Demain & Cailin se bosveld verlowings fotosessie

Toevallig stap Demain een dag in Cailin se lewe in toe hy by familie vriende gaan kuier.  Maar die volgende stap was beslis nie ‘toevallig’ nie en dit het hul liefdesverhaal gelei na ʼn pragtige bosveld verlowings fotosessie.

ʼn Paar maande nadat die paartjie mekaar ontmoet het, het hulle hul liefdesreis amptelik saam begin.  Demain en Cailin was toe vir  ses jaar saam, hy die volgende ‘stap’ geneem het en vir Cailin vra het om met hom te trou.

Omdat albei Demain en Cailin baie lief is vir die bosveld, was dit die inspirasie vir hul verlowings fotosessie.  Hulle wou graag hul liefde vir die bos en die natuurskoon, as ook vir mekaar, weerspieël met die doel om foto’s te kan hê vir hul huis en hul trou uitnodigings.  Die paartjie het ook gedink dat dit ʼn goeie idee sal wees om ʼn verlowings fotosessie te hê sodat hul saam met hul gekose fotograaf kan werk voor hul groot dag.  Ons dink dit is ʼn briljante idee.  Mooi Troues se lesers sal definitief baat deur om hierdie in gedagte te hou indien jul nie weet of jul ʼn verlowings fotosessie voor jul troudag sal wil hê nie.  So kan die bruidspaartjie ʼn voorsmaak kry van hoe die foto’s van jul groot dag heel moontlik sal uitdraai.

Indien ons lesers ook die voordeel van ʼn verlowings fotosessie sien en nog nie ʼn fotograaf in gedagte het nie, kan jul gerus Mooi Troues se trougids besoek op ons webtuiste. Daar sal jul tonne area spesifieke fotograwe kan vind!

Rol nou af om meer te sien oor Demain en Cailin se bosveld verlowings fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was by Cailin se flat in Pretoria, Cailin het by Demain se familie vriende gebly. Demain het een dag kom kuier en dit is waar ons ontmoet het. Cailin het dadelik belanggestel en het haar beste Afrikaans uitgehaal. Ons lag vandag nog oor daai eerste gesprek. Dit was n paar maande daar na toe ons begin uitgaan het en ses jaar later toe Demain uiteindelik die vraag gevra het.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het foto’s ge kort vir ons huis en vir die uitnodigings. Ek en Demain het ook gedink dat dit n goeie idee sou wees om met dit fotograaf te werk voor die troue. Ons is so bly ons het, Melany is fantasties en ons kan nie wag om saam met haar op ons groot dag te werk nie.

Die groot vraag:


Cailin se familie het n plaas net buite Parys wat baie naby aan ons harte is. Ons het die naweek met ons ouers daar gaan kuier. Demain het besluit dat ons twee langs die rivier moet gaan stap. Ons het redelik ver gestap tot by n graniet klip wat oor die water hang.

Ek was besig om na die pragtige rivier te kyk. Toe ek omdraai om te kyk waar Demain was, was hy op sy knieg met die ring uit. Ek was so verbaas ek het dit glad nie verwag nie. Ons het toe terug huis toe gestap om vir almal die nuus te vertel. Toe ons daar aankom het Demain gereël dat ons naaste familie en vriende my verras.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die plaas waar ons verloof geraak het was die enigste keuse vir ons. Ek en Demain is baie lief vir die bosveld en wou seker maak dat dit n groot deel van ons foto’s was. Ons ek ook vir Melany gevra om die foto’s so natuurlik as moontlik te hou. Albei van ons is mal oor ons foto’s.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was op die 24 Oktober 2020 verloof. Dit was nie eers n maand nie toe het ons al ons trou datum. Ons trou 12 Februarie 2022.

Visie vir droomtroue:


Demain en my droom is ‘n intieme troue met ons naaste familie en vriende. Ons hoop vir n reënlose dag in die bosveld waar almal hulleself kan geniet. Die troue het n baie rustieke gevoel en genoeg slaapplek vir almal.
Ons is baie opgewonde.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]