Industriële minimalistiese trou inspirasie

Hierdie Industriële Minimalistiese gestilleerde fotosessie wys vir ons hoe belangrik dit is dat jou trou venue keuse en jou ideale trou konsep by mekaar pas.  Wanneer mens na venue opsies kyk, moet mens meer as net die spasie as ʼn heel in ag neem.  Kyk na die details van die mure, die vensters, die vloer en alles tussen in.  Aan die ou einde wil mens graag gebruik kan maak van die hele spasie, as ook al die elemente daar in.  Byvoorbeeld, die verskeie kleure te vind in die spasie kan lei na jou troue se kleur skema inspirasie.

Die minimalisme, as ook die industriële gevoel van die distilleerdery het as inspirasie getoon vir hierdie gestilleerde fotosessie.  Reg deur hierdie fotosessie was daar klem geplaas op hoe minimalisties items ʼn oppervlakte interessant kan laat lyk.  Fokus was geplaas op botaniese elemente in plaas van groot tradisionele blomme rangskikkings.

Rol af om meer te sien oor hoe hierdie Industriële Minimalistiese gestilleerde fotosessie bewys dat minder soms meer kan wees.  As Mooi Troues se lesers nog meer trou inspirasie benodig, klik gerus hier en gaan besoek ons Trougids.  Daar sal ons lesers tonne inspirasie kan vind, om hul kreatiwiteit bietjie op te wakker.

Wie het die fotosessie gereël?


Dit was vir Jess van George en Co. gevra om ‘n sessie te reël.  Sy het vir Lee van MODE Weddings gevra om die stilering te doen.

Inspirasie agter die fotosessie:


Die minimalisme van die distilleerdery by Rosemary Hill het my geïnspireer om die tafels baie minimalisties te styl, met die fokus op botaniese elemente in plaas daarvan groot tradisionele blomme rangskikkings.  Ek het verskillende teksture ingebring wat in die lig ‘n pragtige kontras vertoon het.  Die simmetrie van die vensters se swart lyne het die spasie ‘n moderne eienskap gegee wat ek in my stilering wou deurbring.

Die gebruik van hout het dit ‘n warmte gegee, in kontras met die koelte van die sement mure.  Ek het dan gebruik gemaak van die groen botaniese struik blare, om die twee elemente saam te bring en sagter te vertoon.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die verskaffers was deur Jess van George en Co. gekies en uitgenooi om deel van die gestileerde fotosessie te wees.  Ek was benader om die hoof stilis van die sessie te wees.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Vir my, om in sulke pragtige trou spasie my visie as ‘n stilis te kon uitleef, met sulke lieflike mense in die trou industrie.

Kleurskema:


Ek kyk altyd na wat ek gebruik kan maak van die spasie en al hulle wonderlike elemente wat daar is.

Trourok en bruidegom pak:


Ons het ‘n trou rok gesoek wat vloeiend en vroulik is en Mimie doen dit baie goed!

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Kyk altyd of jou trou venue jou konsep pas en maak gebruik van die kleure in die spasie.  Kies een of twee elemente wat vol tekstuur is en paar dit saam met baie groenigheid.  Moet nie die tafels te vol maak nie, minimalisties items wat interessant is moet voor krag hê.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]