Harry & Renalte se simplistiese intieme troudag

Harry en Renalte het hul intieme troudag gevier op ʼn simplistiese manier by ʼn plaasvenue in Mpumalanga.  Ten spyte van die KOVID-19 uitdagings wat die paartjie in die gesig gestaar het, was hulle troudag alles waaroor hulle kon droom.

Die paartjie dien as wonderlike inspirasie vir verloofdes wat ook hulle troudag moet beplan in moeilike omstandighede.  Harry en Renalte het die bul by die horings gepak en self hulle simplistiese intieme troudag beplan.  Beide van hulle het ʼn soortgelyke eenvoudige styl, en kon die keuses rondom die troue saam neem.  “Minder is meer”, sê die paartjie en dit het werklik weerspieël in hulle uitrustings en dekor.

Betroubare diensverskaffers maak dit soveel makliker as jy besig is om self jou troudag te reël.  Klik hier om ons Mooi Troues Trougids te gaan besoek en betroubare diensverskaffers te vind in jou omgewing.  Rol nou af om meer te sien van Harry en Renalte se simplistiese intieme troudag.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar in Plettenbergbaai se kampterrein ontmoet.  Na die Desember vakansie het ek in Stellenbosch gaan studeer.  Harry was reeds besig met sy studies in Stellenbosch.  Iewers tussen Plettenbergbaai en Stellenbosch het ons goed verlief geraak.

Na 4 jaar het Harry het my die dag voor Vlak 5 grendeltydperk (25 Maart 2020) gevra om met hom te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 10 maande verloof.  Ons het sommer self ons troue beplan.

Finansiële Aspekte:


Die begroting was R180 000. Ons is baie bevoorreg om ouers te hê wat vir ons troue kon betaal.  Ons sou oorspronklik 120 gaste onthou.  As gevolg van KOVID-19 het ons toe saam met 30 van ons naaste vriende en familie troue gehou.

Ons het natuurlik baie van die trougeld gespaar.

Advies: Besluit wat vir julle die belangrikste is en spandeer genoeg geld daarop.  Spaar by klein goedjies wat nie vir julle belangrik is nie.

Merkwaardigste Oomblikke:


Renalte:

Die weer op die dag van ons troue.  Daar was donderstorms oral om ons.  Die wolke was op hul donkerste en ons het die reën sien val om ons.  Die reën het weggebly tot al die gaste onder dak by hul tafels gesit het.  Daarna het die reën kliphard op die sinkdakke neergedaal.  Liewe Jesus het ons so geseën.

Harry:

Die saam-wees en die mense om ons.  Die hele naweek was ongelooflik.

Ons en ons gaste het al die dekor, blomme, kos ensovoorts self gedoen.  Van die oggend se rondskarrel tot die lekker dans aan die heel einde was so spesiaal.

Paartjie se styl:


Ons hou van alles eenvoudig.  Ons glo in ‘minder is meer’ en dit was hoe ons klere en ringe beplan en gemaak is.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het alle besluite saam geneem.  Ons ouers was baie ondersteunend.  Hulle het goeie raad gegee en net heeltyd gesê ons moet doen wat ons gelukkig sou maak.

Gunsteling Diensverskaffers:


Definitief ons venue, The Cowshed Lydenburg en ons fotograaf, Rozier van Tonder van Okay Deer.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar was uitdagende tye tydens die beplanning van ons troue, as gevolg van KOVID-19.  As ons nou terugkyk sal ons alles net so weer oor doen – die dag was perfek.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet elke oomblik van ALLES.  Vier die klein mylpale en die groottes.  Dit is die lekkerste tyd en dit vlieg so vinnig verby.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, KOVID-19 het ons hele troue verander.

Ons het van venues geskuif.  Die gastelys is van 120 na 30 aangepas.  Ons het op die ou einde al die kos, dekor en blomme self gedoen.

KOVID-19 het ʼn enorme impak op ons troue gehad.  Ons kyk nou terug en weet alles was perfek.  Ons sal dit nie vir een oomblik vir ons oorspronklike troue verruil nie.

Venue & Dekor:


Ons het ʼn venue gesoek wat al ons gaste kon akkommodeer in terme van verblyf.  The Cowshed se drie pragtige plaashuise was ideaal.  Die natuurskoon op die plaas is ongelooflik.  Daar is net berge, grondpaaie en groen gras oral waar jy kyk.

Wittebrood:


Ons wittebrood was verseker die heel hoogste hoogtepunt van ons trou tyd.  Dit was ongelooflik lekker!  Ons was in Langebaan, Botrivier en in Kampsbaai.  Harry het die wittebrood beplan sonder dat ek enige iets weet.  Dit was baie spesiaal.

Artikel Diensverskaffers:

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: