Ivan en Sherice het nie op hulle laat staan en wag nie! Hierdie paartjie wou nie toelaat dat enige iets hul rustieke bruilof keer nie. So veel so, dat hulle met hul troureëlings begin het voordat hulle amptelik verloof geraak het. Ivan en Sherice het geweet die toekoms gaan baie onsekerheid bring so hulle het saam besluit om so vinnig as moontlik voor al hulle geliefde vriende en familie die “Ja” woord te sê.
Hierdie paartjie se liefdesverhaal het in 2008 begin en van toe af floreer. Dit is min dat mens na jou skoolloopbaan saam met jou skoolliefde bly, maar vir Ivan en Sherice was dit anders. Hulle was van hul hoërskool tyd saam en hulle verhouding het net sterker geword soos wat die jare verby gegaan het. Hierdie sterk band het toe gelei na ʼn baie spesiale bruilof, waarin die bruid absoluut pragtig gelyk het in haar sprokies trourok.
Sherice het haar trourok by Bridal Manor laat ontwerp. Bridal Manor se ontwerpe, asook die gehalte van hul handewerk, oortref altyd ons verwagtinge! Daar word seker gemaak dat elke trourok uniek aan elke bruid is en elke bruid wat ʼn Bridal Manor ontwerp op haar groot dag dra, sprankel. Indien jy sou wou gebruik maak van Bridal Manor, klik gerus hier.
Rol af om meer te lees oor Ivan en Sherice se vinnige trou-beplanningsproses, wat gelei het na ʼn pragtige rustieke bruilof. Mooi Troues se lesers sal beslis tonne trou inspirasie uit hierdie paartjie se storie, as ook hul foto’s kan kry.
Indien ons lesers besig is om jul groot dag te beplan en opsoek is na ekstra inspirasie as ook betroubare diensverskaffers, gaan besoek gerus Mooi Troues se trougids. Klik hier om ons trougids te besoek!
Paartjie se Liefdesreis:
Hoërskool liefies is ons begin en daar is só baie tussen in. Elke hoofstuk van ons liefdesverhaal maak ons liefde vir mekaar sterker wat min mense werklik kan verstaan. Ek het seker so 5 jaar terug vir Ivan gesê dit sal eintlik spesiaal wees om op ons dag wat ons begin uitgaan het, ook te trou (hy hoef dan ook nie nuwe datum te leer nie) … Ons was toe al 7 jaar saam. Ek het gelag vir daai gedagte, want dit het beteken ek moet nog 5 jaar wag, want dan sou 28 November 2020 op ʼn Saterdag val sodat ons lekker kan makietie. Toe gebeur COVID-19, nog steeds nie verloof nie, maar ook nie regtig die beste tyd vir sulke tipe goed nie.
In Augustus 2020 het Ivan gesê dis tyd vir ʼn ring. Toe begin die ringmaakproses en ons kyk na waar ons die grootste gelofte aan mekaar wil maak. Ivan het my Pa gevra of hy met my mag trou. Dieselfde dag het ek my Ma en Ouma veras met my eerste trourokpas-afspraak om dié nuus met hulle te deel sonder om te wag vir die verlowing, want die troue gaan binnekort gebeur en die troubeplanningsproses moet begin.
Die Verlowing Tydperk:
Op 31 Oktober 2020 is Ivan uiteindelik af op 1 knieg, ons kan nog steeds nie onthou wat hy eintlik gesê en gevra het nie … maar my antwoord was uiteindelik en natuurlik “JA”!! Ons was net ʼn maand en half verloof, maar die trou beplanning het al 2 maande terug begin.
My vriendin is ʼn verskaffer in die trou-industrie, so sy het vir my mense en plekke gestuur waarvan sy weet wat baie gehelp het met die beplanning. Ek het ons troue in 3 maande aan mekaar geslaan met hulp van familie en vriende. My Ma is gelukkig ʼn baie goeie organiseerder en lyk my sy het so bietjie van daai gene vir my gegee.
Spesiale Tradisies:
Iets wat my ma’lle gedoen het was die kers aan steek by hulle troudiens en daai groot kers met hulle troudatum en name staan in my ouerhuis. Ek wou dit ook gehad het om na al die jare dit ook op my eetkamer tafel te hê vir my kinders om te sien.
Ek het langs my Ma op haar troudag na haar trouman gery en toe ry my Ma langs my na my trouman op my troudag.
Ons het ʼn tradisie begin om by elke troue vir die troupaartjie ʼn brandewyn “shot” met suiker te kry, dan drink ons 4 dit saam. Dis hoekom hierdie “shot” ons dankie geskenk was, maar ons het op ons troue dit saam ons gaste gedrink.
Die “nie-so-perfek” oomblikke:
Ons dag het perfek verloop en dit was so ʼn spesiale dag. Ek het ʼn hele program vir die dag uit gewerk sodat alles mooi kan loop, maar nooit vir die manne die program gegee nie … So hulle was bietjie laat en op die dag spesifiek is tyd baie belangrik. Jy kan ook in elk geval beplan soveel soos jy wil, dinge gaan dalk anders uit draai in elk geval.
Finansiële Aspekte:
Ons het die grootste geskenk gekry om te kan trou met baie liefde van my ouers. Daar was ʼn begroting en ek het baie hard probeer om in dit te bly. Ek hou van Excel en dié tipe goed beplan darem. Ons het binne begroting gebly, maar daar was maar paar ekstra kostes wat jy nie aan dink of weet gaan kom nie, so dis my grootste raad aan ander bruide – laat ʼn bietjie ekstra toe vir so iets en as dit nie gebruik word nie, is die wittebrood geld.
