Trou by @Boshoek in Mpumalanga

Trou by @Boshoek in die omgewing van Lydenburg in Mpumalanga.  Dié trouvenue is omring deur prentjie mooi berge en klomp majestueuse bome.  Dit is enige paartjie se droom trou bestemming in Lydenburg.  Hulle het nie net ʼn pragtige trouvenue nie, maar bied ook moderne verblyf opsies.  @Boshoek is die ideale trou bestemming vir paartjies wat in Mpumalanga provinsie wil trou en graag ʼn paar dae fees wil vier.

Die huidige bestuurders van @Boshoek, Elsabé en Wynand Malan, se droom om op die familieplaas Boshoek te trou, het na hulle eie troue verander in ʼn besigheid wat weekliks bruid se drome waar maak.  @Boshoek is in 2013 gestig.

@Boshoek kan jou gewone troue, in iets buitengewoons omskep en jou drome in ʼn werklikheid laat verander.  “By @Boshoek is enige iets moontlik!” vertel Elsabé.  Dié trouvenue het só baie om te bied.  Van prentjie mooi uitsigte, moderne verblyf, heerlike kos en vele meer.  Rol af om meer te lees oor ons onderhoud styl inskrywing met @Boshoek.

@Boshoek se naam:


Die plaas Boshoek is al meer as 100 jaar deel van die Malan familie, daarom die woord Boshoek.

Die @-teken is seker een van die simbole wat in vandag se tyd so deel is van almal se woordeskat, of dit nou ʼn epos is, of ʼn “tag” op Instagram of Facebook, mens kan nie sonder dit nie.

Daarom is daar toe besluit om die @ teken by te sit.  @Boshoek voel hulle moet nes die @ teken deel wees van jou troue.

Ligging:


@Boshoek is geleë in die pragtige omgewing van Lydenburg.

Omring deur asemrowend berge en majestueuse bome.  Sowat 50 km vanaf Dullstroom en 90 km vanaf Nelspruit.  Slegs 300 km vanaf Pretoria en 350 km vanaf Johannesburg.

Dit maak @Boshoek die ideale, idilliese naweek -wegbreek of trou bestemming.

Aantal Gaste:


Die onthaal saal kan tussen 80 en 200 gaste akkommodeer.  Sonder ʼn dansvloer kan @Boshoek tot-en-met 350 gaste akkommodeer.

Spyseniering:


@Boshoek doen hul eie spyseniering.  Bederf jou gaste met ʼn heerlike 5- of 6 gang maaltyd.  Gaste word bederf met ʼn heerlike oestafel en vingerhappies na die seremonie, gevolg deur ʼn buffet of klaar op geskepte maaltyd opsie tydens die onthaal.

Hulle sluit die aand af met ʼn verskeidenheid van klein nageregte, koeksisters, koekies en macarons saam ʼn heerlike koppie koffie.

Ongelukkig laat ons nie buite spyseniering toe nie.

Alles om jou troue spesiaal te maak:


@Boshoek het ʼn lys met uitstekende diensverskaffers saam wie hulle baie lekker werk om jou dag só spesiaal moontlik te maak.

Verblyf:


@Boshoek het luukse “glamping” akkommodasie vir 26 gaste en luukse boshutte vir 16 gaste.  ʼn Gesellige boma area vir ʼn Vrydagaand kuier.  Daar is ook ʼn asook ʼn buitelug ramkamp.

Dan is daar ook ʼn romantiese bruid suite, wat ook gebruik kan word as ʼn wittebrood suite.

Kontak Besonderhede:


Jy is welkom om @Boshoek te kontak deur Facebook of Instagram.  Loer ook na hul YouTube kanaal om vorige troues te sien.   Jy kan Elsabe kontak per e-pos as jy enige vrae het of bel/WhatsApp op 084 607 4272.  Vir meer inligting oor die pragtige venue, besoek hul webtuiste.

Artikel Krediet:

Venue:  @Boshoek

Foto’s verskaf deur @Boshoek en gelys hieronder: