Phillip & Franzelle se pragtige troudag in Robertson

Phillip en Franzelle het hul pragtige troudag in Robertson gevier, dieselfde dorp waar hul albei groot geword het en ook verloof geraak het.  KOVID-19 het veroorsaak dat hierdie paartjie drie keer hul selfdoen troudag moes uitstel.  Hulle beplande vier maande verlowings tydperk het toe verander na ʼn jaar en vier maande voordat hulle kon trou.

Hierdie paartjie was werklik kreatief gewees met die dekor van hulle troue.  Hulle het hul fokus verskuif om ʼn atmosfeer te skep met baie kerse op die gaste se tafels, eerder as blomme rangskikkings.  ʼn Blom element is ook ingebring deur lap servette en tafeldoeke met blom patrone om die dekor op te helder.  Die troukoek het ook pragtig ingeskakel by die dekor met sy soortgelyke blom patrone en unieke kleurskema.

Phillip en Franzelle het getrou by die pragtige DuVon Wine and Wedding Estate.  DuVon is ‘n pragtige familie, vrugte- en wynplaas, naby Robertson in die De Goree-distrik wat deel vorm van die Vallei van Wyn en Rose.  Die trou venue was een van min diensverskaffers wat saam met die paartjie ʼn pad gestap het deur al drie hul troudatums.  Ook is die trouvenue in die perfekte ligging om so mooi by die paartjie se liefdesverhaal in te skakel.

Rol gerus af om meer te sien van Phillip en Franzelle se pragtige troudag in Robertson.

 Paartjie se Liefdesreis:


Hulle sê dat ‘wanneer ʼn mens weet dan weet jy’. Alhoewel dit vir ons waar was, was ons liefdesreis nie liefde met die eerste oogopslag nie.  Dié besef dat ons vir mekaar bedoel was, het eers jare na ons eerste ontmoeting plaasgevind. Ons het albei in Robertson, ʼn klein dorpie grootgeword; almal ken vir almal. Dit was op die 18de Augustus, 2019 wat ons albei so oë vir mekaar oopgegaan.  Ons het onmiddellik geweet dinge was anders.

Presies vier maande later, op die 18de Desember het Phillip die groot vraag gevra. Dit was op ʼn plaas so entjie buite Robertson met die mooiste uitsigte. Voor ʼn handjievol van my naaste vriende en familie het hy op een knieg afgegaan.

Die Verlowing Tydperk:


Ons moes weens Kovid-19 drie keer ons trou-datum verander. Die eerste datum was 18 April 2020.  Die aanvanklike vier-maande verlowings tydperk het verander na ʼn jaar en vier maande.  Ons is toe op 10 April 2021 getroud. Ons het die troue self beplan en om ʼn troue uit te stel is nie speletjies nie!

Finansiële Aspekte:


Die omstandighede waarin ons getrou het was buitengewone omstandighede. Ons het heelwat deposito’s verloor weens die feit dat ons diensverskaffers nie almal op die nuwe datums beskikbaar was nie.  Ons moes toe die nuwe diensverskaffers ook betaal.  Hierdie omstandighede het dit moeilik gemaak om by ons begroting te hou, ons het maar oor ons begroting gegaan.

Merkwaardigste Oomblikke:


Franzelle:

Toe die Pastoor ons as Man en Vrou verklaar. Priceless!

Phillip:

Toe Franzelle in die trougang afstap, by verre!

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Vir ons was dit ʼn perfekte dag. Indien daar iets verkeerd geloop het, weet ons nie daarvan nie.

Venue & Dekor:


Ons wou dinge bietjie ‘anders’ doen. Daar was geen blomme op die tafels nie, maar eerder kerse.  Die ‘fairy-light-ceiling’, donker ‘velvet’ tafeldoeke en honderde kerse op die tafels, het ʼn romantiese en dramatiese atmosfeer geskep.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Phillip:

Moenie stres nie, wat moet gebeur sal gebeur.

Franzelle:

Geniet net elke oomblik, dit is baie vinnig verby!  Bruide, probeer ʼn goeie nagrus kry die week voor die troue.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is baie moeilik om enkele diensverskaffers uit te sonder, aangesien dit wonderlik was om met elkeen te werk.  Twee van die enkele diensverskaffers wat deur al drie ons troudatums dieselfde gebly het, was die venue en trourok ontwerper. Armand en Laura van DuVon het werklik uit hulle pad uit gegaan om dit vir ons ʼn spesiale dag te maak.  Die venue was puik!

Ek het geweet dat Elizabeth Stockenstrom my rok moes maak.  Ons reis het aanvanklik as vreemdelinge begin en hulle is op die ou einde genooi na die troue.  Ten spyte van die feit dat ek omtrent ʼn maand voor ons finale troudatum eers geweet het wat ek wil hê, was sy altyd geduldig en opgewonde.  Dit was net ʼn vreugde om met haar te ‘journey’.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad wat die musiek tydens die verwelkomingsdrankies, asook tydens die onthaal gedoen het. Hul het hul baie goed van hul taak gekwyt!

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: