JC & Madelein se boheemse naweek troue

JC en Madelein se verlowing was dalk ʼn skattejag, maar toe dit by hul troudag en al die reëlings daarom gekom het het hierdie paartjie geen speletjie gespeel nie.  JC en Madelein bewys dat dit in enige paartjie wat op trou staan se belange sal wees om mooi te kommunikeer en ten volle saam met jou ander helfte te werk.  Te danke aan die feit dat albei JC en Madelein presies geweet het waarvan hulle hou en wat hulle wou hê, het hul droom van ʼn boheemse naweek troue, in die buitelig foutloos gerealiseer.  Hulle het van hul troudekor items by Baie Goeters gevind.

Mooi Troues se lesers sal baie trou inspirasie vanaf hierdie paartjie se trou beplanningsproses kan kry.  Net so vinnig soos wat JC en Madelein verlief geraak het op mekaar nadat hul mekaar begin “sien” het, het hulle besluite geneem vir hul troudag.  Hulle het glad nie hul tyd gemors nie, want net soos wanneer dit by die liefde kom is daar nie eintlik tyd om te mors nie!

Indien ons lesers ook besig is met die beplanningsproses van jul troudag en nie veel tyd het om te mors om diensverskaffers te soek om jul te by te staan nie, gaan gerus na Mooi Troues se trougids.  Daar sal jy vinnig, en maklik verskeie diensverskaffers vind sodat jy nie verder jou tyd hoef te mors om te soek nie!

Om meer te lees oor JC en Madelein se boheemse naweek troue in die buitelug, kan ons lesers verder af rol.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het vier jaar terug, in 2017, ontmoet deur my broer.  Ek en JC het toe bietjie gekuier maar dit was dit, eers twee jaar daarna het ons amptelik begin uitgaan.  Nadat ons mekaar begin sien het, het ons sommer vinnig verlief op mekaar geraak.  Ons was vir ‘n jaar saam toe JC my gevra om met hom te trou.

Ek en JC het op ‘n  skattejag gegaan, oppad Langebaan toe.  Ons laaste stop was ‘n piekniek op ‘n berg met die see as ‘n uitsig.  Gedurende die piekniek het JC op sy kniee gegaan. Net daar en dan het hy vir my die gelukkigste meisie in die wereld gemaak, deurom  vir my te vra om met hom te trou!

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


My advies aan bruide is “don’t sweat the small stuff”.  Moenie laat klein goedjies jou kwaad maak nie en moenie toelaat dat iemand anders vir jou se hoe en wat jy moet doen nie!  Beplan en doen soos wat jy goed dink en hou daarby.

Tweedens, moenie teveel na ander idees kyk nie.  Jy gaan deurmekaar word, so hou by jou eerste keuse want dit is altyd die beste keuse.  Moet ook nie na teveel verskillende trou rokke gaan kyk nie, jy gaan jouself mal maak!

My man se advies aan bruidegomme is dat die bruidegom homself moet betrokke maak, maar los die vrou om te beplan soos wat sy wil.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het die 19de September 2020 verloof geraak.  Ek en JC was vir so sewe maande verloof, voordat ons op die 10de April 2021 getrou het. Ons troudag het goed verloop te danke aan ‘n trou beplanner wat ons gehelp het met al die dinge wat ons nie self kon doen of beplan nie.

Trou Begroting:


Ons begroting was R150 000 maar ons het bietjie daaroor gegaan …  Mens besef beslis nie wat alles in verband met trou reelings kos nie!  Klein bedrae tel vinnig op en dan is daai bedrae al te saam een groot bedrag wat jy nie noodwendig voor beplan het nie.  Ek is wel nie spuit oor die feit dat ons oor ons begroting gegaan het nie. Mens se troudag is tog ‘n “een keer in ‘n leeftyd” oomblik so mens wil dit die beste dag van mens se lewe maak!

Die troue was ‘n naweek troue en ons het 56 gaste onthaal. Alles, behalwe vir die gaste se verblyf waarvoor hul self moes betaal, was ingesluit in die kostes.

JC & Madelein se advies vir wanneer dit by die trou begroting kom:

Ons advies aan ander paartjies sal wees dat hulle hul huiswerk mooi moet doen om seker te maak van al die kostes van al hul trou elemente/reelings voordat jy enige iets besluit.  Veral as jy nie baie tyd het om genoeg te kan spaar vooraf nie.  Ons het nooit besef wat alles gaan kos toe ons met al ons trou reelings begin het nie.  Verder, maak ook seker dat jul ‘n sigblad op stel wat alles op het.  Dit sal baie tyd en geld spaar!  Laaste, as julle ‘n begroting in gedagte het moet julle jul bes doen om so ver as moontlik daarby te hou.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my was dit om JC en my pa se gesigte te sien, toe hulle my vir die eerste keer in my rok gesien het.  Dit was ongelooflik spesiaal!  Die merwaardigste oomblik vir JC was toe ek by die gangetjie afstap, na hom toe.  Hy sê hy sal daai oomblik nooit vergeet nie!

Paartjie se styl:


Ons trou styl was eintlik so ietsie van alles.  Daar was baie boheemse elegansie, as ook tradisioneel en antieke elemente ingesluit.  Ek wou bitter graag met ‘n boheemse kant rok trou, maar as mens eers begin rokke pas dan sien jy presies wat by jou pas en wat nie by jou pas nie …  As gevolg hiervan, het ek met iets meer tradisioneel gegaan.  My trourok was toe ‘n lang bal rok, met ‘n lang sluier en ‘n oop rug.

Albei ek en JC het het vinnig reggekom by Bride & Co. Ek het letterlik die rok gepas en na my 2de besoek aan die winkel het ek geweet dit is my trourok.  My man het ook nie op hom laat wag nie, hy het van die begin af geweet waarvoor hy soek.  Hy wou ‘n groen pak dra en dit toe presies wat hy gedoen het!

Die ringe:

Die idee vir my trouring het ek vanaf Pinterest gekry.  Ek het vir JC prentjies daarvan gestuur en daarvanaf het hy my ring laat maak.  Famke Jewellery het my ring ontwerp en gemaak en dit was presies dieselfde as die voorbeeld wat gegee was.

My ring is roosgoud met ‘n groen Toermalyn steen, met kleiner diamante daarom .  Om JC se ring te kry, was ook ‘n baie vinnig proses omdat hy presies geweet het wat hy soek.  Sy ring was silwer met ‘n roosgoud rand.  Net soos waarvoor ons gehoop het, pas ons twee se ringe eintlik baie mooi bymekaar!

Die Besluitnemingsproses:


Ek moet sê, ek en JC het albei besluite geneem.  Hy sou partykeer sê “… dis nou onnodig…” of “te duur”, maar verder het ons goed saam gewerk en mekaar ondersteun.  Ek het geweet wat ek wou hê en hy het geweet wat hy wou hê, so dit maak dit baie maklik.  Ons vriende en familie was glad nie betrokke by die besluitnemingsproses nie, hulle het net advies gegee waar hulle kon.

Wittebrood:


As gevolg van KOVID-19 moes ons die frase “local is lekker” toepas aan ons wittebrood planne.  Ons het dus besluit om ‘n week na die troue op ons wittebrood gegaan en die wittebrood in 2 te deel.  Die eerste deel was deur JC beplan en ek het van niks geweet nie.  Die tweede deel was deur my beplan en JC het ook toe niks daarvan geweet nie.  Almal het ons idee bevraagteken, “maar wat van as julle twee in verskillende rigtings beplan?” het hulle gevra … Maar ons het nie omgegee nie, want ‘n toer deur ons land sou vir ons net lekker wees.

Die eerste deel van die wittebrood:

JC het my verrass deurom te reel dat ons Kol Kol toe gaan, in Botrivier.  Dit was ons albei se eerste keer daar en dit was ‘n ongelooflike ervaaring!

Die tweede deel van die wittebrood:

Toe dit by my deel van die wittebrood se reelings kom, het ek besluit ons gaan Wilderness toe, naby die Kaaiman River.  Ek het plek bespreek by ‘n huisie wat aan die ander kant van die rivier sit, so jy moet met ‘n kajak of bootjie oor die rivier gaan.  Dit was so mooi gewees en dit was ook ons albei se eerste keer daar.  So ja, teenspyte van wat almal vir ons gesê het het ons tog in dieselfde rigting gedink en gegaan.

‘n Ekstra bietjie wittebrood:

Terwyl ons in die area was, het ons sommer besluit om nog twee aande in Mosselbaai te spandeer daarna.  Die plekke wat ons besoek het het beslis gemaak dat dit voel  as of ons oorsee was, en dit alles hier in ons land – ‘Local’ was toe definitief ‘lekker’!

Venue & Dekor:


Nadat ons op die 19 September verloof geraak het, was ons oppad na JC se pa in Lichtenburg toe.  Ons het toe daardie tyd op die pad gebruik om te begin soek na venues.  Na so bietjie gesoek, het ons op Cherry Glamping afgekom.  JC het dadelik baie van die venue gehou, veral omdat ons ‘n naweek troue wou hê.  Ons het ook familie en vriende wat van ver af sou moes kom om ons troue bytewoon en hierdie venue verskaf ook verblyf.

Ons het die venue gaan besoek en dadelik geweet dit is waar ons wil trou!

Toe ons by die venue aankom het ons dadelik gehou van wat ons gesien het.  Ons het toe ook dadelik die deposito vir die venue betaal, sodat ons nie ons gekose datum kon verloor nie.  Die venue is baie oop en is omring met natuurskoon.  As gevolg hiervan, het die venue mooi by die tema van ons troue gepas.  Hierdie venue het toegelaat dat ons ons dag saam met al ons vriende en familie, amper leterlik buite in die natuur kon geniet.

Soos genoem, ons wou ‘n naweek troue hê waar ons gaste sou kon oorslaap en Cherry Glamping was vir dié ook die perfekte venue vir ons.  Die venue se verblyf is soos die naam aandei, letterlik “glamping” met reeds opgeslaande tente en alles wat jy nodig sou kry is reeds in die tente!

Meer oor die venue:

Die venue gee net tafels, die res moet jy alles self inbring.  In verband met die dekor, ek het al my idees vir boheemse troues vanaf Pinterest gekry. Ek wou niks moeilik vir myself gemaak het nie, dus het ek vinnig besluit op blomme, kleure, tafel uitleg, dekor goedjies ens.

Ek is mal oor diep kleure en dit is waarop ek gefokus het toe ek inspirasie gesoek het.  Pinterest het my baie gehelp.  Verder is ek ook nie iemand wat baie vol nonsens is nie, so ek het vinnig belsuite geneem en nie my tyd gemors deurom oor en oor na goed te kyk en te soek nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Hierdie is ‘n baie moeilike vraag want elke diensverskaffer wat ons gehad het het so baie vir ons beteken.  Elke diensverskaffer was ongelooflik goed gewees met wat hulle moes doen.  Ons sal met liefde ons diensverskaffers aan enige iemand aanbeveel!

Vermaak:


Vir vermaak het ons net ‘n platejoggie gehad.  Die maatskappy waarvan ons gebruik gemaak het se naam was DJ Dean en DJ André  het op ons troudag die vermaak / musiek verskaf.

Eerste Dans:


Ons eerste dans liedjie was Juan Boucher se Ons word een.  Toe die liedjie uitgekom het, het ek en JC verlief geraak daarop!  Die woorde pas perfek by ons, dus het ons die besluit gemaak om die liedjie as ons Eerste Dans liedjie te kies.  Ons het net ‘n gewone loop dans gedoen, nie ‘n dans roetine of vir klasse gegaan nie.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Waarvan ek weet, was daar glad nie iets wat verkeerd geloop het nie … Tensy dit “agter die skerms” gebeur het en ek onbewus was want vir my was alles perfek!  Die enigste ding wat ek sou verander, sou wees dat ons langer kon troue hou!  Die eintlike dag gaan ongelooflik vinnig verby.  Al my vriendinne het voor die tyd vir my gesê die dag gaan vinnig verby gaan, maar ek het nooit gedink dit sal só vinnig verby gaan nie!

Dit sou lekker gewees het om dalk die Vrydag al ‘n klein seremonie gehad het en vir die res van die naweek op die onthaal en die kuier gefokus het.  So sou mens meer tyd gehad het om die dag saam met jou gaste te geniet en jou huwelik te vier!

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]