Ons was 65 gaste en dit was ons naastes en mense wat ons regtig daar wou gehad het, nie wat ons moes nooi nie. Die mense wat wel daar wil wees sal die moeite doen, so moet niks om iemand anders beplan behalwe julle as ʼn paartjie en wat julle werklik wil hê.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Sherice:
Bruidjie besluit saam jou verloofde wat is vir julle belangrik en watse tipe dag wil julle hê en doen presies dit – wat julle wil hê.
Ivan:
Hou jou bruid gelukkig en doen wat sy wil hê.
Merkwaardigste Oomblikke:
Sherice:
“Dat ons uiteindelik ONS DAG kon gehad het en ek sy van kon steel en nie meer net sy hart nie”
Ivan:
“Dat Sherice “JA” gesê het”, dié man het maar gesweet, maar die partytjie is wat ons wou gehad het en dit was perfekte mooi dag met lekker kos.
Paartjie se styl:
Ek het vir 12 jaar elke keer as ek iets gesien het in ’n lêer op my foon gesit, hoeveel jare se “Pinterest” prentjies, maar hoe jy voel op daai oomblik is tog wat jy kies.
Ivan was in beheer van die ringe, ek het hom idees gegee waarvan ek hou, maar dit verder vir hom gelos om te doen soos hy wil, want dit gaan tog oor die ring wat hy vir my wil gee.
Ek het nog nooit ʼn spesifieke trourok in gedagte gehad nie, want dit het so baie verander oor die 12 jaar en toe is die “lockdown lyfie” nie regtig reg vir perfekte bruid in so kort tydperk nie, so ek het heelwat trourokke aan gepas.
Wittebrood:
Ons het nie op wittebrood gegaan nie, ons was nie seker of ons gaan mag weg gaan met die grendeltydperk nie en toe toets Sherice in elk geval positief ʼn week ná die troue. So ons eerste Kersfees en Nuwejaar as getroude paartjie was in isolasie, maar gelukkig het ons ʼn tuis wittebrood gehad net ons twee. Ons hoop om vir ons eerste huweliksherdenking op wittebrood te kan gaan.
Venue & Dekor:
Ons het verlief geraak op Lené en haar plek – Imperfect Perfection en toe alles om dit verder beplan. Ons het toe vir die rustiek met neutrale kleure gegaan, want ek wou nie spesifieke kleur kies nie. Lené en haar span is baie oulik, hulle weet wat werk en wat werk nie, maar hoofsaaklik maak hulle jou prentjie, ʼn realiteit.
Die Besluitnemingsproses:
Natuurlik het ek meeste besluite gemaak. Ek het vir Ivan opinie gevra, maar daar was hy ʼn tipiese man: “Net wat jy wil hê” só dis wat ons gekry het … wat ek wil hê. Maar na 12 jaar weet jy tog wat hy ook sal wil hê. Ek dink om my trourok te gekies het was die moeilikste, ek het alleen gegaan na plekke, met my bruidsmeisies, met my Ma en Ouma en toe finale besluit met net my Ma.
Gunsteling Diensverskaffers:
Was beslis Lené van Imperfect Perfection, nie net oor hulle oulike venue nie, maar as ek hulp nodig gehad het met iets. Dan het sy my iemand se nommer gegee om te help as sy dit nie self kon doen nie. Sy het ons so gemaklik laat voel van die heel eerste dag af. Sy bel my tot nou toe nog, so dis soos aangetroude familie – letterlik vandat ons getroud is.
Kos was só lekker, plek was mooi, hulle span het só mooi na ons gekyk en die partytjie area was perfek vir ons.
Eerste Dans:
Ons eerste dans liedjie was “Love story” wat in 2008 deur Taylor Swift uit gebring is, ook die jaar wat ons begin uit gaan het. Ons hutsteken was ook #haasbroekliefdesverhaal. Dalk moes ons maar vir lesse gegaan het, daar was net nie tyd vir so iets nie. Ons hele liefdesverhaal is in elk geval nie perfek nie, so hoekom moet ons eerste dans wees. Geen storie is perfek nie, maar dis beslis wat jy daarvan maak.
Vermaak:
Die vloeistof by ons troue het vir ons vermaak voorsien, want almal kon hulself geniet. Ons platejoggie was daar om ons op ons voete te hou. Gaste kon hulle liedjie versoeke in gestuur het saam die R.S.V.P. en ek het die lys vir hom gegee.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Al effek wat dit op ons gehad het, is om ons troue so gou as moontlik te gedoen het terwyl ons mense nog gesond is en saam ons kon vier. Ek wou glad nie die troue moes aanskuif na so baie beplanning nie. Sterkte aan die bruidjies wat hierdeur moet gaan.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Kreativ Photography Design
- Venue + Paartjie se verblyf: Imperfect Perfection
- Blomme + Dekor: Imperfect Perfection
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Gaste Geskenke: Bruidspaar
- Hare + Grimering: Hair & Make-up by Liesl
- Huwelik kontrak: EW Serfontein & Associates
- Huweliksbevestiger: Ds. Gerrit & Braam
- Juweliersware: Lovisa
- Platejoggie: Nico Myburgh
- Strooijonkers bykomstighede: Baybee T
- Skoene: Cotton On
- Skryfbehoeftes: Meisiekind design studio
- Strooimeisie-rokke: Wedding Wish
- Trouring: Michael Wall
- Troukoek: Cake Haven Pretoria North
- Trourok: Bridal Manor
- Vervoer: Imperfect Perfection se Isabella
- Videograaf: Meisiekind Fotografie