Niklaas & Chriselda se selfdoen plaastroue

Ons deel vandag met ons lesers Niklaas en Chriselda se selfdoen plaastroue in Mpumalanga.  Hierdie paartjie wou ʼn troudag hê wat hulle plat-op-die-aarde styl weerspieël en het daarom besluit om getrou te bly aan hul gekose tema vir hul plaastroue.

Chriselda het met die hulp van haar familie hulle selfdoen plaastroue beplan.  Vele hande maak ligter werk, en sodoende kon Niklaas en Chriselda hulle droom plaastroue hê.  Die plaastema is deurgetrek van hul uitrustings, gekose venue asook die troudekor.  Hulle wou gemaklik wees vir hul selfdoen plaastroue, maar steeds netjies lyk.  Niklaas en sy strooijonkers het ʼn kortbroek gedra met vellies en leer bykomstighede om die uitrusting te voltooi.  Chriselda se trourok was simplisties met ʼn kant bo-deel en plat leer skoene om in te skakel met die gekose gevoel van die troudag.

Skakerings van wynrooi kom na vore in die klere van die strooimeisies en die troudekor.  Hierdie element het toegelaat dat die troudekor werklik die venue spasie ophelder en romanties vertoon.  Die troudekor is simplisties gehou met wynrooi tafellopers, bloekom blare, blomme in skakerings van rooi en bypassende servette.

Om betroubare diensverskaffers te hê vir jou troudag maak die beplanningsproses soveel makliker.  Klik hier, en besoek ons Mooi Troues Trougids vir meer trou diensverskaffers in jou area.  Rol nou af en geniet Niklaas en Chriselda se selfdoen plaastroue.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Paartjie se Liefdesreis:


Op 20 September 2013 was dit Niklaas se matriekafskeid gewees. Hy het dadelik my oog gevang toe hy uit die voertuig geklim het. Ek het vir my niggie (wat saam met hom op skool was) gevra “Wie is daardie outjie?” Nadat sy vir my gesê het wie dit is, het ek gesê dat ek met hom gaan trou eendag!  Min het ek geweet dat ons vandag werklik getroud gaan wees.

Na ʼn paar kere se sien-in-die-verby-loop het Niklaas se werk hom op 9 November 2016 na my werk gestuur.  Daardie aand het Niklaas met my begin gesels. Ek het natuurlik gedink dat dit die vriendelikste kliënt nog is.  Op 25 Maart 2017 het Niklaas baie mooi gepraat om my te oorreed om saam met hom ʼn drankie te gaan drink.  So het kuiertjies al meer gereeld gebeur.

Op 3 Junie 2017 het Niklaas my gevra om sy meisie te wees en op 23 Augustus 2020 het Niklaas uiteindelik genoeg moed bymekaar geskraap om my te vra om te trou.  Hy het gemaak of hy vir sy ouers iets op die plaas wil gaan wys.  Hy het ons na ʼn mooi gedeelte van die plaas gevat waar hy toe op sy knieg gesak het en die groot vraag gevra het.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 6 maande verloof gewees.  Ons het nie ʼn troubeplanner gehad nie.  Ek, my Ma, my Skoonma en my skoonsussie het saam ingespring en self die troue beplan.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Finansiële Aspekte:


Ons het nie regtig op ʼn begroting gewerk nie.  Ons het saam na verskeie opsies gekyk en saam besluit wat ons sak gaan pas en wat nie.

Selfs al werk ʼn mens ʼn begroting uit, is daar altyd dingetjies wat mens langs die pad optel, waaraan mens nooit gedink het nie.  Die dag is regtig so vinnig verby, spandeer eerder bietjie minder op die troue, sodat die begroting vir die wittebrood bietjie groter kan wees.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Chriselda was dit toe ek in die kerk ingestap het.  Dit was vir my ʼn baie emosionele oomblik gewees en ek dink die realiteit van die troue het daar eers ‘ingeskop’.  Ook toe ek ingestem het om die res van my lewe te deel met die liefde van my lewe en my beste maat.

Vir Niklaas was dit toe ek my bruid vir die eerste keer gesien het toe sy by die kerk ingekom het. Ek kon my geluk nie glo nie en moes hard geveg het om die trane terug te hou. Sy het regtig beeldskoon gelyk.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Paartjie se styl:


Ons is baie maklike, eenvoudige en plat-op-die-aarde mense. So, toe ons begin praat en soek het na ons klere, wou ons so gemaklik as moontlik aangetrek het, terwyl ons nogsteeds netjies gelyk het.

Ons trouringe is ook fyn oor iets groot en bonkig nie by ons, as mense, sal pas nie.  Niklaas se trouring is ook ʼn erfporsie van sy Oupa af.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Chriselda se advies:

Moenie alles te perfek wil hê nie, want nie alles gaan perfek wees nie.  Geniet elke oomblik net voluit, want die dag is regtig net so vinnig verby.  Geniet dit wat verkeerd is sommer ook en maak die beste daarvan, want mens gaan dit nie meer kan verander nie en niemand anders as jy gaan weet dat dit nie is soos wat dit veronderstel was om te wees nie.  Iets wat baie gehelp het was ʼn noodhulp boksie in die vrouens se badkamer waarin ons so paar noodsaaklike produkte vir die vrouens ingesit het.

Niklaas se advies:

Almal weet watter stresvolle tyd dit vir ʼn vrou kan wees so, wees maar geduldig met jou geliefde en help uit waar jy kan.  Onthou dit raak net so stresvol vir die man, veral wanneer dit by die dag en oggend voor die troue kom wanneer alles gereed gemaak moet word vir die troue.  Ontspan net en weet net dat die dag nogsteeds spesiaal gaan uitdraai.  Dit gaan op die ou end in elk geval net oor jou en jou vrou se huwelik.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad wat vooraf vir ons ʼn afspeellys geskep het van musiek wat ons graag sou wou luister en was ook oop vir enige liedjie versoeke vanaf die gaste gewees.

selfdoen plaastroueselfdoen plaastroue

Die Besluitnemingsproses:


Ons het redelik saam besluite gemaak, want die dag moes tog vir ons albei lekker gewees het.  Die naaste familie was baie betrokke gewees en altyd gereed gewees met hulp of raad.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Spesiale Tradisies:


Dit is nou nie ʼn tradisie of kultuur nie, maar ons het al ʼn langpad gestap met die Dominee wat ons getrou het.  Hy het ons albei, asook my Boetie en skoonsussie as baba’s gedoop, my Skoonouers en skoonsussie hul getrou en ook Niklaas se oupa begrawe.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Dit sal definitief die einste eerste dans wees.  My trourok was bietjie in die pad gewees wat ons HEELTEMAL van ons ‘ritme’ afgegooi het.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Venue & Dekor:


Ons wou graag ʼn plaastroue gehad het en het volgens dit die venue en dekor gekies.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Alles was baie onseker, oor mens nie geweet het in watter rigting die situasie gaan draai nie, tydens ons beplanning was ons op ʼn strenger inperking vlak gewees.  Ons het net aangehou beplan asof ons nogsteeds daardie dag gaan trou en so 2 weke voor die troue was ons na ʼn lae van inperking vlak geskuif en kon ons met die troue voortgegaan het.

Eerste Dans:


Ons het die dansvloer dadelik geopen toe ons by die onthaal saal ingestap het.  Ons het op Willem Botha en Tarryn Lamb se Liefde Soos Die gedans.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

Wittebrood:


Ons was Zanzibar toe vir ons wittebrood.  Daar is nie ʼn spesifieke rede hoekom ons Zanzibar gekies het nie.  Ons het wel net besluit dat dit egter ons wittebrood was en daarom bietjie groter kon gaan as gewone vakansies.

Ons ervaring van Zanzibar was nie so aangenaam soos sosiale media dit maak nie, maar ons is bly dat ons daardie ervaring kon beleef.

selfdoen plaastroue selfdoen plaastroue

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]