Charl & Heleen se buitelug verlowings fotosessie

Charl en Heleen het ล‰ buitelug verlowings fotosessie gehad in ล‰ myn in Benoni.  Dit was die perfekte ligging wat ล‰ mooi kontras geskep het tussen hul donker uitrustings se kleurskema en die natuur.

Heleen het verlowings fotoโ€™s gesoek wat die teenoorgestelde effek skep as troufotoโ€™s.  Hulle het die verlowings fotosessie geleentheid gebruik om kreatief te raak en iets uniek te skep.  Heleen het donker grimering gedra in rooi skakerings wat mooi by haar smaraggroen rok gepas het.  Charl en Heleen se uitrustings het uitgestaan teen die neutrale kleure van die myn.

Die motor, die vonkelwyn en Heleen se lang rok het vir hulle meer speelveld gebied tydens die fotosessie.  Die myn in Benoni het ล‰ baie simplistiese agtergrond gebied, maar die paartjie het werklik kreatief te werk gegaan met die spasie.

Rol gerus af en geniet meer van Charl en Heleen se buitelug verlowings fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar aanlyn ontmoet, voel of ek die โ€œkรชrel boerpotโ€ gewen het.  Dadelik het ons geweet hier is iets spesiaal.  Ons was ล‰ jaar saam voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het gepraat, gedroom, beplan en gehoop!  Ons het verloof geraak tydens KOVID-19 se vlak-5 grendeltydperk.  Charl is ล‰ dokter en ek was op daardie stadium bekommerd oor hom en onseker oor die toekoms.  Skielik is als nie meer so maklik om vooruit te beplan nie.  Charl het net daar, voor die kaggel by sy huis in Melville op sy knieรซ gegaan en my gevra om te trou.  Hy het gesรช โ€œAl is alles daarbuite onseker, is hy seker van onsโ€

Hoekom ons mekaar liefhet:


Charl het die mooiste omgee hart.  Hy het lief met soveel oorgawe en wys dit elke dag.

Heleen maak my heel, sy sien net die mooi in my en ander.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons was amper ล‰ jaar verloof.

Die verloofring:


Die ring was ล‰ verassing.  Charl het dit self ontwerp en laat maak.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek het van die begin af geweet dat wanneer ons trou ek In Abundance Photography wil gebruik, hulle is net ongelooflik!  Hulle pakket sluit ล‰ verlowing fotosessie in.  Ek was so bly en opgewonde!

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek hou van verlowingsfotoโ€™s wat nie soos troufotoโ€™s lyk nie.  Daarom die donker rok en โ€œsexierโ€ grimering.  Ek dink dis waneer jy meer kan eksperimenteer met hare, grimering en idees.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Met KOVID-19 is dit moeilik om vooruit te beplan en dinge kan enige tyd verander. Ons wou graag al die familie daar hรช maar wou ook nie kanse vat met mense se gesondheid en risiko vir KOVID-19 nie.  Ons was heelpad versigtig en optimisties.

Visie vir droomtroue:


Ons troue moet feesviering wees saam met ons hartsmense.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ล‰ diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: