JJ & Andrea se elegante troue in swart en goud

JJ en Andrea het hulle troudag gevier in ล‰ elegante tema van swart en goud.  Hierdie paartjie het gestreef na ล‰ formele gevoel by hul troudag en Andrea kon al haar gunsteling elemente bymekaar voeg om hulle droom troudag te bewaarheid.

Dit is belangrik dat verskeie elemente van jou troudag bymekaar inskakel indien jy ล‰ sekere gevoel wil skep.  JJ en Andrea het dit reggekry deur ook hul uitrustings te laat inpas by hulle styl.  Andrea het ล‰ simplistiese, koninklike trourok gedra.  JJ se pak was ook tradisioneel en elegant met ล‰ goue onderbaadjie om in te skakel by die tema.

Troubeplanning kan ล‰ duur en stresvolle tydperk raak indien jy nie ล‰ goeie span diensverskaffers het nie.  Andrea het haar troue beplan met die hulp van ล‰ troubeplanner.  Klik hier om Mooi Troues se Trougids te besoek indien jy opsoek is na betroubare hulp vir jou groot dag.

Rol nou af en geniet JJ en Andrea se troudag in elegante swart en goud.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar 10 jaar terug langsaan die krieket veld ontmoet.  Ons verhouding was aan-en-af vir โ€˜n paar jaar.  My pa sou nie die verhouding goedkeur nie, omdat JJ 6 jaar ouer is as ek.  Ons albei het intussen ander verhoudings gehad.  Hy het my gebel to ek 22 jaar oud was en vir my gesรช hy is reg om in ล‰ vaste verhouding te wees.  JJ het my uitgevra 5 November 2018 en hy het my 4 Julie 2020 gevra om te trou.

Hy het voorgestel ons moet die wild gaan tel op die plaas.  Ek wou nie graag gaan nie.  JJ het gesรช dan kan ek die uitsig vanuit ล‰ helikopter sien vir die eerste keer, en ek vlieg toe saam.  Soos wat ons oor ons plaas vlieg, kyk hy af, begin huil en sรช: โ€œKyk die blesbokke.โ€  Ek verstaan toe nie hoekom hy huil nie en toe ek af kyk, was daar op die grond wit klippe uitgepak wat sรช โ€œmarry meโ€.  Ons het nadat ons geland het lekker kos en peuselhappies geniet en ook albei ons families was daar gewees.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 9 maande verloof.  Ons was baie opgewonde en wou so gou as moontlik trou.  Ek het ล‰ trou beplanner gekry om my te help en dan ook baie van die goed self gedoen.

Finansiรซle Aspekte:


Ons het probeer besluit op ล‰ begroting maar dit was vir ons net onmoontlik.  Elke keer net wanneer jy dink jy is klaar, is daar nog iets wat mens vergeet het of gaan benodig.  Troues is baie duur en mens moet rerig mooi beplan as jy ล‰ begroting wil hรช.

Die Besluitnemingsproses:


Ek en my ma het meeste van die besluite geneem, en my familie was meer betrokke by die besluitnemingsproses as JJ se familie.  JJ het geweet hy sal van enige iets hou waarop ek besluit.

Die โ€˜nie-so-perfekโ€™ oomblikke:


My pa het sy pak se broek vergeet wat my troue ล‰ uitgestel het met ล‰ halfuur.  Ek het gehoop om die oggend, voor die troue, te gaan kyk hoe die trouvenue lyk en sien of dit alles is soos wat ek dit wou hรช.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons gunsteling diensverskaffers was Lana human, die fotograaf, en definitief ook Monte Bello, die venue.

Paartjie se styl:


Alles van ons troue het by ons tema van koninklike โ€œvintageโ€ modern ingeskakel.  Ek het ook baie marmer ingebring omdat ek mal is daaroor.

Venue & Dekor:


Die venue wat ons gekies het in Bloemfontein, was vir al ons gaste sentraal geleรซ.  Ons het op Monte Bello besluit omdat ons vooraf geweet het hulle kos is van top gehalte.

Ek het besluit op die dekor.  Ek is mal oor goud, marmer, glas en swart en vir die troue was dit vir my perfek om hierdie items en kleurskema te gebruik.  Ons wou graag ล‰ formele troue hรช en ek het geweet hierdie element sal die gekose gevoel skep.

Spesiale Tradisies:


Ek is Grieks en ons het ล‰ spesiale tradisie dat die bruid staan en bietjie dans terwyl die gaste geld vasmaak op my rok.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet net elke oomblik want dit alles gaan so vinnig verby.  Moet nie te veel strooimeisies en strooijonkers hรช nie, want dit maak dit minder oor jou as paartjie en dit vat ook langer om reg te maak.  Moet nie bang wees om bietjie geld te spandeer nie, want so ล‰ gebeurtenis gebeur net een keer in jou lewe.

Wittebrood:


As gevolg van KOVID-19 kon ons nie oorsee gaan nie, maar JJ het die wittebrood steeds so oulik beplan.  Ons het vir 2 weke op wittebrood gegaan.  Hy en sy sussie het ล‰ hele boek saamgestel van waar ons gaan bly wat daar te doen is.  Ons was eerste in Plettenbergbaai, daarna in Hartenbos en toe in Botlierskop. Ons het van die goed wat op ons โ€œbucket listโ€ was, gedoen.  Dit was ongelooflik en onvergeetlik.

KOVID-19 19 se uitwerking op jul troudag:


Nee, gelukkig het KOVID-19 geen uitwerking gehad op ons troudag nie.  Ons het dit net-net gemis voor die grendeltydperk so erg was.  Ons het maar net geloof gehad en sou steeds trou, ongeag die omstandighede.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons albei het toe ons in die saal inloop, dit die meeste geniet.  Die energie was net ongelooflik en so oorweldigend.

Eerste Dans:


Ons het net ล‰ tradisionele vasdans gedoen op Bryan Adams se โ€œ(Everything I do) I do it for youโ€.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โ€˜n internet konneksie het en โ€˜n toestel wat gekonnekteer is tot โ€˜n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โ€˜n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ล‰ diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel diensverskaffers: