Ons hier by Mooi Troues deel graag met al ons lesers, Dihan en Nicola se klassieke elegante troudag. Hierdie paartjie het ʼn pragtige simplistiese styl wat saamgevat is deur ʼn kleurskema van wit en swart.
Dihan en Nicola het hulle tema regdeur getrek van begin tot einde. Hul trou uitrustings op die dag was stylvol en klassiek en het steeds pragtig uitgestaan onder die gaste, strooimeisies en strooijonkers wat almal geklee was in wit en swart. Ook die trou venue het ingeskakel met sy wit en swart blokkiesvloere en kandelare wat uit die dak hang.
Die trou dekor was eenvoudig gehou en opgehelder met skakerings van rooi en donker pienk blomme wat uitgestaan het by die wit en swart dekor. Met ʼn getroue groep van trou diensverskaffers was dit maklik vir hierdie paartjie om hul klassieke elegante troudag ʼn werklikheid te maak en saam met hulle geliefdes te geniet.
Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie. Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.
Staan jy moontlik op trou en is opsoek na betroubare diensverskaffers in jou omgewing? Klik hier, en gaan besoek ons Mooi Troues trougids om jou te help om jou groot dag te beplan. Rol nou af en geniet Dihan en Nicola se klassieke elegante troudag.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons was beide eerstejaars op Stellenbosch Universiteit in 2013 en ons was in Monica Dames Koshuis en Wilgehof koshuis onderskeidelik wat reg langs mekaar geleë was.
Een aand by ʼn Wilgehof pubskakel het ons mekaar ontmoet en daarna het die liefde geblom. Dit is vir ons so spesiaal dat ons mekaar op 18 gevind het, ons het soveel lewensfases saam beleef.
Die verlowing:
Die week voor die verlowing was Dihan in Uganda vir werk en sou die Vrydag aand terug wees in Kaapstad. Ek en een van my vriendinne, (Elmaine) sou die Saterdag 27 Julie 2019 ʼn “girls” spa dag gehad het, en die mans sou rugby kyk en braai.
Dihan het die Woensdag gebel en genoem dat die reën in Uganda en hy eers Saterdag aand sal terug vlieg. Maar hy het eintlik wel die Vrydag aand geland, by Elmaine en haar man Dʼniel gaan bly en het hulle die hele verlowing reeds uit beplan gehad. Elmaine het my die oggend kom oplaai en ons het by Nitida ʼn lekker champagne ontbyt gehad. Daarna het ons na my tannie se plaas gegaan op Kleinroosboom om vir ons nog “bubbles” te kry vir die dag. Daar gestop en my tannie het my gevat om vir my die nuwe restaurant te wys. En daar staan Dihan en vra my om sy vrou te wees. Toe ons oorstap na die kelder om ʼn glasie champagne te drink, het al ons naaste vriende en familie daar vir ons gewag om saam ons fees te vier.
27 Julie 2019 was die ongelooflikste dag ooit.
Die Verlowing Tydperk:
Ek wou van die begin af nie in die winter trou nie en het ons oorspronklik besluit om 3 Oktober 2020 te trou. Ongelukkig met KOVID-19 moes ons toe uitstel en is ons 24 April 2021 getroud.
Ons verlowing was dus 1 jaar en 9 maande.
Ons het nie ʼn trou beplanner gebruik nie aangesien ek deel van elke stap wou wees en dit ongelooflik baie geniet het om alles self te doen. Ek het wel ʼn op die dag koördineerder gehad wat my vir die laaste 2/3 maande voor die troue sowel a die dag van die troue bygestaan het. Sy was ongelooflik.
Spesiale Tradisies:
Ons wou graag ons eie tradisie wat ons begin het voortleef.
Ons het op die dag van ons verlowing ʼn bottel champagne met ʼn swaard sabrage en op elke geleentheid wat gevier word doen ons dieselfde.
Op ons trou dag toe ons uit die kapel stap het ons die vieringe afgeskop deur ons albei wat ʼn bottel champagne sabrage. Dit het gedien as ons koek sny, aangesien ons die tradisie wou vol leef en graag iets anders as die gewone wou doen.
Finansiële Aspekte:
My plan van die begin af was om binne begroting te bly en om geld te spaar op elke plek waar ek kan. My advies aan enige ander paartjies sal wees dat mens regtig so baie self kan doen, mens moet net tyd en moeite insit. Daar is soveel goed waarop mens onnodig geld kan uitgee wat mens regtig self kan doen.
Ek het byvoorbeeld al ons trou skryfbehoeftes self ontwerp en laat druk, self uitgeknip. Dit het ons rondom R5 000 gespaar net op daardie aspek.
Ek het ook baie navorsing gedoen en baie rond gesoek voor ek op iets besluit het om seker te maak dat mens die beste prys moontlik kry. Ons het wel binne ons begroting van R250 000 gebly.
Merkwaardigste Oomblikke:
Dit is so moeilik om een oomblik te kies, aangesien elke liewe gedeelte van die dag sy eie spesiale oomblik gehad het.
Natuurlik om in die trougang afgestap te kom en dis net julle twee soos die res van die wêreld verdwyn, en die feesviering van ons liefde saam al ons vriende en familie.
Vir my was een van die spesiaalste oomblikke toe ons na die aand in ons wittebroodsuite aankom, en kon sit en oor die dag en die aanloop tot die dag gesels terwyl ons ʼn lekker groot borrelbad gevat het.
Paartjie se styl:
Ons het gegaan vir die klassieke stylvolle tema. Minder is meer. Ons het daardie deurgetrek in ons pak en trourok wat klassiek en eenvoudig was.
En ook in ons trouringe, Dihan het die klassieke geel goud ring en Nicola die een steen diamant met ʼn “eternity” troupant daarby.
Venue & Dekor:
Brenaissance was die venue waarvan ek nog altyd gedroom het! Elke liewe details van die venue was perfek en het so mooi in ons elegante en klassieke tema gepas. Wat wonderlik is van die venue is die feit dat die venue alles insluit, verblyf, tafels, pre-drink dekor. Ons het nie nodig gehad om enige meubels in te huur nie. Alles was topklas. Jianni, hulle venue bestuurder, maak die proses en reëlings so moeiteloos, en het die reëlings ʼn plesier gemaak!
Die inspirasie vir die dekor was alles warm kleure en om sover as moontlik alles wit en swart te hou.
Gunsteling Diensverskaffers:
Onmoontlik om te kies, ons het ons diensverskaffer groepie klein gehou en elke liewe een is met die hand gekies. Elkeen van hulle was ongelooflik en het uit hulle pad gegaan om dit die beste dag te maak. Ek kies elke liewe een van hulle oor en oor en oor!
- Troupand: Viljoen Juweliers
- Platejoggie: DJ Jinx -Jean Smit
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Celeste Prince – Aglow Photography
- Venue: Brenaissance Wine & Stud Estate
- Blomme: A.Bloom Floral Design
- Bruidegom-pak: Carducci Canal Walk
- Dekor + Huurdienste: Flamboijant
- Grimering Bruid: Elmaine Miskey MUA
- Grimering Strooimeisies: Kirsten Pouwels
- Hare Bruid: Lileen Boonzaaier- Lila Vie Hair
- Hare Strooimeisies: Elmaine Miskey MUA
- Huwelik kontrak: Tiaan de Jager – Vaughan Ulyate & Associates
- Huweliksbevestiger: Santie Human
- Juweliersware: Nina Bosch Porcelain Jewellery
- Koördineerder: Niki de Vries – Flamboijant
- Paartjie se verblyf: Devon Castle Stellenbosch
- Bruid + Bruidegom Skoene: Aldo
- Skryfbehoeftes: AK Weddings & Design
- Strooimeisie-rokke: Superbalist
- Trourok: Cindy Bam Couture
- Verloofring: Daneel Diamond Manufacturers
- Videograaf: Secondluke Films
- Wittebrood plek: Botlierskop Game Reserve