ʼn Luukse wegbreek na Angala in Franschhoek

In dié inskrywing deel ons ʼn luukse wegbreek na Angala Boetiek Hotel in Franschhoek.  Deur kwaliteit tyd saam met jou ander helfte te spandeer, is die mees belangrikste element vir ʼn gelukkige en gesonde verhouding.  Partymaal moet mens net die wêreld se gejaag afsny, sodat mens die weg terug na die kern van die diep liefde wat ʼn paartjie deel te vind.

Lees meer  oor Angala hieronder deur rustig af te rol.

Ontspanne Atmosfeer


Angala bied ʼn ontspanne atmosfeer met openhartigheid en dankbaarheid wat paartjies kwaliteit tyd bied en privaatheid moontlik maak.  Die eiendom is heeltemal eksklusief vir die gaste wat by Angala bly.  Julle hoef nie gedruk te voel om ʼn plek by een van hul vele swembaddens te kry nie, dit is altyd beskikbaar vir jul gebruik.

Fauna & Flora


Een van die elemente wat uitstaan by Angala is hulle prentjie mooi faune en flora op die eiendom.

Angala wil graag hê hul gaste moet die beste maak van hul verblyf en die eiendom geniet insluitende die pragtige tuine.  Meeste gaste verlaat nie eers die eiendom as hulle daar bly nie.  Ons sou ook nie wou nie!

Jy hoef ook nie saam met skare mense teen die Simonsberg berge op te loop nie, jy kry ʼn voorsprong met direkte toegang tot die Simonsberg berg reg vanuit die eiendom.   Dit voed die siel en konneksie tussen paartjies.

Kaalvoet vyfster:


 Die etos by Angala is ʼn “kaalvoet vyfster” ervaring wat seker maak dat daar ʼn gemaklike en ontspanne atmosfeer is.

Aandete by Angala is ook ʼn eksklusiewe ervaring vir al hul gaste.  Jy hoef nie bedruk te voel tussen groepe mense nie, alles by Angala is ʼn ervaring van luuksheid.  Alle maaltye kan ook in die gemaklikheid van jou eie hotelkamer bedien word.

Angala is gebou uit liefde en om te verstaan.  Dit is die rede hoekom Angala die perfekte plek is om romantiese etes en ononderbroke tyd saam te spandeer voor die volgende fase van jul lewens as paartjie saam.

Aktiwiteite by Angala


Daar is heelwat fasiliteite en aktiwiteite om van te kies insluitende masserings in die gemak van jou hotelkamer, sauna en ʼn stoomkamer, bergfiets ritte, wyn toere of ontspan langs die eko-vriendelike swembad.

Kontak Angala:


Klik hier om Angala te kontak deur hul Mooi Troues profiel.  Anders kan jy hul ʼn e-pos stuur of kontak hul telefonies by +27 (0)21 874 1366.

Artikel Krediet: