Lu-André & Sabrina se modern boheemse troue

Hier by Mooi Troues is ons opgewonde om met ons lesers die modern boheemse troue van Lu-André en Sabrina met julle te deel.  Die boheemse styl is nou ʼn groot tendens in troue, tog wil paartjies ook meer elegant en modern gaan vir hul troue.  Dié troue sal baie trou inspirasie bied vir paartjies wat albei modern en boheems styl wil hê vir hul troue.

Sabrina het beeldskoon gelyk in haar trourok met patrone wat ʼn boheems gevoel skep en Lu-André weer dapper gelyk met ʼn volledige swart pak vir die modern gevoel om hul troustyl te komplementeer.  Ons by Mooi Troues is absoluut versot op Sabrina se besonderse blomruiker.

Lu-André kon nie sy emosies keer toe Sabrina in die trougang afgestap het nie en die kosbare oomblik was op kamera vasgevang.

Wanneer mens dink aan boheems styl troue, dink jy aan vreeslik oortollige gedroogte blomme en pampas gras.  In hierdie inskrywing sal Mooi Troues se lesers baie trou inspirasie vind vir ʼn skoon, moderne, boheemse styl troue. Kontrasterende style wek fantasties saam en paartjies moet asseblief nie huiwer om te eksperimenteer nie.  Onthou dit is belangrik om te onthou dat dit jul troue is en jul kan maak absoluut net wat jul wil.  Opsoek na troudiensverskaffers wat jul trou drome kan verwenslik?  Op Mooi Troues se aanlyn trougids kan jy vinnig professionele troudiensverskaffers vind, klik hier om ons aanlyn trougids te besoek.

Nou kan jul asseblief rustig afrol en Lu-André & Sabrina se modern boheemse troue geniet.  Deel asseblief die pragtige paartjie se troue wyd-en-syd.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons liefdesreis is pragtig beplan en geskryf deur Pappa God.

Ons was saam op hoërskool gewees, dit was wel eers in matriek toe ons albei besef ons hou van mekaar.  Sabrina het die “eerste skuif” gemaak en besluit om vir Lu-André te sê, sy kan dit nie meer wegsteek nie, sy hou van hom.

Volgens Lu-André het hy al in graad 10 vir Sabrina gevra wanneer gaan sy besef sy is sy trouvrou.

Ogies gemaak, vlinders gevoel en dit is waar die liefdesreis begin het.

28 November 2020 het Lu-André besluit op vir ewig saam met Sabrina toe hy haar vra om te trou by Bona Bona Game Lodge in Noordwes.  Die plan was om op ʼn wildrit te gaan, maar die weer het dit nie toegelaat nie. Lu-André het toe by die kaggel voor die familie & vriende vir Sabrina gevra of sy met hom sal trou. Hulle het daarna vingeretes geniet, lekker gesels, fotos geneem en die oomblik gevier.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir 9 maande en 10 dae verloof gewees.  Vanaf die 28ste November 2020 tot in met ons troudag 11 September 2021.  Ons het ʼn groot gedeelte self beplan, maar het baie hulp gehad van my tweeling sussie af (tweeling sussie van die bruid), wat ook die eienaar is van haar eie ontwerp en organiserings besigheid, Idyllic.

Trou Begroting:


Ons het aanvanklik begroot op R120 000.  Alhoewel ons nie daarby gehou het nie. Ons het 64 gaste gehad wat ons (die bruidspaar) ingesluit het sowel as ons fotograaf, videograaf en ons platejoggie.

Ons advies aan ander paartjies wat troue beplan is om nie hulle harte op ʼn vaste bedrag te sit nie.  Begroot altyd vir so bietjie meer as wat hulle beplan om te spandeer.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die merkwaardigste deel vir ons albei was die seremonie gewees.

Sabrina:

Die oomblik toe ek by die trougang af stap met my pa langs my en my bruidegom wat voor vir my wag het my hart gebars van opgewondenheid en liefde.

Lu-André:

Toe my bruidjie by die trougang afgestap kom.

Paartjie se styl:


Ons styl is vir seker modern, met ʼn bietjie boheems gevoel daarby.

Die bruid se rok was styfpassend, met kant daarby en ʼn sagte “dusty pienk” ondertoon wat ontwerp is deur Elmarie Jooste van Klerksdorp.

Die bruidegom se pak was “all black” wat ʼn moderne gevoel skep, met ʼn gekleurde blommetjie das wat die boheems gevoel in bring.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Ons fotograaf & videograaf: Gutsch Film & Photography, hulle is man en vrou, sy neem die fotos en hy neem die video.
  • Ons platejoggie: Gerrit van Throwback Thursday.
  • Sowel as die vroutjie wat ons troukoek gebak het – Lizaan van Soetoond.

Die Besluitnemingsproses:


Albei was baie betrokke by die besluitnemingsproses gewees, alhoewel Lu-André gesê het solank hy net die kosse kan kies kan Sabrina voort gaan met die res.

Familie en vriende was glad nie so betrokke by die besluitneming van die groot dag nie.  Hulle het die bruidspaar gelos om hulle dag te beplan soos wat hulle goed dink.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Advies van die bruid:

Dames, vat die dag rustig.  Dit wat nie op die dag gedoen is nie, was van die begin af nie die belangrikste gewees nie.  Loop ook stadig by die trougang af en neem dié oomblik in.  Dit is ONGELOOFLIK.

Advies van die bruidegom:

Manne, moet nie jou trane probeer veg wanneer jou bruidjie by die padjie afgestap kom nie, want dan huil jy eers.

Venue & Dekor:


The Stone Cellar het ons op Instagram gesien.  Dit was die eerste venue waarna ons gaan kyk het.  Ons het dadelik verlief geraak en geweet dit is waar ons wil trou.  Die atmosfeer was modern, maar het mens steeds tuis en gemaklik laat voel.

Ons inspirasie vir ons dekor was beslis om so minimalisties te gaan as moontlik, met ʼn bietjie boheems daar by.

Spesiale Tradisies:


Omrede ons getalle so min was weens KOVID-19 het ons enkellopende gaste (mans & vrouens) saam “musical chairs” gespeel in plaas daarvan om die kousband en die blomme ruiker te vang.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Om eerlik te wees was ons dag perfek gewees.  Ons weet dit klink onmoontlik, maar daar was regtig niks wat ons sou verander het nie.  Behalwe dat ons meer van ons eie troukos wou eet, maar die dag is so opwindend dit is die laaste ding waaraan ʼn mens dink. 😅

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, ons moes ons getalle verminder van 106 gaste af na 60 gaste toe.

Wittebrood:


Ons was Botlierskop toe gewees vir ons wittebrood.  Ons is mal oor die buitelug en was lus vir ʼn wegbreek in die natuur.

Alhoewel ons van die buitelug hou verkies ons om dit in styl te doen, eerder as om in ʼn tent te slaap met baie goggatjies en dinge wat deur die nag by ons kan kom kuier sonder dat ons hulle inlaat.  Ons is glad nie snobisties nie, eerder net bang en versigtig as enige iets anders.

Eerste Dans:


Ons eerste dans liedjie was “If you love her” van Forest Blakk & Meghan Trainor.

Ons het een aand op YouTube liedjies geluister opsoek na ons eerste dans liedjie toe speel dié een.  Ek het dadelik tranerig geraak, toe weet ons dit is dié een.

Ons het so 3 weke voor die troue agt dans klasse bygewoon wat elk ʼn half uur lank was. Ons dans instrukteur het vir ons ons eie pragtige dans roetine uitgewerk.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: