Albei lief vir die natuur en die buitelewe. Kenny en Kristen het toe hierdie liefde vir die natuurskoon deel gemaak van hul verlowing, as ook hul troudag, wat in KwaZulu Natal plaasgevind het. Kristen het nog altyd van ʼn sprokies woud troudag gedroom en toe word haar droom waar!
Hierdie paartjie het ʼn pragtige woud-seremonie gehad om hul huwelik viering af te skop en daarna het hul bietjie van die ‘woud’ binne hulle gekose venue ook inkorporeer. Om die ‘buite’ natuurskoon, van KwaZulu Natal, na ‘binne’ te bring was die doel.
Kenny en Kristen het ʼn liefde vir tradisie, maar hierdie paartjie hou ook daarvan om af en toe iets uniek te doen en hulle het hierdie eienskap mooi deur gebring gedurende die verloop van hul troudag. Hulle het tradisionele elemente behou maak hul persoonlike “touch” bygevoeg om die dag een honderd present hul eie te maak.
Rol af om meer te sien oor die sprokies woud troue van Kenny en Kristen. Mooi Troues se lesers wat ook eendag graag ʼn woud geïnspireerde troudag sal wil hê, sal beslis baie inspirasie van hierdie paartjie se pragtige dag kan kry.
Indien jy alreeds besig is om jou droom woud troue te beplan en opsoek is na ʼn paar ekstra of nuwe diensverskaffers, gaan gerus na Mooi Troues se trougids. Daar sal jy heel moontlik vind waarna jy soek!
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Ken was hoërskool geliefdes! Ons het begin uitgaan toe ons 16 en 17 jaar oud was nadat ons deur gemeenskaplike vriende ontmoet het. Snaaks genoeg, ons het albei verskillende weergawes van die presiese eerste keer wat ons ontmoet het. Gedurende daardie tyd het ons albei met ander mense uitgegaan … Maar soos die noodlot dit wou hê, het ons mekaar weer gevind toe ons enkellopend was en dit was dit!
Ons het saam aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en was vir 6 jaar in die Kaap voordat ons teruggetrek het na ons tuisdorp (Pietermaritzburg) toe, waar ons onsself wou vestig.
Ons deel ʼn liefde vir stap roetes en die natuur.
Dit was net gepas dat die agtergrond vir die verlowing was. Op die 7de Maart 2020 was gerugte van ʼn KOVID-inperking besig om die rondtes te doen. As gevolg van die onsekerheid wat die gerugte veroorsaak het, moes ons ons maand-einde wegbreek na Kaapstad kanselleer. Dit was sekerlik waar die oorspronklike verlowing planne sou plaasvind, of so neem ek aan.
Die verlowing planne moes toe verander.
Die Saterdag daarna het ons besluit om op ʼn gemaklike stap roete te gaan, deur die plaaslike uMngeni-vallei wat amper soos ʼn woud lyk. Ons wou ons Meestersgrade plegtigheid vier met ʼn lieflike piekniek daar in die sprokies mooi vallei. Terwyl ek uitgekyk oor die pragtige uitsig voor ons, hoor ek hoe Ken agter my keel skoon maak … Die res was ʼn bietjie van ʼn “blur” danksy ʼn klomp trane van blydskap want toe vra my hoërskool liefde vir my om met hom te trou!
Die Verlowing Tydperk:
Danksy KOVID-19 was die verlowing tydperk, as ook die ons trou beplannings proses gevul met onsekerheid. Maar op die ou einde was ons ongelooflik gelukkig om ons spesiale dag uiteindelik te kon vier! Ons was gelukkig genoeg om die hulp van Kate Bain, van The Wedding Company SA, te kry. Sy het ons troudag visioene tot lewe te bring. Kate het gehelp om die hele naweek perfek te beplan en te koördineer. Sy het ook al die veranderinge baie goed navigeer, wat gekom het as gevolg van die veranderende KOVID-beperkings.
Finansiële Aspekte:
Weens KOVID kon ons slegs 100 gaste by ons troue verwelkom. Die getal was in teenstelling met die oorspronklike 165 op die gastelys (ons het albei groot gesinne!). Aangesien ons koördineerder, Kate, ook die venue besit het en betrokke was by die kos as ook die dekor, het ons na haar toe gegaan met ons begroting. Ons het vir haar verduidelik wat ons prioriteite was in verband met die trou elemente en sy het ons gehelp om ons wense binne die begroting te navigeer. Goeie kos en blomme wat hang was vir my belangrik en het dus die grootste bedrag opgeneem. Die verblyf vir die aand voor en van die troue vir ons as ook die strooimeisies en strooijonkers was ook bo op die lys.
Ons was binne begroting, tot dat ons nie meer was nie …
Afhanklik het ons goed gedoen om binne in ons begroting te bly. Ons het toe, gedurende die week van die troue, oor die begroot gegaan. Dit was te danke aan die aankoop van alkohol, vir die laaste minuut besluit van ʼn oop kroeg. Ons was ongelooflik gelukkig om die finansiële ondersteuning van beide ons ouers te hê. Hulle het lank al geld vir hierdie spesiale geleentheid weggesit, so gelukkig kon ons die begroting aanpas.
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir ons albei was die lekkerste deel van die dag om saam met al ons gunsteling mense fees te vier, te dans en op te vang. Ons is bederf deur al die moeite en pogings wat spesiale vriende en familie aangewend het om saam met ons ons sprokies woud troudag te vier.
Ons troue was op ʼn Maandag (Dinsdag was ʼn vakansiedag), en almal wat bygewoon het, het verlof geneem om daar te wees. Baie van ons vriende het ingevlieg of van Kaapstad af gery om ons huwelik saam met ons te kan vier. Ons het werklik baie spesiaal gevoel. En natuurlik het ek dit geniet om te kyk hoe Ken ʼn toespraak lewer, want hy verpes openbare toesprake! Arme man.
Paartjie se styl:
Die styl waarop ons vir ons troudag besluit het, was ʼn warm ‘boho-sjiek’ wat ʼn gemaklike atmosfeer geskep het. Ons het gedroogde blomme en geroeste herfskleure ook in gebring om ons tema te weerspieël. Dit sou ook mooi by my droom van ʼn sprokies woud troue pas!
Ons bruidsgevolg het spoggerig gelyk in neutrale aardse kleure. My strooimeisies het vloeiende sjampanje rokke gedra wat perfek gepas het met die strooijonkers se neutrale grysbruin pakke. Kenny se strooijonkers het ook elk ʼn groen das gedra, om by die bruidegom te pas.
My trou rok was ʼn ivoor kleur, vormpassende, kant rok met dun bandjies en ʼn lae rug. Die rok was gepaard met ʼn ekstra lang eenvoudige sluier. Kenny se het ʼn aardse woud-groen pak gedra met ʼn blom bedekte das.
Die trouringe:
My verloofring bestaan uit ʼn ovaal middel-diamant, met ʼn diamant-stralekrans in ʼn platinum-katedraal ontwerp op ʼn geelgoud band. My troupand was ʼn geelgoud ewigheidsband met klein diamantjies. Die bruidegom se band was ʼn geborselde geelgoud band.
Die Besluitnemingsproses:
Van die begin af het Kenny, die bruidegom, toegelaat dat ek kry wat ek graag sou wou hê. Hy wou gehad het dat ek die troue van my drome kry. Ons het wel al die groot besluite saam geneem (bv. trou kleure, venue, kos).
Aangesien meeste van die trou beplanning tydens KOVID-beperkings plaasgevind het, kon ek nie my bruidsgevolg saam nooi vir venue besoeke, rokke soek of aanpas ens. nie. Meeste van die besluite was dus tussen myself, my ma en Kenny geneem. Ek het wel so af en toe video-oproep-insette van die bruidsgevolg-lede gekry, wanneer ek regtig nog ʼn opinie benodig het.
Gunsteling Diensverskaffers:
Elke diensverskaffer wat gehelp het om ons droomdag te laat realiseer het so baie vir ons beteken. Daar was geen gunsteling nie, maar ek moet wel sê dat die bydrae van ʼn videograaf my die meeste verras het.
Oorspronklik was daar nie ʼn begroting vir videografie toegeken nie, maar 3 dae voor die troue het my ma vir James Peters as ʼn verrassing georganiseer. Dit was haar trougeskenk aan ons. Alhoewel ek die ongelooflike talente van die fotograaf en die pure vreugde wat vasgevang was in die pragtige foto’s waardeer, bring die herleef van die dag deur die trou video die emosies meer as wat ʼn foto’s doen. Alhoewel ek asemrowende foto’s verwag het, wat ek gekry het … Tog het ek nie die waardering verwag vir die wat van die video gekom het nie.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Die grootste invloed was om ons gastelys na 100 mense te verminder (waarvoor ek steeds baie gelukkig voel aangesien 100 mense steeds ʼn groot troue is!). Ongelukkig, met die uitwerking van KOVID op die trou bedryf, het ons venue kort na ons troudag gesluit. So weereens, ek voel so geseënd om in hierdie tyd selfs ʼn troue by my venue van keuse te kon hê.
Vermaak:
Ons platejoggie het die musiek by die seremonie, ontvangs en onthaal verskaf. Verder het my oom, as deel van ʼn familietradisie aan my kant, die doedelsak gespeel met ons aankoms by die ontvangs.
By die ontvangs, met eet- en drinkgoed het ons ook golf gehad, waar gaste kon swaai en mik vir ʼn drywende-groen op die dam.
Tequila en Jagermeister “shots” was aan gaste uitgedeel met toegang tot die onthaal lokaal en speletjies was verder deur die aand gespeel. Almal het die aand baie geniet, ons het seker gemaak daarvan!
Spesiale Tradisies:
Die doedelsak wat my oom gespeel het, het by tradisie altyd die vrouens aan my ma se kant vergesel na die kansel toe. Die keer het dit wel nou nie vir my na die kansel vergesel nie, maar ons het die tradisie so aangepas dat my oom die bruid en bruidegom se aankoms by die ontvangs vergesel. Dit was tog ons eerste ingang as ʼn getroude paartjie en ons wou hê dit moes spesiaal wees, en so was dit!
Venue & Dekor:
Van dat ek kan onthou, wou ek ʼn woud-seremonie en ʼn unieke venue vir ons troudag hê. Nadat ek Crystal Barn op Instagram raak gesien het, het ek geweet dit is presies die plek waarvan ek gedroom het. Ons het nie eers verder gesoek na venues nie. Ek het verlief geraak op die unieke en “quirky” dekor. Om elke hoek en draai was daar iets interessants om na te kyk!
Aangesien ons albei lief is vir die natuur en die buitelewe wou ek ʼn bietjie van die ‘woud’ binne inkorporeer met hangende blommerangskikkings. Om by die venue te pas, as ook by die kleurpalet wat ek gekies het, het die dekor elemente ook uit aardse kleure bestaan. Alles het baie mooi saam gewerk en beslis mekaar gekomplimenteer, die unieke meubelstuk soos ons ‘poubank’ vir die hooftafel insluitend.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Daar is altyd iets wat dalk nie volgens plan gaan verloop nie. Alhoewel dit nogal stresvol of teleurstellend kan wees, is my raad om geestelik voor te berei vir dinge om skeef te loop en vooraf vrede daarmee te maak. Dit is nie die moeite werd om die hele dag te verwoes as gevolg van iets wat jy nie sou kon beheer of voor beplan nie.
Die beste raad wat ek ontvang het het van my fotograaf gekom – om 15 minute alleen saam te spandeer. Sodat jy kan gesels en in neem dat julle GETROUD is, na die foto’s en voor die ontvangs gedeeltes van die troudag.
Wittebrood:
Die wittebrood is deur die bruidegom gereël en dit was ʼn totale verrassing vir my! Hy het dit op die huweliksaand, aan die einde van sy toespraak aangekondig. Ons was gelukkig genoeg om ʼn week op ʼn eilandoord in die Maldives deur te bring. ʼn Plek waarheen ek al wou gaan sedert ek my ouers se foto’s van hul wittebrood daar baie jare gelede gesien het.
Toe ek vooraf oor die wittebrood gepraat het, het ek met Ken gepraat oor my persoonlike wens om ʼn ‘alles-insluitende pakket’ met alle kostes vooraf te vind. Op hierdie manier kon ons heeltemal op ons gemak voel. Daar was nie nodig om voortdurend ʼn beursie rond te dra, of bekommerd te wees as ons onsself ten volle wou geniet nie. Toegang met ʼn SA paspoort en om te kan reis tydens ʼn wêreldwye pandemie het ook op die besluit geweeg!
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Daar was ʼn misverstand met ons troukoek … So veel so dat ons eers op die aand uitgevind het dat daar geen koek is nie! Die lieflike koördineerder van die dag het wel baie vinnig gedink en ʼn koek met oliebolle gemaak! Alhoewel ek dit eerlikwaar nie gesien het nie, omdat ons so besig was om lekker op die dansbaan te kuier, het ek wel daarvan gehoor.
Eerste Dans:
Ja! Alhoewel ons ʼn liefde vir tradisie het, hou ek en Kenny daarvan om af en toe iets anders te doen en dit is presies wat ons gedoen het. Ons het ʼn punk-rock-liedjie as ons eerste dans liedjie gekies – With Me deur Sum41.
Aangesien ons albei twee ‘linker voete’ het, het ons voor die troue 4 danslesse by ʼn choreograaf gekry. Dit het nogsteeds nie gegaan soos wat ons beplan het nie … Halfpad deur ons dans het ek besef my rok was om my voete vasgedraai was baie minimale beweging toegelaat het.
Ons moes aanpas en vroeg die ‘drop’ doen – die leidraad vir ons bruids gevolg om by die dansvloer aan te sluit. Gelukkig was ons albei ʼn paar glase sjampanje in so ons was nogal ontspanne. Ons het toe die res van die liedjie in ons pas geneem en net lekker gekuier.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wilma Towell Photography
- Venue: The Crystal Barn (permanently closed)
- Blomme + Dekor: The Wedding Company SA
- Bruidegom-pak: Bogart Man
- Fotohokkie: Steven Heyns – The Wedding DJ
- Hare + Grimering: Kiss and Make Up
- Huwelik kontrak: J Leslie Smith
- Huweliksbevestiger: Jonathan Payne – The wedding celebrant
- Juweliersware: Jeanne & Co
- Koördineerder: Kate Bain
- Platejoggie: Steven Heyns – The Wedding DJ
- Paartjie se verblyf: The Crystal Barn
- Skoene: Forever New
- Skryfbehoeftes: Cazz Roberts
- Strooimeisie-rokke: Bride & co
- Trourok: Jeannelle l’amour bridal
- Trouring: Cape Diamonds
- Videograaf: James Peters Film
- Wittebrood plek: Adaaran Resorts – Hudhuranfushi Maldives