn warm en intieme gevoel wat perfek is vir paartjies wat ʼn kleiner troue oorweeg.
- Huurdienste: Baie Goeters
- Juweliersware + Trouring: Viljoen Juweliers, Worcester
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het. Met ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Galilee Image
- Blomme: Pure Flowers
- Grimering: Beauty By Giz
- Hare: Journey With Justine
- Huurdienste: Just Glass Hire
- Koördineerder: Ekstentiek Weddings & Events
- Skryfbehoeftes: Oh Yay Studio
- Trourok: La Belle Mariée
- Venue: Lions Creek Estate
- Model: Joy Fortuin
- Videograaf: Jacques Britz Films