Nostalgiese Trou Inspirasie

Ons deel ʼn gestileerde fotosessie met ons Mooi Troues lesers om idees te vind in hierdie nostalgiese trou inspirasie.  Dié inskrywing se trou inspirasie is klassiek en nostalgies, dit bring ʼn antieke gevoel na ons moderne wêreld.

Daar is gebruik gemaak van slegs neutrale kleure om die gekose tema uit te beeld.  Minder is meer, en dit is nie altyd nodig om ʼn gekose kleur die hoof fokuspunt te maak met jou troudekor nie.  Die tafel dekor bestaan uit sagte skakerings van bruin met brons eetgerei wat dit mooi komplimenteer.  Rustieke en neutrale blom elemente in ʼn variasie van klein potjies is gebruik om die tafel vol te maak.

Baie aandag aan detail is gegee aan die paartjie se uitrustings om ook by te dra tot die nostalgiese trou inspirasie.  Die pragtige vol kant trourok is simplisties en gee ʼn antieke gevoel aan die bruid se voorkoms.  Die pak is so stylvol met sy blokkies patroon en bypassende onderbaadjie.  Dit is gepas gestileer met ʼn bril, hoed, bruin skoen en leer strikdas.

Die prag mooi trouvenue het ook ʼn groot bydrae gelewer tot die algehele gevoel van die gestileerde fotosessie.  Die gebou se neutrale kleurskema, baksteen mure en pragtige trap-ingang het ʼn perfekte speelveld gebied vir die tema om daarby in te skakel.  Groot vensters met swart rame het die nostalgiese gevoel gebind met dié van ons moderne wêreld van vandag.

Indien jy ʼn leser is wat besig is om jou troudag te beplan en opsoek is na betroubare diensverskaffers in jou omgewing, gaan besoek ons Mooi Troues trougids. Rol nou af en vind trou idees in die nostalgiese trou inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Carrot & Ginger Photography

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons wou nostalgie in ʼn moderne wêreld in bring sonder om te outyds te lyk.  Klassiek en skoon.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het werklik elke keer net wonderlike mense wat saam ons werk.  Die mense wie ons gekies het vir die fotosessie was gekies oor hul ongelooflike kreatiwiteit en persoonlikhede.  Hulle het almal “over and above” gegaan met wat ons voor gevra het.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons haarkapper kon nie kom nie weens KOVID-19 so ons het in gespring en ons beste gedoen om dit te laat lyk soos iets … haha

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Net hoe almal se kreatiwiteit by mekaar gekom het.  Dat dit presies was wat ons wou gehad het.

Dekor:


Die dekor was alles gedoen deur Someday Weddings.  Ons wou geen skerp kante gehad het nie.  Al die elemente was afgerond en matte.

Kleurskema:


Die dekor was alles neutrale kleure.  Ons wou niks gehad het wat moes as kleur uitstaan nie.  Minder is meer.

Venue en Ligging:


Ever Be Wedding Venue bied soveel unieke plekkies aan om te neem.  Van die ongelooflik rivier langs die venue tot die trappe voor die onthaal area tot die afgebroke konstruksie agter die venue.

Trourok en bruidegom pak:


Maxine van Guarnieri Atelier is net ongelooflik talentvol.  Sy het die rok ‘custom’ gemaak in net twee weke.  Haar werk is net so sag soos haar hart.

Yihan Bronn is ons Pakontwerper.  Sy aandag aan die besonderhede is so oog opvallend.  Van die knopies op die baadjie tot die zip in die broek word deeglik deur gedink voor die pak gemaak word.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


ʼn Mens hoef nie altyd donker kleure te gebruik om ʼn inpak te maak nie.  Soms is naakskakerings en wit ʼn bietjie “breath of fresh air”.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]